Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Waar’s ons veilige, liefdevolle lewe?

Antoinette Schoeman, Welkom, skryf:

God waarborg ons nie ’n lewe sonder moeilikheid, dood en rampe nie, maar hy belowe ons wel dat Hy ons sal bewaar deur die storms van ons lewe.

Die nuus oor die afgryslike moord op die jong plaasvoorman van die Oos-Vrystaat, Brendin Horner, is skokkend.

Wanneer gaan pres. Cyril Ramaphosa en die regering nou daadwerklike stappe doen om ons boere en plaaswerkers te beskerm met dieselfde ywer as wat daar op geweld teen vroue en kinders en Covid-19 gefokus word?

Die jong Brendin is weggeskeur van sy familie en vriende, en dit op ’n uiterse barbaarse en wrede wyse.

Ramaphosa en die polisieminister, Bheki Cele, behoort eintlik by die Senekalhof te gewees het toe die twee vermeende moordenaars verskyn het. Ek eer elke boer, elke burger wat van baie ver gekom het om die familie en selfs van die boere te ondersteun.

Hoe kan mens ’n jong man vermoor wat geen slegte dade aan ander gedoen het nie? ’n Jong man wat soveel drome gehad het en wat alles ingesit het om van sy boerdery ’n sukses te maak?

Wie is verantwoordelik vir al die plaasmoorde? Hoe vermoor jy iemand, steel niks, en stap weg of niks gebeur het nie?

Wat is die probleem? Hoekom word plaasmoorde steeds nie as eerste prioriteit beskou nie? Meneer die president, jy en jou polisiehoof is die mense wat vir ons ’n veilige, liefdevolle en gemaklike lewe moet bied. Ons kan nie langer in vrees leef en wonder wat gaan oor die volgende minuut gebeur nie.

Asseblief, ons maak staat op jul hulp.

Spits groot asseblief al jul aandag toe op plaasmoorde.

Meer oor:  Antoinette Schoeman  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.