Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wanneer die kerkklok stil raak

Johan van Wyk se Van Alle Kante  “Soos herfsblare verkleur kerk se gebruike ook” (08.06) verwys.

Behalwe vir die “Paarl Shopping Mall” het die Paarl nou ‘n volwaardige “Godsdiens Mall” bygekry wat strek vanaf die Het Gesticht-saal tot bykans Noorder-Paarl. 

Dit het 5 jaar gelede begin toe die Strooidakkerk met ‘n “ Versoeningsnagmaaldiens” as hulpmiddel moes besluit tussen of ‘n afsonderlike of gesamentlike  “informele loslit”  of klassieke kerkdiens. Ná die nagmaal, waar  gesogte KWV-muskadel bedien was, is kerkgangers met ‘hande-opsteek gevra om te stem oor hierdie twee kerkgang-opsies. Baie het gedog dit was vir meer wyn en die uiteinde was dat die kerkgangers, nie die gemeente nie, besluit het op die gesamentlike opsie. 

Met hierdie informele loslit-formaat is die “barriers to entry” van ‘n kultuur-, taal- en eie gemeenskapsvoorkeure van die klassieke diens verbreek  en is godsdiens in die ope mark geplaas. Lekepredikers, tentmakers en teoloë kon nou vrylik meeding om veral hul finansiës te verbeter en verskillende vreemde denominasies het soos paddastoele langs ons Hoofweg begin opskiet.

Bemarkingsfoefies het tussen die denominasies begin blom. “Koffie met kerk”  is selfs op plakkate langs die “Godsdiens Mall” geadverteer – jy mag net nie hardop koffie slurp as daar gebid word nie. Uithanghemde het gehelp met “branding” en die preekstoel, as bes geskikte sprekersposisie, word as die “voorsê-platform” van ‘n “mensgemaakte godsdiens”, geïgnoreer. Beter as Luther en ander kerkvaders van die verlede, word populistiese uitsprake gemaak om met hierdie “medemenslike liefdebedienings” meer kerkgangers te lok en die finansies gesond te kan hou.  Televisiesprekers met temerige stemme, gejelde hare en smekende oë word ook ingespan.

Dit, terwyl die verdryfde “frozen (golden) oldies”,  klassieke kerkgangers van die verlede, dit verkies om liewer tuis met ‘n hunkerende hart na gewyde kommunikasie met hul Skepper, ná ‘n uur van inspirerende  musiek, dit met die Sondagoggende se radio-erediens te doen. Asof die Beskikker hiermee saamstem, is dit nie meer nodig om met die vriendelike gelui van kerkklokke soos in die verlede, kerkgangers te roep nie, en is dit nou so beskik dat die Toringkerkklok met goeie rede stil geword het.   

Meer oor:  Paarl  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.