Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ware Afrika-state kies mos Engels

Theodorus du Plessis, Bloemfontein, skryf:

Die Gautengse LUR vir onderwys se besluit om teen die onlangse Hoërskool Overvaal-uitspraak te appelleer, was geen verrassing nie. Sou die appèl aanvaar word (Kovsies se voortydige appèl is destyds na die appèlhof verwys), val dit op goeie teelaarde – die konstitusionele hof se onlangse uitspraak oor die “wetlikheid” van die Universiteit van die Vrystaat se verwydering van Afrikaans as hooftaal is insgelyks ook geen verrassing nie.

Ons konstitusionele hof se Kovsie-uitspraak pas in by die huidige tydsgees waar ’n beheptheid met feitelikhede van minder belang geraak het. Ook bevestig dit die pro-Engelse gevoel van sommige van onse regters (volgens my sou so 'n uitgebasuinde standpunt hulle moes diskwalifiseer, omdat belangeverstrengeling ter sprake kom). Ironies genoeg is die uitspraak nietemin gerusstellend. Dit bevestig finaal ons status as Afrikastaat, waar mag gesentreer word in die koloniale erfenistaal tot nadeel van die algemene bevolking en tot voordeel van die elite.

Kyk maar net weer na die onlangse skokverslag oor die vlak van geletterdheid op skool om die uitwerking van hierdie Afrika-oplossing op ons stukkie aarde te aanskou.

Ook weet ons nou finaal dat sekere taalminderhede beslis nie op steun van staatskant moet reken nie; sulke minderhede se eie dinamiek sal hulle nou deur die drif moet sleep indien hulle bo hierdie trietsige werklikheid van middelmatigheid wil uitstyg en internasionaal wil bly meeding met mense wat die voordeel van volgehoue moedertaalonderrig geniet. Dink maar aan die Israeli’s, Japanners, Duitsers, Franse en Britte.

Die uitspraak help taalminderhede dus om opnuut uitnemendheid in die eie taal via eie strukture en op eie houtjie te bly nastreef en om die beklemming van taaldwang tot eie voordeel om te swaai.

Daarmee voer ek nie aan dat taalminderhede nie terselfdertyd die stryd vir ? beter bedeling moet bly voer nie.

Die Franssprekende minderheid van Kanada het daarin geslaag om ? mate van outonomie (selfbeskikking) terug te wen wat hulle deur die federalisering van Kanada ontneem is.

Onthou tog, daar bestaan ’n veel groter taalwerklikheid daarbuite as die Afrika-werklikheid wat hier in alle kleurrykheid om ons uitspeel.

Meer oor:  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.