Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ware oorsake weggepraat

Oor die selfvertroostende, selfverontskuldigende brief van Willie Schutte van Lyttel­ton (“Ruim die gemors gesamentlik op”, 03.09):

Dit is pynlik om te ervaar hoe mense steeds onversoenbaar die ware oorsake van ons politieke en maatskaplike ellendes miskyk en probeer goed- of wegpraat.

Alle sosiale kwaad en misdaad wentel eenvoudig en toenemend om “25 jaar” en “1994”, ensovoorts. En dit alles neffens Anton van Niekerk se uitstekende rubriek “Bêre tog nou die ou SA vlag”, ten opsigte van onder meer die “bedreiging” wat AfriForum inhou.

Hoe lyk dit met ’n openhartige probleemtoeligtingsgesprek oor koffie iewers in Moreleta of Menlyn so spoedig as moontlik?

Ek sal graag so ’n gesprek fasiliteer.

Meer oor:  Anton Van Niekerk  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.