Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat as Hitler na generaals luister?

Ek het die artikels uit onderskeidelik die pen van Leopold Scholtz en Christo Viljoen (DB, 06.06) gelees en dit baie interessant en insig­gewend gevind.

6 Junie 1944 was voorwaar ’n lang en geskiedkundige dag. Albei skrywers verwys na Hitler se eiesinnige besluit om, teen die advies van sy generaals, Rusland tog binne te val op 22 Junie 1941 – Operasie Barbarossa.

Die gevolg – die Russiese weermag moes noodgedwonge ná verskeie terugslae diep vanuit moeder Rusland terugslaan en het kilometer vir kilometer ’n baie lang pad terug oopgeskiet tot letterlik in Hitler se laaste hoofkwartier in Berlyn, die Führer­bunker (2 Mei 1945).

Kort daarna verskyn Nassim Nicholas Taleb se berugte swart swaan in Berlyn, ’n eenvoudige betonmuur wat opgerig word. Die res is die geskiedenis van die Koue Oorlog. Die eiesinnige besluit van ’n enkele magsbehepte individu het die verloop van die wêreld se geskiedenis beduidend verander. Was die aanvang van Operasie Barbarossa op 22 Junie 1941 dalk van groter historiese belang as die aanvang van Operasie Overlord (D-dag) op 6 Junie 1941? Ek wonder soms.

Ek het al baie gewonder wat die uitkoms van die Tweede Wêreldoorlog sou gewees het en veral hoe die geskiedenis van groter Europa sou verloop het as Hitler wel na sy generaals geluister het en Rusland nie op 22 Junie 1941 aangeval het nie.

Sou die Geallieerde magte die kanaal oorgesteek het om die Duitse Wehrmacht, sonder die las van die Russiese front, te konfronteer?

Wat sou die waarskynlike uitkoms gewees het? Sou Hitler, sonder die las van ’n Russiese front, die Duitse Wehrmacht oor die kanaal gestuur het om die Nazi-leviete aan Winston Churchill voor te lees? Wat sou die waarskyn­like uitkoms gewees het? Die toekoms het sy manier om soms baie onvoorspelbaar sy eie rigting te kies. Dit maak die verlede, veral die swart swane, weer baie interessant.

Meer oor:  Hitler  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.