Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat gebeur, is dikwels buite ons eie vermoë

Menige mens had seker al die ervaring van in die veld te stap, die sonnetjie warm aan’t bak, geen windjie wat roer nie, net jy en die allenigheid en die sonbesies se roep.

En dan, so vanuit die niet, staan daar ineens ’n dwarrelwindjie op. Vlugvoetig dog vergeefs poog jy om dié ongewenste dansmaat te ontwyk, maar asof speels, trek hy déúr jou en jy spoeg droë blare en slaan boë stof uit jou klere, jou oë skoon aan’t traan.

So met die lees van Die Burger bewandel jy die aarde met sy bietjie lief, sy baie leed en word jy teen wil en dank ingetrek, word die dwarrelwindjie ’n storm. Jy moet skuilte soek vir jou binnemure se sterk staan, jou oë se nugter sien, jou spore se agterlaat, jou hart se geloof.

“Senekal op mespunt” (16.10) word die storm, ’n tsoenami. Ons moet daadwerklik ’n inkeer, ’n terugkeer, skep. In die verte dans die dwarrelwindjie voort tot waar hy oplos teen die niet. Wat gebeur, is dikwels buite ons eie vermoë. En daarin lê die hoop, onbeskaam.

• Laat hoor van jou: Stuur jou brief na dbmening@dieburger.com. Briewe moet vergesel wees van die skrywer se naam, adres en telefoonnommer. Briewe korter as 400 woorde sal voorkeur kry. Die Burger behou die reg voor om briewe te redigeer en te verkort.

Meer oor:  Lesersbrief  |  Gebeure  |  Vermoë
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.