Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat het jou so erg ontstig, prof. Jansen?

Hoekom het die vrou in die boekwinkel op Stellenbosch jou so ontstig, prof. Jansen?

Was sy ongeskik?

Was dit omdat sy jou herken het?

Of was dit omdat sy in Afrikaans geantwoord het toe jy Engels met haar praat?

My moedertaal is Afrikaans en ek verkies – en waardeer dit – om in winkels en restaurante in Afrikaans bedien te word.

Maar dit gebeur gereeld wanneer ek Afrikaans praat dat die winkelassistent of kelner my in Engels antwoord.

Ek kan gou agterkom of die persoon wel Afrikaans verstaan, en wanneer dit gebeur, hou ek doodeenvoudig aan om Afrikaans met hom of haar te praat.

Blyk dit egter die persoon kan nie Afrikaans praat of verstaan nie, slaan ek oor na Engels.

Ek maak nie ’n bohaai daaroor nie, want ek besef in ons land is daar miljoene mense wat nie Afrikaans magtig is nie.

Prof. Jansen, ek is diep teleurgesteld in jou gedrag. Ek het nog altyd ’n hoë dunk van jou gehad, maar jou optrede in dié geval pas nie by iemand van jou statuur nie.

Meer oor:  Prof. Jansen  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.