Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat het van etiek in die leeubedryf geword?

Oor Hein van der Walt se brief “Gun die leeubedryf sy regmatige plek” (19.06): Wat het van etiek in die leeubedryf geword?

Hierdie leeus word met die mens as vertroueling grootgemaak. Dikwels word welpies gebruik om kinders te lok wat teen vergoeding by die diere afgeneem word sonder dat die ouers besef die diere gaan in die geblikte-leeubedryf gebruik word.

Wanneer jagters die diere nader, is daar geen vrees by hulle teenwoordig nie. Iemand wat op hierdie manier jag, is ’n mens sonder gewete en gewoonlik nie ’n baie goeie jagter nie.

Hoekom gebruik Van der Walt nie sy invloed om die regering te oortuig dat die land se infrastruktuur en die instandhouding daarvan dringend aandag nodig het nie? Dit sal werksgeleentheid vir duisende mense verskaf.

Meer oor:  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.