Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat hier alledaags is, is ’n luukse in Lesotho

Die eerste aflewering van die nuwe Voetspore-reeks, Van Agulhas tot Alexandrië, was baie interessant, maar het ook ’n hartseer- toneel bevat.

Die armoede in die Lesotho-Hoogland lyk baie erg en die beelde van bittere armoede en verwaarloosde kindertjies wat verskrik rondskarrel en hulle vergaap aan die volgelaaide viertrekvoertuie, sal my lank bybly.

Ek en my vrou het deur die jare deur baie Afrikalande saam met vriende getoer.

As tennisspeler het ek altyd ’n goeie voorraad ou tennisballe saamgeneem en aan die kinders in die afgeleë gemeenskappe uitgedeel.

Die vreugde wat so ’n ou bal besorg het, kan nie in woorde beskryf word nie.

Ons het ook altyd pakkies mieliemeel, baie potlode, inkleurkryt, penne en oefenboekies so uitgedeel.

Wat ons kinders hier as vanselfsprekend aanvaar, was daar vir hulle ’n luukse!

Moontlik kan die span daaraan dink om iets soortgelyks te doen?

Meer oor:  Lesotho  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.