Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat is Mthethwa se plan met geskiedenis?

Die oproep dat geskiedenis ’n verpligte hoërskoolvak moet wees, het oor die afgelope klompie jare herhaaldelik opgeklink. Dié nuutste plan van Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur, is steeds onprakties en ondeurdag. Daar is verskeie vrae.

Kan die kurrikulum op volledigheid aanspraak maak? Wie se geskiedenis gaan beklemtoon word? Is daar genoeg tyd in die skooljaar vir hierdie inhoudgelaaide leerarea om verder uitgebrei te word? Wanneer gaan die opvoeders opgelei word? Waar gaan die nuwe geskiedenisonderwysers vandaan kom? Is daar geld vir hierdie plan?

Die oor- en onderbeklemtoning van sekere geskiedenis-aspekte is reeds uitgewys, ook die neiging om aspekte in ’n beter of swakker lig te stel as wat dit werklik is. Geskiedenis kan wedersydse erkenning en respek tussen gemeenskappe bevorder, óf die teendeel bereik.

Berus Mthethwa se plan op goed opgeleide onderwysers wat deur gehalte-onderrig denkende leerlinge met ’n gebalanseerde historiese perspektief die wêreld instuur?

Meer oor:  Nathi Mthethwa  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.