Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy?

Stuur ’n SMS na 45571 en laat jou stem geld.

Donald Trump

As die slagting van die Palestyne in die Gasa-strook in Suid-Afrika gebeur het, sou almal gal gebraak het. Met Israel word dit as regmatige verdediging bestempel, natuurlik met Donald Trump se ondersteuning. – Hendrik

Ons regering is baie besorg oor toestande in Israel. Miskien is dit baie beter om die gemors in ons eie land eers reg te maak. – Leser, Gauteng

Kan die DA asseblief vir ons uitklaar: Het die party al die mense se lidmaatskap opgeskort wat die laaste tyd in Beeld geSMS het dat hulle klaar is met die DA en nie weer vir hom gaan stem nie? – Peet

Geagte getroue DA-stemmers, hou by jul aanvanklike besluit om DA te stem. Gewoonlik is die eerste keuse in die kol. – Lina Prinsloo

Kritici van Mmusi Maimane – ek dink julle is skynheilig. Natuurlik was daar bevoordeling van ons wit mense. Word wakker en kom by. – Tom

Hoekom vereis die Grondwet soveel tydrowende prosesse om van verdagtes, soos Supra Mahumapelo en so meer, ontslae re raak? Wat het van die SAL se Dudu Myeni geword? – Andrea van Vuren

Ek lees in my gunstelingkoerant hoe mense die SAKP en sy leier kritiseer. Onthou net dat kapitalisme net die rykes bevoordeel het. Die SAKP is die gewete van die volk. Dit is ’n goeie waghond. Hulle het ons ingelig toe die president sy adjunk wou afdank. Hulle is die pragmatiste. – Robert Radikaal, Ladysmith

Dawie Jacobs pak gedurig die skuld op Afrikaanse bewegings en individue wat die land soseer skade doen. Hy sê wel niks van die totale korrupsie en anargie in die land wat die toeriste en beleggers weghou om werk te skep nie. – Leon, Elarduspark

Kom ons kyk wie praat en wie doen! Die ANC- vroueliga, -jeugliga en -veterane en die EFF praat net. AfriForum en Solidariteit doen. – Karel, Pretoria

Markus Jooste

Markus Jooste se lafhartige wegkruipery wys baie duidelik van watter stoffasie hy gemaak is. – Ella

Dis so hartseer dat ons mense nou met mekaar stry en aangaan oor iets so ernstigs soos die plaasmoorde waaroor ons elke dag in Beeldlees! Kan ons – wit en swart, regses en anti-wittes – vergeet van haat en slegsê en nie maar net saam in vrede onder ons Afrika-son lewe nie asseblief? – JVR

Enigeen weet dat trofeejag nie bewaring bevoordeel nie. Die enigste doel daarvan is om die jagter kortstondig magtig te laat voel. Pateties. – Elmari

Trofeejagters se doelwit was nog nooit bewaring nie. Dit is net ’n byvoordeel, net soos ’n sakeman se doelwit nie indiensneming of maatskaplike welsyn is nie, maar wins. – Alwyn, Pretoria

Alwyn (14.05), as dit in my vermoë was, sou géén dier doodgemaak word vir die vleiseters van die wêreld nie. Geen dubbele standaarde nie! – Ina, Pretoria

Daar is nog engele op aarde en twee van hulle is in Witrivier. Baie dankie aan die gawe jong man en sy vriend Johny (met die jumper cables) wat hierdie ou tannie in gietende reën te hulp gesnel het. – Judy de Bruin

Prinses Charlene

Mense, ’n bietjie positiewe SMS’e! Dankie, kyk-NET se Bravo, dat julle prinses Charlene se fotosessie met ons gedeel het! Asemrowende vrou en mamma! – Wilma, Middelburg

Gerhard Verdoorn, ek sê dankie vir daardie pragtige gebed vir ons planeet wat ek vandag (gister) kon lees. Was saam met jou in ons mooi natuur. – Piet Retiewer

Die Gerhard Verdoorn-rubriek is puik. Die mens dink omdat hy na die “beeld” van God geskape en in beheer van alles op die aarde is, kan hy alles vernietig. Ons nageslagte gaan eendag betaal vir dié nalatigheid en gierigheid. Die mensdom is ’n tydbom wat alle lewe op aarde gaan uitwis. – Ainslie

Petro Hansen, jy skryf tot reg binne-in mense se harte. – Aniki, Pretoria

Daar is ’n man genaamd Johann / ’n regsgeleerde wat kan / Maar dié moet jul weet / En nooit nie vergeet / Ook ’n Boerbaar so dan en wan. – Willem

Annelie Botes

Wat ’n vreugde om vir ’n wyle elke oggend van die harde nuus te vergeet om die literêre juwele raak te geniet, soos die rubrieke van mense soos Petro Hansen en Annelie Botes. Hulle steek elke dag ’n kers aan vir Suid-Afrika. Sela. – Georg Knoke, Auckland Park

Nee, James (15.04), dis nie waar nie. Die Blues lê vierde in Nieu-Seeland met 17 punte. Die Waratahs het 26, Rebels 25, Leeus 31, Jaguares, Bulle en Haaie 24. Kyk ’n bietjie na die logs, ou vriend. – Willa, Drie Riviere

Daar is vier skeidsregters betrokke by rugby: Die een op die veld, twee kantmanne (ook skeidsregters) en die een op kykweer (TMO). Watter een maak die Blou Bul- en Leeu-ondersteuners se hartjies tog so seer? – Johan, Orkney

Meer oor:  My Stem  |  Briewe  |  Sms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.