Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy?

Stuur ’n SMS na 45571 en laat jou stem geld.

Anita Visser

Kallie Kriel vs. Pieter du Toit en Anita Visser op RSG. Dit is etiket dat die gespreksleier neutraal in ’n bespreking bly en nie lustig die mes uithaal nie. Anita Visser se neutraliteit bestaan nie.
Objektief van Pretoria

Dit is ironies, indien nie bespotlik nie, dat professore AfriForum se plaasmoordstatistieke in die openbare media bevraagteken sonder om enige van hul eie nagevorste statistieke te openbaar. – Buck Jones, Randburg

Die EFF en AfriForum veroorsaak verdere polarisering en onverdraagsaamheid. – Otto

AfriForum, word asseblief ’n politieke party, baie sal vir julle stem. – Neels Buchner, Potchefstroom

Kallie Kriel en Ernst Roets boks bokant hul gewigsgroep en is duidelik uit hul diepte uit. Hulle het hul nekke te lank uitgesteek en trek nou meer aandag as gewoonlik. En daarmee ontbloot hulle hulself toe vir presies wat hulle is. – Estelle Spaarwater, Centurion

Dankie vir die bydrae tot menseregte deur AfriForum en Solidariteit. As dit nie daarvoor was nie sou derduisende al die land verlaat het.  – Dries du Toit, Boksburg

Die heftige reaksie van ons regering op die Palestynse slagting is in skrille kontras met Esidimeni en Marikana. Ek dog moord bly moord.  – Petrus, Montana

Baie dinge is ten goede aan die verander, want CR is nou in beheer van die ANC. En gaan van krag tot krag. – Gwen, Modimolle

Hier aan die suidpunt van Afrika het ons ’n president wat belowe dat hy geen korrupsie gaan duld nie. Ek is oortuig dat hy met tyd presies dit gaan doen. Ná jare en jare van ellende is dit werklik iets om oor te juig. Kom ons doen dit sodat hy dit kan hoor. – Elise H

Die Voortrekkermonument.

Daar moet gewaak word teen om te veel aandag aan die aanval by die Voortrekkermonument te gee. Dit skep n nuwe teiken vir leeglêers. Plaasaanvalle en renosterstropery word reeds deur mediadekking gestimuleer en kan hier dieselfde gevolg hê.
Johan, Orkney

’n Slaagsyfer van 30% is voorwaar skandalig, maar wat skrikwekkend is, is dat leerlinge wat onder 30% behaal, se punte deur die departement aangepas word na 30%, sodat hul wel kan slaag. Ek is by ’n skool, en weet waarvan ek praat. – Es, Johannesburg

Ek stem saam met Gerhard Verdoorn se mooi woorde. Ons moet “in ootmoed dink aan die ander wesens wat sedert die eerste dag die planeet met ons deel”. Ek wil net byvoeg dit sluit in die miljarde plaasdiere wat geteel word om net weer doodgemaak te word vir ons smagting na vleis. As ons dit nie ophou nie, sal die aarde nooit in vrede kan bestaan nie – Laurette

Dankie prof. Fransjohan vir jou stuk oor die Ou Fort in Metro-Beeld en die feit dat die Afrikaner-geskiedenis alweer uit die land se nuwe boeke geskrap word. - Andre

Pragtige Elza van den Heever. Haar ouma, juffrou De Lange, het in die beginjare van 1960 vir ons sang gegee in Laerskool Witrivier. Sy was passievol oor haar sang en kon pragtig sing. En sy het vir ons al die mooie FAK-liedjies geleer. - Stoere Aanhanger

Die hutsmerk

Kan die hutsmerk asseblief verbied word? Dit is irriterend. – Lou, Krugersdorp

Robert Radikaal, waar was kommunisme al ooit suksesvol? Onthou, rykdom kan nie herverdeel word nie, maar armoede kan wel. - Oom Jan, Vereeniging

Al die drama dat Henri van Breda nou sy familie in die noorde kan kom “groet”. As ek toegang tot sy mildelike geldelike bronne gehad het, het natuurlik al lankal landuit gevlug. - Bang Jan

Ons leef nou wel in ‘n kits- en weggooikultuur, maar die koninklike kartonkarakters in Windsor is darem eens te erg. - Elsabé Howard, Benoni

Brrrr - het iemand nie lekker opwindende en nuwe sopresepte nie? Dit is ‘n koue winter die. - Wena

Hoekom is ons Suid-Afrikaners dan so op loop oor Harry en Meghan se troue as 66% van Britte nie daarin belangstel nie? - Republikein

Kristen Stewart

Dankie vir die mooi foto op bls. 3 van die mooie Kristen Stewart, haar mooi rokkie, mooi bene en mooi lang, kaal voete. Mooi bly darem maar mooi. - Verlief

Ek is al twee weke siek tuis en het my Beeld herontdek. Wat ’n lekker leeservaring. – Martha

Het dit nie tyd geword dat SANZAR optree teen skeidsregters wat swak blaas in wedstryde nie? - Walter, Nelspruit

Is daar nie asseblief borge wat die kleiner rugbyunies kan help nie? Ek voel hul voortbestaan vir SA Rugby is baie belangrik. Dit is deel van ons kultuur, en moet beskerm word vir die toekoms. - Karel, Pretoria

Waarom word vrouetennis nie meer op Supersport gebeeldsend nie? Daar is tog tennisliefhebbers wat graag daarna sou wou kyk. - R van Niekerk, Sasolburg

Meer oor:  My Stem  |  Sms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.