Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy?

Stuur ’n SMS na 45571 en laat jou stem geld.

Donald Trump

Ek hou by my standpunt dat daar geen vooruitgang kan wees solank ons aan die verlede vasklou nie. Die woorde wat my die meeste getref het voordat die VSA en Noord-Korea die verdrag onderteken het, is juis dat daar te veel op die verlede gefokus is en kosbare tyd sodoende verlore gegaan het. Mag dit ook ons siening wees, want tyd is kosbaar.
– Ansa

Jammer, Donald, Kim het jou nie gesê waar hy al sy kernwapens wegsteek nie. – Hans

Welgedaan, Donald Trump, met Noord-Korea! Liberale, naïewe Trump-haters sal natuurlik alles in hul vermoë doen om fout te vind met die ooreenkoms, ongeag die geskiedkundige waarde daarvan. – Johan Strydom, Parys

Sterkte aan Kallie van Heerden en sy gesin. Hoop dat die bloedstollende boewe gevang word. Die polisie is net so goed as die regering van die dag. Swak. – Daniel

Snaaks, almal was tevrede om voort te ploeter toe JZ president was. Noudat CR president is, is daar oral protes. Vir wat? Daai einste CR moet JZ en sy volgelinge se gemors opruim. Hulle wil alles hê en vir niks betaal nie. – Lydia, Pretoria

Die president doen goeie werk. Asseblief, doen iets aan die mense wat alles so afbreek, verwoes en plunder. Hoekom dit toelaat?– Catherine

Ek dink dis tyd dat die ANC ’n lys opstel van alle instellings wat sedert 1994 tot bankrotskap gedryf is weens die onwerkbare bestuursbesluite en aanstellings. As die ANC nie weet waarna verwys word nie, is daar miljoene bronne om te raadpleeg om die duister werklikhede uit te wys. – Chris Pool

Ek kan ons mensdom darem nou nie verstaan nie. Die Vuurwapenwet sê duidelik dat jy 90 dae het om jou lisensie te hernu, maar nou het almal (of die meeste) ’n verskoning hoekom hulle dit nie gedoen het nie. Ai, mense, ek slaan my hande maar net saam in ongeloof.
– J.R., Vanderbijlpark

Bheki Cele

Wat is min. Bheki Cele se motivering dat die polisie die Vuurwapenwet moet administreer? Dit val nie binne die definisie van polisiëring nie en duidelik nie binne die polisie se vermoë nie. – Max Berg, Pretoria

Die DA steek sy kop
elke keer in ’n byenes. Die sirkus raak daagliks groter. Is daar enige beleid wat dr. Mpho Phalatse verbied om sekere vriende te kies? – DB

Volpunte aan Judith February (Standpunt)! Hou die naam van die Kaapstadse Internasionale Lughawe net so, want dit is presies wat dit is. Moenie krap waar dit nie jeuk nie, asseblief! – Piet

Dr. Danny Titus, jy het hierdie Boere-oom se stem vir Krotoa as naam vir die Kaapstadse lughawe. – Dirk Bouwer, Eldoraigne

Krotoa verdien erkenning. Sy is die moeder van duisende Suid-Afrikaners vandag. Politiek kan nie geskiedkundige gebeure verander of misken nie. – Dan Ain

Petrol (95 oktaan) kos R16,03 en diesel R16,18 per liter in die Pretoriuskop-ruskamp in die Krugerwildtuin. Is brandstofpryse nie ’n nekslag vir ’n sukkelende ekonomie nie? – André Groenewald, Victoriabaai

Eskom: Hoe regverdig julle ’n 15%-verhoging in die huidige ekonomiese klimaat as julle reeds 12 500 personeellede te veel het? Hallo!
– Ben, Centurion

Die Poskantoor kan maar toemaak. Geen posseëls, drukkersink, stelsels af, geen vorms vir lisensies, ensovoorts. Hoe gaan hulle Sassa-betalings behartig? – Johan, Letsitele

Busse, treine, vragmotors, huise en skole brand in gebiede waar mense dienste verwag, maar nie betaal nie. Duisende toi-toi terwyl hulle kan werk. – Boeta

Hugo van Niekerk, ek hoop ook Derek Hanekom raak betrokke by die Pilanesberg-park se paaie. Op die oomblik soek Noordwes Parke ’n goedkoop oplossing vir ’n duur probleem deur ondeurdagte tenders uit te reik. – Padmaker van Noordwes

Kom ons noem sewesrugby wat dit is: kinderagtig en laerskoolpret. – R. McCoy, Pretoria

Willem, net mense ouer as 60 sal onthou wie dok Danie Craven was. Die “wêreld” weet nie en gee nie om nie. Rugby is nie die alfa en omega nie. Bygesê, politici ook nie. Ek wag op die dag dat die ANC in oneer verval en ’n nuwe party se politici genoem moet word. Groot pret! – Jay, Dbn

Philip Snyman

Mooiste twee voorbladfoto’s van Philip Snyman en sy gesin! – Leni

Twee beste rubrieke in Beeld gister is kommentaar waardig, naamlik Isak Burger oor “waarheid oor Christus” en Stephan Joubert se Goeie Nuus oor “Gee . . . ” Sulke rubrieke noop my om Beeld te koop. Gaan so voort. – Tom Fraser, Kempton Park

Dankie, Beeld, vir die kaartjies vir Classics is Groot. Wat ’n belewenis!
– Koos & Elize Swanepoel

Ek besef 7de Laan is net ’n storie, maar Piet Matipa, die tronkstorielyn is ’n bietjie dik vir ’n daalder. – Twakkie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.