Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy?

Stuur ’n SMS na 45571 en laat jou stem geld.

Duduzane Zuma

Dit was belaglik om vir Duduzane Zuma in voetboeie te sit, dit was duidelik om hom te verneder. Hy het homself mos oorgegee. – Yolanda

Duduzane Zuma se saak sal net uitgestel word en uitgestel word tot in ewigheid. Daar sal nooit ’n verhoor plaasvind nie. – Gert, Villiera

Die SAKP se dreigemente om ’n nuwe populistiese front te stig klink meer na ’n front wat nuwe valse beloftes gaan maak. Hulle is die meesters van kluitjies bak. – Danie

Julius Malema mag miskien ’n nar wees, maar niks is so gevaarlik soos ’n nar met mag nie.  – Hanno, Pretoria

Politikusse moet regtig ophou om mekaar hof toe te sleep. Hulle twiet hier en hulle twiet daar, dis tyd dat hulle grootword en hul werk begin doen. Los die twiets en hou op om mekaar van agteraf te beledig. – Lydia, Pretoria

Hoe kan Jessie Duarte en die ANC op die ekonomie fokus terwyl die party se beleid ’n remskoen vir groei is? Los die goedkoop praatjies. Lok beleggers en skep werk. – Ainslie

Die bestuurders wat munisipale gelde onwettig by VBS Bank belê het, moet vervolg word vir die verliese. – Frikkie, Jeffreysbaai

Pragtig aan al die mans wat opstaan teen geweld teen vroue en kinders. Ek hoop ook hulle is teen “die ander vrou” wat hul eie geslag te na kom en hulle verneder. – Seergekry, Wes-Rand

Ek koop my koerant om op hoogte te wees met belangrike wêreldgebeurtenisse. As ek wil weet wie trou of skei of kry nog ’n kind dan koop ek die Huisgenoot. Trou is in elk geval ’n oudmodiese konsep. – Parysenaar

KykNET se program Met ’n huppel in die stap fokus net op welvarende kykers wat dit kan bekostig om klinieke wat estetiese prosedures doen te besoek.
– Mara, Sasolburg

Maggie van Boksburg is reg oor die netjiese voorkoms van die kykNET se aanbieders, veral die toevoeging van die ondersoekende joernalis Pauli van Wyk in kykNETVerslag. Sy laat my met nuwe belangstelling kyk. – Johan, Linden

Die poskantoor staak en is besig met Sassa se sake. Ons wat nou al meer as ses maande wag vir ons pakkies om afgelewer te word moet maar geduldig wees. Die leuse van die Poskantoor laat ’n mens net lag. We deliver whatever it takes. Al neem dit ses maande. – Anna L.

Ashwin Willemse

Ashwin Willemse, as ’n bruin mens voel ek jy moet onthou, dit is jou lot. Daar is baie van ons met ’n groter lot as jy. Jy is nog jonk en jy bly een van ons Springbokke. Ons het respek vir jou. – Lukas Theunis, Pretoria

Ashwin Willemse, ek dink dit was onbeleefd van jou om jou frustrasie op die televisie te wys. Ek dink julle kon die saak tussen die drie aanbieders persoonlik opgelos het. – Boeta Noordwes

As daar nou iemand is wat die afgelope ruk in my gedagtes was en vir wie ek respek ontwikkel het, is dit Ekkapol Tsjanthawong, die afrigter van die Thaise sokkerspannetjie. Ek is so bly als het vlot verloop met hul redding, veral ook vir sy onthalwe. – Nella Witbank

Die grotredding in Thailand het baie helde opgelewer, van wie die grootste vir my Ekkapol Tsjanthawong, die 25-jarige afrigter is. Dit kon beslis nie maklik gewees het om 12 tieners lewendig en positief te hou onder daardie moeilike omstandighede nie. – Hennie

Die Thaise reddingspan verdien ’n standbeeld! – Les Mans

Lewensles vir politici: Grotduikers kry nie salarisse nie en soek nie erkenning nie! Hulle red net die hulpeloses, maar sterf soms self. – Will Hope

In Mei vanjaar het my seun uit Engeland vir my ’n verjaardagskaartjie gepos. Tot nog toe het ek nog nie die kaartjie ontvang nie. Gelukkig het hy foto’s geneem en kon ek die pragtige kaartjie so geniet. Iemand het seker gedink dat daar ponde in die kaartjie was. – Suzette, Pretoria

Ek verstaan dit nie, in Suid-Afrika is die brandstofpryse hemelhoog, maar in ons buurlande soos Botswana is dit veel goedkoper, maar hulle voer dan brandstof in van Suid-Afrika. Hoe werk dit? – Jo, Alberton

Dankie aan die sportredaksie van Netwerk24 vir die omvattende dekking van die Sokkerwêreldbeker. Ek kom uit die era van die Springbok-sokkerspan en groot sokkerwedstryde wat elke Vrydagaand in Pretoria plaasgevind het.
– Willem, Zwartkop

Om sokker en rugby met mekaar te vergelyk is soos om tennis en krieket te vergelyk. Dan sal jy seker sê in krieket is daar variasie en in tennis word die bal net heen en weer geslaan. – Jerrie, Potchefstroom

Hoekom is soveel van die Cravenweek-rugbyspelers oorgewig? – Karel, Pretoria

Kan die Cravenweek-kommentators nie vir ons kykers meer inligting gee oor vir watter skole die kinders speel nie?
– Gawie Vermeulen, Hartenbos

Meer oor:  Sms. My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.