Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy?

Stuur ’n SMS na 45571 en laat jou stem geld.

Jacob Zuma

Dit is vir my verblydend om te sien dat die DA hard baklei om statistieke oor BBP- beskerming te kry, wat die staat vir ons probeer wegsteek het. Hoe regverdig jy 81 lyfwagte per president, maar die mense van Suid Afrika moet 1 polisieman deel vir elke 369 van ons. – Stanley Matthysen, Parow

Hoe regverdig jy 81 lyfwagte om ’n vermeende misdadiger op te pas? Kry die Nasionale Vervolgingsgesag reg en oudpres. Jacob Zuma se verhore afgehandel, dan het jy net ’n paar bewaarders nodig om hom op te pas. – Nantes.

Boere wat dit oorweeg om in Rusland te gaan boer sal drie kortbroeke oor mekaar daar moet dra teen die koue. – Frans, Pretoria

Ek stem saam met Wilhelm Jordaan. Die verlede is soos goeie of slegte grond waarin ’n boom geplant is. Dit groei goed of sleg. Jy kan dit ook aan sy vrugte sien – Nardus, Potchefstroom

Die bankrot ANC Emfuleni-munisipaliteit kan nie meer rioolpompe langs die riviere in Vereeniging instandhou nie. Riool loop nou af in Suikerbos-,Klip- en Vaalriviere. Die Vaalrivier is nou die hoof rioolsloot van die Vaaldriehoek. – Flip, Vereeniging

Ons ekonomie staan voor ’n groot afgrond. Dis tyd vir ’n Thatcher-oomblik. Alle heethoofde, opstokers, amokmakers en brekers moet vasgevat word om ons van ondergang te red. – Wilhelm

Duduzane Zuma, vriend en vennoot van die Guptas verdien nie om sag en met respek behandel te word nie. Mense soos hy hou net meer van ons armes terug, sonder om ’n grieseltjie om te gee.– Gert McCarthy, Secunda

Bravo aan die persoon wat vir Duduzane Zuma in voetboeie gesit het. – JB, Pretoria

Nomgcobo Jiba

Die Appèlhof-uitspraak ten gunste van adv. Nomgcobo Jiba and Lawrence Mrwebi – ongeag die erns van hulle aksies – is ‘n duidelike bewys van ’n nuwe kultuur van tweede kanse. – Otto

Kinder -en vrouemishandeling geniet voorkeur, en dis ook reg so. Maar daar is talle ou mense wat daagliks verniel en gemartel word en geen haan kraai daarna nie. Iemand moet hierdie probleem begin aanspreek. – Sandals

Ek stem, daar moes al lankal strenger optree word teen mans wat hulle vroue en kinders mishandel. Ek sal egter wil sien dat mense wat diere mishandel, swaarder gestraf word. Ons moet ook die skeppings van ons Vader eer. – Chris Barnard, Nelspruit

Die vliegongeluk in Pretoria

Wat maak negentien passasiers op ’n toetsvlug en wie het goedkeuring daarvoor gegee? Daar is baie vrae, veral oor die tegniese aspekte en inspeksies van die vliegtuig wat naby Wonderboom geval het. – Daniel

Die Poskantoor se staking veroosaak dat staatsdiens-pensioenarisse (GEPF) nie hul IRP5s in die pos ontvang het nie. Die GEPF wil ook nie die belangrike dokument per e-pos stuur nie. Wat nou gemaak met Jan Taks? – Wolf, Pretoria

Ek het belangrike pos ontvang van Duitsland - maar dit het vier maande geneem om tot hier in Pretoria te kom – Karin, Garsfontein

SAL moet dieselfde as Ethiopian Air bestuur word. – Tolla, Witpoortjie

Ashwin Willemse, ek het regtig groot respek vir jou. Jy het baie hard gewerk om ’n uitstekende Springbok-vleuel te word maar asseblief, los nou die saak met jou twee medeaanbieders. Ek en talle ander is so teleurgesteld deur jou aksies, terwyl jy op die lug was. Dis so maklik om die rassekaart te speel, politikusse doen dit gereeld. Ek het dit egter nie van jou verwag nie. Sterkte vorentoe, sterkte vorentoe sien uit om jou weer op tv te sien. – Leser

Die Ashwin Willemse-sepie oortref selfs nou vir 7de Laan. – Danie

Kevin Anderson

Baie geluk Kevin Anderson! Jy verdien dit. Ons hou verder vir jou duim vas. Maak Suid-Afrika trots. – Tenniskyker

Toe wys die volbloed Suid-Afrikaner die halwe Suid-Afrikaner waar Dawid die wortels gegrawe het. Kevin, jy en Roger laat ons vas sit op ons stoele. Trots op jou deursettingsvermoë. – Marina

Kevin Anderson, ons is sò trots op jou! Jy het gister verdien om te wen! Jou spel en gedrag op die baan is ’n voorbeeld vir baie. Ons hou styf duim vas. Hou Suid Afrika se naam hoog! – Magriet. Klerksdorp

Fantasties, Kevin Anderson. Jy is ’n afslaner duisend! Aanhouer wen! – Hans Retief, Pretoria

Toe Kroasië op 21 Junie 2018 Argentinië met 3-0 vermorsel het, was dit die voorloper van wat in die Sokkerwêreldbeker sou kom. Dit gaan Sondag ’n reuse eindstryd tussen die land en Frankryk wees. – Joe

Cravenweek het o.13, o.15 en 0.18-spanne en daar is n o.16-week. Wat gebeur met sokker? In die 20 jaar waar ek betrokke is by skolesport, het ek nog nooit eers van iets soortgelyks gehoor vir sokker nie. Is dit dalk die rede waarom Suid-Afrika nie vir Rusland 2018 gekwalifiseer het nie ? - Willem

Meer oor:  Sms. My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.