Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy?

Waar gaan alles eindig met toelatingsvereistes in Gautengse skole? By my skool het ons 1 970 aansoeke om gr. 8 gekry en het plek vir 300. Kan mnr. Lesufi asseblief sê waar die 1 670 leerlinge wat nié plek gaan kry nie, geplaas gaan word? Desperate ouers staan elke dag voor ons en ons het nie antwoorde vir hulle nie. – Es, Jhb

Jacques Pauw

Lesufi se nuwe plan ontstel: Die soustrein se belastinggeld kan nie gebruik word vir nuwe skole en onderwysers nie, so nou wil hulle bestaande stelsels wat werk, vernietig. Ons kinders se toekoms beteken minder as korrupsie en swak bestuur. – Stel

Die mense wat gaan baat vind by Panyaza Lesufi se mal plan is die minibustaxi-eienaars. – Francois, Sinoville

Ek en my vrou, albei vroeg in die 80, besoek die naaste tak van die Poskantoor vir ons nuwe Sassa-kaarte. Net nege minute later sê die jong man: “Dankie, oom, dankie tannie, lekker dag verder”.’ Vyfsterdiens. – Outoppie, Alberton

Mense, haal tog asseblief jul oogklappe af ten opsigte van die destydse Nasionale Party. Hulle was g’n engeltjies nie, dood of lewend! As Mark Minnie en Chris Steyn weet wie die minister is wat nog leef, bewyse het en hom nie aankla nie, is hulle medepligtig en net so skuldig soos Malan. Dit sluit Max du Preez in. – Willem, Brits

Daar is nog heelwat NP-sondes wat gaan uitkom, staan net vas. – PeterV

Kwagga Smith

Laat die kasdeure vol geraamtes van die ou NP oopgaan, hulle was nie heiliges nie. – Ma van destydse dienspligtige, Krugersdorp 

Gaan die boek oor Birdeiland iemand nou iets in die sak bring? Dit is SA – vra vir die NP, Zuma en sy kaders. Hoe meer leuens, korrupsie en diefstal, hoe nader is ek aan die volmaakte politici. Presies wat Jacques Pauw gesê het, jy kan geen politici vertrou nie. Almal dieselfde. – Tou van Tankwa

So pas Waar rats die ribbok gaan met Elsabe Steenberg se briewe gelees. As student in die 1980’s het ek die voorreg gehad om haar met haar rolstoel te kon help, tussen kar en klas. Wat ’n merkwaardige ystervrou! – Twakkies

Dit is tyd dat die regering ons statistieke wys van hoeveel plase hy met grondhervorming oorgedra het en op hoeveel suksesvol geboer word. Die ANC het die proses in die afgrond in bestuur en nou gaan gewone boere boet. – Logan van Vryburg

Gaan wat ook al Janusz Walus sê Chris Hani terugbring? – Cynthia, Kriel

Die ANC swyg altyd as ’n vuur in sy midde brand. David Mabuza dra ’n masker en skuil agter sy glimlag. Slim gaan sy baas vang. Ek vertrou hom nie. – DB

Panyaza Lesufi

Die groot gevaar is nie politieke gevaar nie, of dit nou swart, rooi of geel is. Dit is die groen gevaar. Die omgewing. – Robert Radikaal, Ladysmith

Wat ’n aangrypende en positiewe brief van Gewone mens, Gauteng. Elke gewone mens kan ’n verskil maak, ons moet net harder probeer! – Adri

As Nieu-Seeland vier spanne (een in elke groep) na 2019 se Wêreldbeker-rugbytoernooi stuur, sal al vier in die kwarteindstryd wees. As die groepe reg ingedeel word, sal Nieu-Seeland twee spanne in die eindstryd hê. Wat ’n eindstryd sal dit nie wees nie! – André

Duppie die Bul, as die welpies die tweede plek as sukses sien, sal hulle altyd verloorders wees. – Realis

Elsabe Steenberg

Ek stem saam met TJ van Boksburg. Kwagga Smith het soos ’n kam-pioen gespeel. Hy is selfs bo Malcolm Marx as die speler van die wedstryd gekies. Volgens my en al ons vriende speel hy net so goed soos Marx. Ek dink hy kan self nie glo dat hy uit die span gelaat is nie. Kwagga, ons voel saam met jou. – Annatjie, Wes-Rand

Binnelanders se storielyn is nou pateties. – A. v.d. Merwe

Binnelanders is nou glad nie ’n hospitaalsepie nie, net ’n storie. ER en Code Black is hospitaal­sepies. – Hennie, Brakpan

Daar is ongelukkig nie ’n sterk genoeg Afrikaanse woord om Binnelanders se jongste storielyn te beskryf as rubbish nie. – Johan, Letsitele

Wie kyk nog “Buitelanders”?  – Dev Greeff, Alberton

Waar gaan ons volk se morele kodes heen? Wie is 7de Laan se regisseur? – Andrea van Vuren

Meer oor:  Mystem  |  Sms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.