Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy?
StopnGo (George)

StopnGo se naam verander na George. Hoekom verander ons Suid-Afrika se naam nie na GrabnGo nie? – Elaine Pretoria

Suid-Afrika is nie in ’n resessie nie, dan neem ek aan daar is ook geen misdaad nie. – Oom B

Die booswig geniet beskerming in Suid-Afrika. Daar is geen vrese vir die polisie meer nie. Booswigte weet hul kanse om weg te kom sonder arrestasie is 90%.

– Slagoffer

Dit sal net beter met Suid-Afrika gaan as JZ stilgemaak word. Sy slagoffermentaliteit, lawaai en twakpraatjies gaan hom nie red nie. Ly hy aan geheueverlies? – AI

Die ANC se verklaarde beleid is ontneem sonder vergoeding “of julle daarvan hou of nie”. Nou is daar diegene wat vra dat ons kalm en rustig daaroor met hulle moet onderhandel. Waaroor? Oor wie se eiendom en hoeveel daarvan? – Stoffel van Waverley

Ek drink ’n sterk dop op Boeta du Toit. Hy probeer nie om polities korrek te wees en draai nie doekies om oor die EFF en plaasmoorde nie. Tjorts Boeta. – Denker

Steeds opdok vir Jacob Zuma? Kan jy dit oorvertel. Wat gaan in ons land aan? – Elsabe Terblanche

En so misluk die ANC weer eens om die grootste staatskaper te straf. Hulle keur dan eintlik die misdadigheid goed. – Du Plessis

Daar is geen manier wat die gemiddelde Suid- Afrikaner kop bo water kan hou nie. Die klein groepie wat belasting betaal, moet opdok vir Zuma en sy harem se gemaklike lewe van miljoene. So ook al sy hofkoste, tesame met hofkoste van die twee vorige polisiehoofde. Dan nog vry mediese dienste vir 11 miljoen onwettige immigrante. – Bets

Deon Meyer

Die berig in Beeld (13.09) oor die vervalste bottel Meerlust Rubicon wat in Johannesburg opgeduik het, laat ’n mens onwillekeurig dink aan een van die storielyne in Deon Meyer se boek Ikarus. Dit was net ’n bietjie dom van die vervalser om nie meer navorsing te doen nie, want hy gaan een of ander tyd sy Ikarus sien.  – Johan Mills, Equestria

Nee Ella (13.09), Virseker is vir seker nie deel van Old Mutual nie. Iwyze is die nuwe versekering wat uit Mutual en Federal of M&F gevloei het. Virseker staan onder die sambreel van Auto & General, oftewel A&G, waaronder tientalle filiale val soos Dial direct, Budget, ens. – Nicole Klaassen

Rassie Erasmus

Die Bokke se kanse om ’n pak slae te kry is baie groot, want Rassie is nog heeltyd besig om die span soos roereiers te sit en omroer.

– Oom At

Bokke, as julle weer wil verloor, hou dan aan om jul balbesit weg te skop. – FB

Rassie “erken” dat dit belangrik begin word om te wen! Regtig? – Rustenburger

Die Springbokke se swak vertoning is beslis nie net Rassie se skuld nie, want die spelers het die tegnieke van die spel op skool leer ken. – Gerda

Score vir Saterdag: All Blacks 41, Springbokke 20. – HH

Bokke, ons soek “footballers”, soos Doc Craven dit genoem het, nie “spiertiere” nie. – Hc PtaBokke

Brendan Venter, jy lewe in ’n gekkeparadys. My voorspelling? Die Bokke sal nooit weer die All Blacks kan klop nie. – Alfred, Limpopo

7de Laan: Ek dink dit het tyd geword dat die Film-en-Publikasieraad ingryp en die tydgleuf verskuif na later die aand. Waar het jy gesien onderwerpe soos impotensie, selfmoordpogings, tronktonele en geweld deur narre met maskers word uitgesaai wanneer jong kinders TV kyk? Dis onaanvaarbaar. – Louise van Pretoria

Gesinsvermaak? 18:00 in die aand? Skrap 7de Laan! Dis af! – Leser, Secunda

Serena Williams

Serena Williams moet ’n blaaskans vat. Dit is tog duidelik dat sy nog nie die komplikasies en nageboortestres verwerk het nie. Sy en haar afrigter moet besef dat sy nie verhewe bo die natuur van die vrou ná geboorteskenk is nie. – Tennisondersteuner

Mediese fonds se premies verhoog: Ek kry die gevoel fondse probeer nou vinniger geld maak oor die Nasio-

nale Gesondheidsversekering wat op pad is. “Mediese inflasie” is ’n gerieflike term wat hulle uitgedink het net sodat hulle premies ver bo die werklike inflasiekoers kan verhoog.  

– Stoney Steenkamp

Baie dankie dat die kleur van “Uit die Woord” verander is. Dis nou baie leesbaarder! – Jeanette

Ai, Beeld, dis so ’n genot om soggens die koerant onder hande te kry. Al die brokkies nuus is welkom en insiggewend. – Lina Prinsloo

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.