Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy?
Nhlanhla Nene

Deurdat Nhlanhla Nene die eerbare weg gevolg het om te bedank nadat hy ’n leuen vertel het, glo ek dat hy geensins by die huis van die Guptas was om oneerbaar op te tree nie. Kom nou, julle ander ministeriële konkelaars. Volg die eerbare weg en maak spore. Gaan konkel saam met die konkelaars waaraan julle gewoond was in die verlede. Niek van Niekerk, Edenglen

Die Zondo-kommissie laat staatskapers se broeke bewe. Die bom gaan nog bars. JZ, die ANC-Judas, het duisende dokumente en ken sy teenstanders se geheime om hulle af te pers. – Gifpen

Almal is korrup. Wil jy vir my sê jy is adjunk-president terwyl dié goed om jou gebeur en jy weet van geen sout of water nie?

– Edelagbare Hofstra

Ek hoop pres. Cyril Ramaphosa het doodseker gemaak dat Tito Mboweni geen kontak met die Guptas gehad het nie. Leser

Ons moenie te vinnig vir Tito Mboweni hande klap en hom toejuig nie. Hy is ’n kader van die ANC en hul leierskap is swak en onder verdenking. Ainslie

Die VBS-skandaal: Ek kan al die skelmstreke wat daagliks oopgevlek word, net nie meer hanteer nie. Hierdie ouens praat daarvan asof dit kleingeld is. Eddie Hanekom

Brian Molefe

Gaan oudpres. Jacob Zuma se miljoen rande wat hy by die VBS Bank geleen het, nou afgeskryf word? Leser

Televisiekameras het nie net gewys waar Jacob Zuma langs adjunkhoofregter Raymond Zondo sit nie, maar ook hoe hy klets en giggel terwyl hoë offisiere op aandag staan en salueer by Edna Molewa se kis. Sies. Die man toon geen respek vir niks en niemand nie. – Danie Hamman, Garsfontein

Die unieke strukturele probleme word deur ANC-kaders en swak beleid veroorsaak terwyl ander lande groei. Waarom wonder ons daaroor? – Denker

Alida Kok, jou rubriek oor diverse werkplekke (11.10) is in die kol. Wat jy nie sê nie, is dat gebrek aan blootstelling en blatante diskriminasie besig is om haat vanaf beide wit en swart aan te moedig, veral onder jong mense. Die ANC en ander “swart” instansies met hul verandering van “inklusief” na “swart” ongeag, is verantwoordelik hiervoor. Piet Steyn, Pretoria

Die uitstaande kenmerk van Brian Molele ìs dat hy ’n uitstekende toneelspeler is. Sodra hy in die moeilikheid is, krap hy kop en huil. Slim het sy baas gevang. AIN

Dis verstommend dat Emfuleni-munisipaliteit se burgemeester en bestuur nie vervolg word rakende hul blatante verontagsaming van ommgewings- en gesondheidswette en -regulasies. Dit gaan die verstand te bowe dat hulle ongestoord voortgaan om te plunder en te vernietig en niemand hou hulle daadweklik aanspreeklik nie. Hulle ignoreer eenvoudig alle aanmanings. Schweis, Vdbp

Elise Tempelhoff

Meer as R800 miljoen het weggeraak en daarom die erg besoedelde Vaalrivier? Dis mos absolute twak, die geld is gesteel deur korrupte mense in semi-staats- en staatsdepartemente. Vervolg hulle en sluit hulle toe en verkoop hul bates. Faan

Naamsveranderinge skep verwarring, is duur en los nie probleme op nie. Pyne, Pta

ANC-jeugliga se optog in Mookgophong (Naboomspruit) oor swak diens gister: Nóg die polisie of wyksraadslid gee die inligting deur aan die inwoners. Goeie voorbeeld van uiters swak diens. Stoffel, Mookgophong

Ek sien daar was glo ’n konsultasieproses met oud-UP-koshuisinwoners oor die naamsveranderingsproses. Ek wonder hoe wyd en of dit inderdaad so is? E. Pretorius, Linden

Biometriese identifikasiestelsel is van die beste. Moet ook by verkiesings gebruik word. Tolla, Witpoortjie

Rudolf Straeuli sê nee vir Blou Bulle. Hy wys net sy totale integriteit en waardesisteem. Geen wonder die Leeus blink uit met sulke leiers nie. Hein

Alida Kok

Vir elke onding is daar ’n ondersoek deur die staat en daar is selde ’n uitslag nadat dit baie gekos het. Ek vra ook asseblief ’n ondersoek omdat my finansies so beroerd is. – Platsak

Met verwysing na die artikel “Katastrofe is op hande” (Beeld, 09.10) deur Elise Tempelhoff. ’n Meer positiewe bydrae is om organiese tuine en gewasse te kweek om sodoende C02-gasse tot 40% te verminder. Dit is dus ook nou makliker om ’n veganis te wees met al die nuwe produkte. Christine, Pretoria

Ek sukkel gereeld om my braaivleisvuur met hout te laat vlamvat. Hoe gemaak met ’n treinwa van staal? Tobi Retief

7de Laan weet nie wat om op te dis nie. Die stoeigevegte was net so erg soos die hondegevegte. Mac, Port Elizabeth

Wat ek nie verstaan nie is: In ’n lynstaan moet die bal reguit ingegooi word, maar in ’n skrum word dit soms onder die slotte se voete gegooi? Henri Mala

Meer oor:  My Stem  |  Sms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.