Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy?
Jacob Zuma Foto: Herman Verwey

Dis reg dat oudpres. Zuma sy regskoste self moet betaal. Hoekom moet my belastinggeld daarvoor gebruik word? – Oppies, Potch

Is die Johannesburg-metro ’n bank wat lenings toestaan? As Denel nie die geld terugbetaal nie, moet dit verhaal word van die ANC-kaders wat goedkeuring gegee het. Denker

Ek vind dit veragtelik dat die Johannesburg-metro se vorige ANC-regering R290 miljoen aan Denel geleen het. Ons, die inwoners van Johannesburg, is nou die lydende party. Hulle is niks anders as skurke nie. Dirk, Honeydew

’n Vraag wat nou by my opkom, is waarom die ANC die SAL so graag aan die gang wil hou? Wie van ons hogere ANC-leiers en trawante vind baat daarby? Gert McCarthy, Secunda

Hoeveel amptenare, LP’s en hul gesinne kry gratis ritte by die SAL? Is hierdie voordele ook ingesluit in hul aftreepakket? Hierdie vrae regverdig ’n deeglike ondersoek. Koos, Stilbaai

Sasol se diskriminasie teen gewone wit werkers is skandalig en hartseer. Dis tyd dat ons die werkers steun en weier om Sasol-produkte te koop. Kobus, Middelburg.

Max du Preez, ek voel ook soos jy oor CR, maar my gut feeling sê my hy speel sy kaarte baie stadig en nadenkend. Ek glo dat ek reg is. Ek bid daaroor. Gelowige Annie

Hoe doen ek aansoek om ’n private aankoms- en vertreksaal op ’n Suid-Afrikaanse lughawe? Ek sien as entrepreneur groot geleenthede.

Louis, Pretoria

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Elvira Wood

Tito sê: “Nothing for mahala.” Cyril sê: “Alles is mahala.” Wie lieg? Pieter Steyn, Roodepoort

Wil ek nou maar net weet: Wie gaan 400 000 Suid-Afrikaners vervolg oor hul vuurwapenlisensies? WH

Sluit drank- en spaza-winkels wat dwelms verkoop. Trek die dwelmverskaffers vas. Moet kinders sterf voordat die polisie wakker skrik? Dankie, Mike Bolhuis.

Boeta

Kan die Bolhuis-program nie tot 15 minute verkort word nie? Geen mens kan ’n uur lank daarna kyk en veral luister nie. Badie

Jason Rohde is skuldig. Hoera! Minette

Annelie Botes oor en­ti­tlement: Niemand kon die wroeging in my beter verwoord nie. Glo my, ek stem heelhartig saam! Wat maak dat soveel mense deesdae so integriteitloos leef? Wat het geword van doodgewone trots of ordentlikheid?

Gertruida, Riviera

Poskantoor: Het nou net 30 minute in die poskantoor in ’n enkeltou gestaan vir ’n gewone pakkie. Kan ’n toonbank net vir pakkies nie beskikbaar gestel word nie? Ek is ’n bejaarde wat met ’n kierie loop en nie lank kan staan nie. Die paar stoele beskikbaar is so laag dat ek nie sonder hulp sal kan opstaan nie. Ontstelde inwoner, Randfontein

Gerrit, die nuwe wêreldorde het beslís te doen met die herbou van die toring van Babel. Die Vrymesselaars noem dit die tempel van Salomo. Dis die finale verwerping van ons Almagtige God en dit word gedryf deur Lucifer self. André

Pres. Donald Trump se mag is aansienlik ingeperk nadat die Demokrate die huis van verteenwoordigers in die middeltermynverkiesing gewen het. Foto: Reuters

Dankie tog vir daai klein genadetjies. Die Demokrate het met ’n aansienlike meerderheid die huis van verteenwoordigers teruggeneem van die Republikeine. Wat ’n gevoelige terugslag vir Donald Trump. Ons as Suid-Afrikaners moet net moed hou, want uiteindelik seëvier redelikheid. George, Eldoraigne

Dankie, Beeld,vir die omvattende en objektiewe ontleding van die Amerikaanse middeltermynverkiesing.Anette, Pretoria

Ek het finaal besluit om gehoor te gee aan die waarskuwing voor elke episode van 7de Laan. Ek is heeltemal te sensitief vir die eskalerende gemors wat opgedis word deur die verskeie skrywers. Nee wat. Sulke snert is ’n belediging vir ’n mens se intelligensie. Ek lees eerder my boek. Kilter, Benoni

Ook jare gelede al ophou 7de Laan kyk. Ontdek toe The Chase. Mis dit vir niks. En dan word ek nog slim ook. Ouma Alta

DStv: Skynbaar is daar nie geld vir nuwe programme nie. Hulle het seker ook te veel vet katte wat deur ons onderhou word. Dis herhalings van herhalings. Keelvol Rita, Pretoria

Phillip Lemmer moet eerder eers na die beeldmateriaal van die rugbytoets kyk voordat hy kommentaar lewer. Malcolm Marx het grootkop gekry toe die Engelse media hom ’n “one man army” genoem het. Daan Lions, Krugersdorp

Al wat Rassie Erasmus saans hoor wanneer hy gaan slaap, is ’n veraf gedruis: “Ak, ak, Akker!”. Liewe land, man, kies ’n haker wat kan ingooi. Willie

Is rybewyse nog nodig? Derduisende mense wag vergeefs op nuwes. Piet, Pretoria

Beeld Persoon van die Jaar: Ek kan net aan persone dink wat nie kwalifiseer nie. Bertie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.