Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy?

Adv. Shamila Batohi is nou aangewys as die nasionale direkteur van openbare vervolging. Sy moet Eskom eerste ondersoek, want hy skiet nie net spek nie, maar gooi ons met die hele vark. – Luke, Bela-Bela

Wanbestuur is die kollektiewe woord vir die redes wat Eskom vir beurtkrag aanvoer. – Yerbua, Pretoria

Twee keer beurtkrag op een dag is mos nie reg nie?! – Suzette

Eskom: Die ou storie, hoe meer ons spaar, hoe meer sal ons betaal. – Dirk, Waverley

Die redes wat Eskom aanvoer vir beurtkrag is snert. Daar is net een rede: wanbestuur.

– Oom Moerin, Rayton

Karlien van Jaarsveld in Afrikaans is Groot.

Hoe meer beurtkrag Eskom toepas, hoe meer kragopwekkers en sonpanele word verkoop. As Eskom besef dat ons nie meer afhanklik is van sy manier van krag opwek nie, is dit reeds neusie verby met hom. – Vanny, Magalieskruin

Eskom, as julle krag wil spaar, sit dit af van 23:00 die aand tot 03:00 die oggend – dan slaap die meeste mense. – Hannes, Secunda

Telkens wanneer Eskom, die SAL of Prasa geld benodig, word die publiek afgedreig. Nou is dit weer beurtkrag. Ek glo julle nie meer nie. Genoeg is genoeg. – Coenie

Is daar dan in die hele Suid-Afrika geen kundiges wat Eskom behoorlik kan bestuur en bedryf nie?– W. Hoffman

Beurtkrag veroorsaak dat Eskom nog minder krag verkoop en nog minder inkomste kry. – Carl S

Vusi Mona

Nersa moet streng voorwaardes aan Eskom stel waaraan voldoen moet word voordat enige aanpassings in kragtariewe toegelaat sal word, soos die vermindering van personeel met 30 000. – Johan, Letsitele

Afrikaans is Groot, as julle ontslae raak van al die dekor wat die aandag aftrek van sangers, kan jul kaartjies goedkoper wees en kan ons wat pensioen kry ook kom kyk. – Bethal

Burgemeesters en stadsbestuurders van die ANC ken nie die verskil tussen R362 miljard, R362 miljoen en R362 000 nie. – Alf

Vusi Mona, Sanral-woordvoerder, praat oor dié organisasie met die stem van ’n lam. Dit maak sin, maar dan hoor ’n mens plunderingswolwe op die agtergrond grom. – Elsabé Howard, Benoni

Johann Maarman

As voormalige polisie­reservis vra ek waar was die polisie ten tyde van die plundering van die Vodacom-winkel in Polo­kwane? Niemand is in hegtenis geneem nie en Julius Malema sê net dis nie die EFF nie. Neem die oortreders op die plek in hegtenis. Daar is geen twyfel oor wie hulle is nie. – JvZ, Pta

Die EFF is ’n klomp straatboewe wat deur Julius Malema en kie aangehits word om winkels te verniel, soos nou met die Vodacom-winkel in Polokwane. Hulle hoort in die tronk. – Krappie, Thaba

Ekonomies gesproke het die twee E’s, Eskom en die EFF, een ding gemeen: Ontwrigting.

– Hans Retief, Pretoria

Petrus Malherbe, hoekom doen jy nie ’n verslag oor die gesondheidsgevolge van tegnologie nie? Wag ’n bietjie totdat die 5G-tegnologie begin! Nóg ons dokters nóg hospitale is op die gevolge daarvan voorberei. – IF

Stem sonder jou adres. Dit klink soos ’n plan om die verkiesing te steel. – George

In Bloemhof word geen water-, ligte- en belastingrekeninge uitgestuur nie. Jy moet in werktyd in ’n tou staan en dan word net die agterstallige bedrag baie onwillig aan jou meegedeel. Nogtans word die elektrisiteit afgesny as jy nie op datum is met betalings nie. – Johan, Bloemhof

Die Van Coke Show verkrag ons taal en ons erfenissangers se pragtige liedjies. – Skaam – Leser

Ek geniet elke oomblik van die huidige Mzansi-superliga-krieket en is baie bly dat dit toeganklik is vir die meeste Suid-Afrikaners. – Marty, Muckleneuk

Ek wonder wie al die munisipale rekeninge gaan betaal as eiendom sonder vergoeding gevat word. – Coba

En toe het die nuwe party die naweek naam gekry, Good! Antie Pat-hulle het seker vergeet dat die Engelstaliges wanneer hulle baie krities oor iemand is maklik na so iemand as “Good for nothing” verwys. Onthou maar net! – Deon

Vra asseblief vir Patricia wie is die “goeie” mense wat sy vra om vir haar te stem? – L. Jonker

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.