Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy?
Donald Trump

Ou gesegde: ’n Mens hou jou vriende naby jou, maar jou vyande baie naby jou. Rama-phosa het dit miskien in gedagte. – Ben, Centurion

Die VF+ slaag die integriteitstoets met vlieënde vaandels. Hulle is van die weinige politici wat ’n mens kan vertrou. – J.P., Mpumalanga

Wat my die josie in maak, is mense soos Reggie Nel wat sommer sy eie gevolgtrekkings maak. Soos hy verkeerdelik dink alle wit mense het geld, dink baie wit mense weer verkeerdelik alle mense wat nie wit is nie, is skelms. Sien jy hoe onregverdig dit is om sommer stellings te maak? – M. Steyn, Villieria

Gee gister ’n swart vrou ’n rygeleentheid. Sê sy was geskok dat ’n wit man haar oplaai. Ons het nog ’n lang pad om te loop. – Koos, Middelburg

60% van bedbesetting in staatshospitale deur buitelanders. Nou wil ek nog minder belasting betaal. – Coba

Siya Kolisi

Ek moes die lisensiekantore in Centurion vandag sonder ’n tydelike rybewys verlaat as gevolg van die kantoor se onbeholpenheid om betyds te reël dat ’n stempel beskikbaar is vir die nuwe jaar, 2019, om die lisensies te stempel. Ons moes maar almal omdraai en miskien... môre kom. – Jimmy Came Lately

As jy die toppunt van Derdewêreldse onbevoegdheid en chaos wil ervaar waar niks uitgerig word nie, besoek Witbank se kantoor vir binnelandse sake. – Nella, Emalahleni

Ana, Centurion, ek stem saam, Donald Trump sal nie nonsens vat nie. Ek hoop net hy kan Suid-Afrika gou kom red. – Elsabé van Akasia

Hoe kan Frank Ehmke die naam Trompie gebruik as hy na Donald Trump verwys? Wat ’n belediging vir ons kinderheld Trompie Toerien, sy skepper Topsy Smith en Friedrich Stark, wat die rolprentrol vertolk het. Lank lewe die Boksombende! – WvZ, Randburg

Hanlie Malan verdien ’n pluimpie vir haar grafika-bydraes in Beeld. Elkeen is deurdag en dra by tot die inhoud en boodskap van die artikels. – Elsabé Howard, Benoni

Kry asseblief landwyd nommers om sigaretstompies wat uit motorvensters gegooi word te rapporteer. Indien daar nie is nie, kan ons Werk met Vuur vra om hom daarvoor te beywer? – IE Pretorius, Linden

Tinus van Staden

Tinus van Staden, jou rubriek oor kwotas en transformasie is eenvoudig puik! – Rugbykyker

As Noordwes maar net so gou en drasties gereageer het op gebeure voorheen daar wat tot gewelddadigheid gelei het, as op die Schweizer- Reneke-insident! – JvZ Pta

Wat ek nie kan verstaan nie, is dat ’n man wat ’n gewapende inbreker in sy huis doodgeskiet het in hegtenis geneem is en van moord aangekla is. – Fani

Die inbreker was glo net met ’n mes gewapen. Moet jy sy wapen dan eers identifiseer voordat ’n bejaarde mag skiet? Bog. – AP

Ek stem saam met Ben Wait oor matriekre­unies. Sekere mense word nie genooi nie. Daar is ook ’n snobfaktor. Omdat jy nooit genooi is nie, het jy almal vergeet. Ek hou my eie reünie met myself volgende jaar. Enigste intelligente geselskap. – Robert Radikaal, Ladysmith

Reünies is wonderlik! Veral wanneer jou man sy matriekliefde daar raakloop en die tweetjies besluit die regte ding om te doen is om egbreuk te pleeg en jou huwelik van 25 jaar te verwoes. En toe los sy hom toe ek hom skei. – Karen

My 40 jaar-matriekreünie was in September 2016. Een van my oud-skoolmaats het genoem dat niemand op ons ouderdom gekyk het met watter voertuig almal daar aangekom het nie, of gevra het watter werk jy doen indien jy nog werk nie. Daar is gevra hoe dit met jou familie en kleinkinders gaan. Dalk is dit anders as dit vroeër gedoen word. – Cynthia, Kriel

Pres. Cyril Ramaphosa en oudpres. Jacob Zuma.

Yann Moix raak ’n teer punt aan. Ek stem saam. Vroue oor 50 het baie issues. Geen wonder mans los hulle nie. Hulle wil net in restaurante kuier en wyn drink. – AI

Hoop meer spelers van kleur in alle sportsoorte kan Siya ondersteun. – Faustino Stephen Smith

Dis mos Siya se reg om te sê hoe hy voel. – Minnie Johnson

Siya, ek eer jou. Die “beter” speler moet gekies word, ongeag sy velkleur. – Christa Lourens, Pta

Herman, jul WP-stories raak nou bietjie eentonig. Miskien moet jy ’n bietjie na die herkoms van sommige van die WP-spelers gaan kyk. Die 2018-Curriebekereindstryd het my soveel plesier verskaf, dit het amper gevoel asof die Blou Bulle die Curriebeker gewen het. Groete, ou suurknol. – Gert Kruger, Centurion

Gaan 7de Laan ooit weer geskik wees vir sensitiewe kykers? Dit is nie meer gesinsvermaak nie. – SN

Kyk die Toyota-bakkie-advertensies met die ruk van die koppe. Ek is so dankbaar ek ry ’n Isuzu. – André, Klerksdorp

Meer oor:  My Stem  |  Sms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.