Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy?
Tshepo Motsepe

Die Zondo-kommissie gaan baie gou tot ’n einde kom. Met die arrestasie van Angelo Agrizzi sal fluitjieblasers baie versigtig wees. Tipies in hierdie land is die fluitjieblasers meer skuldig as die parlementslede wat betrokke is. – Okkie, Sinoville

Dankie aan die presidentsvrou Tshepo Motsepe. Jy het stylvol en elegant gelyk by die staatsrede. Jy is ’n aanwins vir ons president. Jy kan vir die ander vroue iets leer van mooi lyk met waardigheid en kleredrag vir die gepaste geleentheid. Jy maak my trots. – Tilla Scheepers, Polokwane

Mense, pres. Cyril Ramaphosa het reeds voor die parlementsopening gesimpatiseer met die Driehoek-skool, onderwysers, ouers, kinders, asook die beseerdes. – Ouma

Standpunt Saterdag: Kan Jo Prins se skrywe oor die idiote in die kelder op elke moontlike forum herhaal word tot en met 8 Mei 2019? – Essa, Pretoria

News24 kan darem gerus Afrikaanse name reg spel: Ho kool Driehoek is onaanvaarbaar. – Besorg

Kan die TV-weervoorspelling nie eenkeer per week verleng word nie? Bespreek dan die rol van hoog-en laagdrukstelsels, La Nina en El Nino, die verskuiwing van die magnetiese Noordpool. – Twakkies

’n Teater vir 700, maar met slegs sewe fliekgangers om Dominee Tienie te kyk? En predikante van die Afrikaanse susterkerke kon tog so veel daarby gebaat het. – Louis, Pretoria

E

Frank Opperman

k pleit by almal: Gaan kyk Dominee Tienie. – Predikant

Outsurance en News24 se projek met verskeie kunstenaars wat pragtig die eerste deel van die volkslied sing, laat (met opset?) die Afrikaanse deel van die lied uit. Ek sal graag wil hoor wat die motivering daarvoor is. – Thys

Kinders wat klasse ontwrig, vat belastingbetalers se geld. Vat hulle vas soos staatskapers. – Deon Bekker

Ek raak liries oor “Engelse” soos Bruce Andrew (8/2) wat Afrikaans bevorder en boonop nuutskeppinge so is “koringtoring” pleks van silo uitdink. Wat ’n kontras met Afrikaners wat Afrikaans afkraak. – Bertram, Vryheid

Birdlife SA was nêrens te siene met die reddingspoging van die flaminkies nie, nou het hulle baie te sê. Help liewers. – Ria, Boksburg

Birdlife SA se kritiek teen Bolhuis en almal wat gehelp het, skrei ten hemele. Sê net dankie of bly stil. – Louis, Constantia

Aardetjie tog, vaart en dartellopies in vyftienmanrugby asof dit nou dieselfde as sewerugby is. – Stokou rugbyspeler, Pretoria

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.