Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy?
Mmusi Maimane

Ek is nie ’n Maimane-ondersteuner nie. Gee hom krediet. Hy is reg dat die regstelsel gekaap is. Geen ANC-korruptes word vervolg nie omdat toutjies getrek word. – DB

Maimane, kom eers aan die bewind voordat jy al hierdie niksseggende beloftes maak. – Raymond

Hoe op aarde kan mense aangaan en sê “one settler, one bullet”? Niks gebeur nie. Is ons land nou totaal wetteloos? Ai, dan huil ons nie meer oor ons kinders wat landuit is nie! – GJ, Meyerton

Hoe is/was dit moontlik dat miljarde rande die afgelope dekade uit die staatskas gesteel is en die ouditeur-generaal, wat met groot spanne ouditeurs ál hierdie instellings elke jaar oudit, nooit staatskaping ontdek het nie? – Kallie

Lyk my Ramaphosa soek beleggers solank hulle tog net nie wit is nie. Hulle moet verkieslik almal “our people” wees! – Basie Breytenbach, Ermelo

Die ANC verstaan nie sy eie maaksel nie. Demokrasie beteken gelyke regte vir almal. – Sarie, Villieria

Die ANC misgis hom oor wit steun. Die wit mense wat vir ’n korrupte politieke party wat belastingbetalers se geld steel kan stem, moet maar hul name verander. Miljarde rande en niemand gaan in hegtenis geneem word nie. Maar die wiel draai. – Leon Ehrke, Krugersdorp

Die ANC het te veel rassebeleide om suksesvol te wees. Sakelui moet hulle nie vasstaar teen Cyril Ramaphosa se sjarme nie. – Hugo Pretorius, Centurion

Pres. Cyril Ramaphosa

Onder die ANC loop die pad van Suid-Afrika al baie jare net in een rigting: afwaarts. Met of sonder die ANC se nuwerwetse, vriendelike Ramaphosa-masker. – Hans Retief, Pretoria

Ten spyte van verdoemende getuienis en bewyse sal daar nie teen misdadige ANC-politici opgetree word nie. Dit is wetstoepassingsagentskappe se onbevoegdheid en ook “politieke sensitiwiteit” wat optrede voorkom. – Johan S.

ANC-kaders en Cyril praat, praat en praat . . . sonder resultate, soos altyd. – Tou van Tankwa

Veels geluk met ’n briljante artikel, dr. Mulder! Ongelukkig kan die filosofie van “ubuntu” nie persoonlike sukses akkommodeer nie en word prestasie as ’n skande bestempel. Rasseminderwaardigheid sal steeds Afrika se achilleshiel bly. – HJK van Menlopark

Zim kom soek hulp by Suid-Afrika. Tog volg ons Zim se voorbeeld. By wie gaan Suid-Afrika aanklop nadat ons ekonomie vernietig en al die boere verdryf is? – Stel

Streef na ’n federale verbond met Mosambiek en Zimbabwe, wat met verloop van tyd omgeskakel kan word in provinsiale eenheid met Suid-Afrika. Dit sal baie voordele vir die subkontinent inhou. – Twakkies

Ek lees in Beeld dat die rondloperleeu Mufasa in ’n polisiesel toegesluit is. Dit is ook net in Suid-Afrika wat so iets moontlik is. – Ben Wait

Mufasa

Kan iemand vir my die wreedaardige en sinnelose uitwissing van meer as 200 stuks wild in Noordwes in perspektief plaas? Hoe ek ook al probeer, ontwyk enige regverdiging vir so ’n daad my begripsvermoë! Enig­iemand, help asseblief, ek wil nie in sak en as gaan lê nie. – Johanna

Deur meer onafhanklike kragvoorsieners by die netwerk in te skakel, sal ons minder beurtkrag kry en Eskom se monopolie op kragvoorsiening breek. – Leser

Hoe kan Eskom toegelaat word om die tariewe te verhoog van diegene wat wel vir hul krag betaal, terwyl diegene wat jare niks betaal nie skotvry afkom? – Eben de J

H

oekom is daar geen vrouetaxibestuurders nie? Hulle sal minder woes ry. – Giovanni

Teen pale vas: Dit is eintlik ’n breinspoelingprobleem. Jy ry waarheen jy kyk – so jy moet ry en kyk in die rigting verby die obstruksie. Jy moet ook jou ken oplig vir balans en nie direk voor die fiets teen die grond vaskyk nie. – Wilhelm K

7de Laan maak dit sy taak om maatskaplike probleme uit te lig. Reken hulle dat mense (kinders) met albinisme enigsins kan baat vind by die onlangse intrige? Misdadigers kyk ook sepies. Is daar geen etiese norme waaraan die skrywers hoef te voldoen nie? – Peet van Potch

Wat ’n pragtig positiewe storie oor die uile wat op Francois en Alta Vrey se stoep uitgebroei het. Ek wens daar is meer sulke positiewe berigte in ons media. – Ina, Pta

Dankie aan Absa, wat toe wel sy finansiële state in Afrikaans in Beeld gepubliseer het. – Henk

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.