Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy?
Mosiuoa Lekota

Die ANC het geen beheer oor sy ondersteuners nie. As ek ’n grootkop daar was, sou ek my kop in skaamte laat sak het. Jul mense vernietig tot kerke. Wat of wie is julle? – Annelie, Randburg

Die kerkaanval: Hoekom het geen politieke party dit veroordeel nie? Ek wonder wat sou gebeur het as dit ’n ander kerkgroep was? Dit is ’n skokkende voorval. – Robbie Robbertze, Modimolle

Ek stem vir Cope! Mosiuoa Lekota hoort in die parlement! – George Fairland

Die Leeus speel met donkerblou truie; die Bulle in groen. Ai, ek mis die goeie ou dae toe die manne nog hul lewe sou gee vir daardie blou of rooibont trui. – Willa, 3 Riviere

Wie kan Pollard, Goosen, Serfontein en die ander blameer? Terwyl dit pap reën, moet jy skep. – Twakkies

Die Leeus kry bonusse as hulle verloor. – Heather, Benoni

Aan almal van julle wat so vol fobies is: Pas ’n slag jou Christelike beginsel toe: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ons is ná alles een kollektiewe siel. As jy jou naaste haat, dan haat jy jouself. – George, Fairland

Rhynie Greeff

Rhynie Greeff, jy “slaan die spyker op die kop” met jou kostelike artikel oor clichés (13.04) Hier is nog een: “Doe so voort.” – Sandra, Rietfontein

Bertram Young: Wees maar versigtig naby die trolliestoters, maar laat die son tog oor ’n medemens (wat brandarm is) skyn. Dit gebeur net een keer per week in jou omgewing. – Mart

Die brief oor drom-deursoekers het my bloed laat kook. Bertram Young kan eerder ’n fonds stig om te betaal vir die korrekte vervoer in plaas van groot sakke op klein wiele. Die mans werk baie hard om ’n bietjie eerlike geld te verdien om hul familie te voed! Wees verdraagsaam en ry dan liewer versigtig en stadig om hulle en voorkom ongelukke en lewensverlies. – Dorelle, Pretoria

Charles Smith, wat ’n ongelooflike rubriek wat Saterdag verskyn het. Ek dink ek ken ’n paar “Annas”. – Johan, Vaalpark

Magriet, ek sê altyd wanneer my dierbare man in Pick n Pay verskyn, is ek óf sterwend óf reeds dood! – Liezel, Rayton

Ek sou Nádine kies as nuwe aanbieder van Noot vir Noot. Sonder Johan sal dit nooit weer dieselfde wees nie. – Martie

“Halloo moeder”, wees gerus, al skrap jy jou kind se nommer. Weet dat hy in die hemel wag om vir jou te sê: “Hallooo my moeder.” Eendag! – Paddy Coetzee, Roofkrans

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.