Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy?
Marelize

Die Blitsbokke, Tiger Woods en Kagiso Rabada was fenomenaal die naweek. Hoogstaande sportprestasies gelewer. Doen so voort. En natuurlik aan my Bul-span, wat ek helaas amper nie in groen herken het nie. – Joe

So, so trots op die Blitsbokke. Selde al sowat van veggees en terugveg soos Sondag se eindstryd in Singapoer gesien. Om 20 onbeantwoorde punte teen Fidji te behaal, is meesterlik. – JAP, Middelburg

Wat ’n ongelooflike eindstryd vir die Blitsbokke in Singapoer. Julle verdien dit 110%. Pragtig! – Hettie

Baie geluk, Bulle, julle sal wel meer aandag aan afronding, balhantering, balbesit, balbeheer, dissipline, lynstane en die skrums moet gee as julle in die eindstryd wil speel. – Frik, Centurion

Dankie tog vir die kommentator op RSG wat die Suid-Afrikaanse uitspraak van Jaguars gebruik en nie iets van agurkies of so iets mompel nie. – Marita, Pretoria

Sondag se Classic Nataniël in die Aula het my net weer laat besluit dat Julius se slegsê van my mense en Cyril se leë beloftes nie die moeite werd is om eers na te luister nie. Daar is ’n wonderwêreld wat hulle nie ken nie en nooit sal verstaan nie. Dankie, Nataniël, en almal saam met jou. Dit was wêreldklas! – Gustav, Brooklyn

Wat het politieke korrektheid en fascisme in gemeen? Albei is onverdraagsaam teenoor humor. Suid-Afrikaners gebruik humor om dinge te hanteer. Dis gewoonlik net enkelinge wat die meerderheid se pret bederf, wat anders voel. – Hanno den Boer, Pretoria

Tiger Woods

Rhynie Greeff se rubriek oor clichés (Beeld, 04.13) was, soos altyd, in die kol, maar met “die tyd sal tel” het hy die pot mis gesit. Dit moet eerder “die tyd sal leer” lees. – Chris, Centurion

Rugbypale, bome, hier kom Marelize! – Dewald

Wat ’n mens nie sal doen om aandag te trek nie. Marelize kan nie so aangaan nie. Netnou kry sy dalk regtig seer. – M.C.C.

Marelize wat so heel-tyd val begin nou vir my ge­stage voel. – Belinda

KykNET se Voetspore-reisprogram deur Afrika. Geen rommel, rioolvuil en lekkende water in groot stede sigbaar nie. Arm lande het hul inwoners die regte opvoeding gegee. – Christie, Bronkhorstspruit

Liewe gemeentelede van die Hervormde kerk Wesmoot. Ek bid vir julle en weet die mooi gaan kom uit hierdie slegte wat met jul gebeur het. Sterkte. – Es, Johannesburg

Kom nou. Wie sê die mense wat die kerk verwoes het, is ANC-lede? Stadig met aannames. – Raymond, Sasolburg

Ons het baie respek vir die drom-deursoekers omdat hulle baie hard werk en groen leef met herwinning wat vir jou en my ’n voorbeeld stel. Ons munisipaliteite moet hulle bemagtig, oplei en toerus. Hulle is deel van die oplossing, nie die probleem nie. – Bets Ferreira

“Twee naby Hartbeespoortdam met 167 renosterhorings in hul besit betrap”. Hoe wens ek dit was fopnuus. – E.L.H, Benoni

Suid-Afrika is wilder as die Wilde Weste. Die kroeks is hier baas en gebruik gevaarlike wapens in rooftogte en kapings. Vergeet van renosters, red ons mense. – DB

Die Jagfees-bylae saam met my Beeld maak my naar. Jag is vir baie lesers afstootlik. – Ella

Wesmoot-kerk

Die ekonoom Ulrich Joubert se siening dat laer rente as sodanig nie groei sal aanwakker nie en talle ander probleme gepak moet word om dit te bereik, is in die kol. – Johan

My stemlys al af na DA, ACDP of Cope. – Peter

Darem verbasend hoe al die leiers van politieke partye skielik die townships besoek en geskok is oor die toestande ’n maand voor die verkiesing. Dit is 25 jaar te laat. – Stella

“Moenie ANC straf as julle vies is vir sy leiers” is seker onnoselste stelling. Swak leiers = swak bestuur = swak party. – WvZ, Randburg

Ace Magashule se uitdeel van geld laat my dink aan Cameron Bancroft se balpeutery: Nie gedink die kameras sou hom uitvang. – Hattingh Basson, Modimolle

Ek voel net soos Blou Willem moedeloos, want my stem gaan ook maar net weer nutteloos wees. – Gert, Villieria

Nadat moeder ANC haar spruit, die ANC-jeugliga, se dreigement om Pieter-Louis Myburgh se boek Gangster State: Unravelling Ace Magashule’s Web of Capture te verbrand, veroordeel het, sit die jeugliga nou met baie gekoopte eksemplare opgeskeep, maar kan nie ’n vreugdevuur aansteek om dit te verbrand nie. Hoe oulik. – Hans Retief, Pretoria

Cyril Ramaphosa verkondig ’n jaar lank ons gaan skoonmaak, maar niks gebeur nie. Is die skoonvee-besem gesteel? – Daniel

Dankie, Jan-Jan Joubert, vir die duidelike uiteensetting van die “vermorste stem”. Hoop alle kiesers wat vir klein partye wou stem, het kennis geneem. – Skrik Wakker, Mosselbaai

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.