Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy?

Sanparke kry seker ook aansporingsbonusse. Dis seker waarom die renosters nou ewe skielik onthoring moet word. – Hani, Komatipoort

Dankie vir Elise Tempelhoff se baie goeie rubriek. En ’n baie goeie vraag. Arme renosters, my hart huil. – Louise

Aptekers deel sonder voorskrifte links en regs antibiotika uit. Hulle moet vasgevat word. Niek, Parys

Die genade om waardig te sterf Anton van Niekerk se rubriek – het betrekking. Wanneer sal ’n stemming gehou word sodat ons asseblief self hieroor kan besluit? Stienie

Die VF Plus en die DA het iets gemeen en dit is integriteit. Hulle behoort goed saam te werk vir ’n beter Suid-Afrika. Elise H

Jan-Jan Joubert het geskryf ’n stem vir ’n klein party is vermors, maar nou het die IVP en VF Plus baie meer setels en die DA minder. Johan, Trichardt

Geluk aan die nuwe bestuurder van die posdiens – hy ruk dit reg. Ons ontvang posstukke uit Europa al binne drie weke. Cas, Pretoria

Aniki Joseph

Nampo weerhou baie skoolkinders van ’n leersame landbouskou omdat hy nie Saterdae oop is nie. Hein, Pretoria

Panyaza Lesufi is so behep daarmee om Afrikaans in skole uitgeskuif te kry dat hy, soos voorheen, kinders se opvoeding skade laat ly. En ons weet wat die gevolg van “liberation before education” was. E. Pretorius, Sasolburg

Kom ons kondig weer ’n nasionale vredesdag af. Op daardie dag geen misdaad, geweld of opruiende uitsprake nie, en ook geen negatiewe opmerkings of kommentaar oor enigiets nie. Hennie Bezuidenhout

As ’n pastoor wat weekliks die hospitaal besoek, stem ek saam met Aniki Joseph dat verpleging meer as ’n roeping is. Dis uitdagend, stimulerend en verrykend, maar slegs vir dié wat hulle werklik daarvoor beywer. Johan, Mbombela

Ek is baie bly as daar geen beurtkrag by jou was nie, Minette. Ons het die twee dae ná die verkiesing gehad, en nie net ’n uur of twee nie. Cecile, Germiston

Ek gaan my DStv-skottel ook afbreek, nie oor Steve Hofmeyr nie, maar oor ek keelvol raak vir Leon Schuster-flieks elke dag. Hannes

Wat ’n tragedie. Marcel Steyn se hele toekoms word deur haar ma verwoes. Hoe kan ’n ouer so laag daal? Skokkend. Is dit miskien geldgie-righeid? Sue, Krugersdorp

Dit is baie hartseer om te hoor van die leeuwyfie en die vierjarige meisie. Dis so onnodig. Heather, Benoni

Dit is absoluut die ouers se skuld wat met hul dogtertjie gebeur het. Ek is stomgeslaan dat ouers dink leeus of enige ander wilde dier is hul speelmaatjies. Rina, Rangeview

Hoeveel kindertjies moet nog die lewe deurmaak met trauma en letsels voordat ouers die waarskuwings by wilde diere in aanhouding nakom? Johan, Orkney

Maandag se boekartikel oor André Brink se biografie hoort natuurlik glad nie in ’n gesinskoerant nie. Jong kinders word aangespoor om koerant te lees en dié leesstof is onnodig. Leon, Elarduspark

Schalk Bezuidenhout

Laat die boere soek wie hulle wil. Ek mis dit vir niks nie. Aanhanger

Boer soek ’n vrou: Jinne, daar is nou nie eens een rêrig mooi boer nie. Kyker, Pretoria

Al die klaers oor “boer soek ’n ou” is maar net ’n bewys van oogklapdraers en hul onkunde oor gay mense en hoe hulle gestereotipeer word. Ja, ’n mens kry ook gay boere. Tien uit tien vir kyk­NET. – Jacques

Nee, sowaar as vet. Boer soek ’n boer? Los julle nonsens. Stienie

Ek luister eerder na ’n haan se gekraai as Steve se lawaai. Daan, Krugersdorp

Ek dink mense wat ’n probleem het met ’n haan wat kraai, het ’n groot probleem met hulleself. Ek hou ’n haantjie aan net vir sy kraai. Nicolien, Witpoort

Doen die hele Suid-Afrika en veral die Afrikaanssprekende gemeenskap ’n guns: Kry net vir Schalk Bezuidenhout in sy ge-heel van ons kassie af. Braam Grobler, Irene

Ons sien een ná die ander ongeregtigheid plaasvind in die howe, die politiek en op die sportveld, en Jan Rap en tannie Sarie mag kommentaar lewer, maar die getroffene moet stilbly? Soos Schalk Brits nou? Bog, twak en onsin. Chris M

Morné Steyn is die Bulle se laaste hoop. Ek hoop hy kom terug. Willem, Rustenburg

Daar vang die Bulle toe hul ondersteuners met ’n slap wors. HJD, Brits

Al die ou leunstoel-klakouse wat nie self op Loftus Versveld was nie, bly liewer stil. Regtig. Eddie

Meer oor:  My Stem  |  Sms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.