Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy?
Die ampswapen.

Die verkiesing is verby, mense. Dus: !ke e: /xarra //ke (diverse mense verenig). – Elsie Riekert, Lydenburg

Insake personeel by stemlokale: Verskeie kiesers moes hul name self op lyste help soek. Die letter T is gesoek iewers tussen L en Q heen en weer. My ou strepie is op pad uit al afgevee. O ja, die ANC het al twee SMS’e gestuur om dankie te sê vir my stem. Weet die ANC iets wat ek nie weet nie? – Rita

Dit is wonderlik om die politiek dop te hou en hoe die publiek reageer op die leiers. Cyril Ramaphosa is niemand anders as Nelson Mandela nie, net die vanne verskil. Die leermeester het sy sjarme aan Ramaphosa oorgedra. Mense stem daarvoor en dan is hulle agterna ontevrede met die leiers. Die siklus begin van voor af. – Josi

Waarom nog vra, want Ace ontken alles! – Cooks, Alberton

Die mense wat teen genadedood” is het vir seker nog nooit ’n geliefde erg sien ly nie. – Bee, Mpumalanga

Wanneer gaan mense besef jy raak nie aan wilde diere nie? Hulle is gevaarlik en onvoorspelbaar. Indien jy ’n dier wil vertroetel, gaan vryf jou hond of kat. – Sabine

Die leeu-eienaar se plaas moet gesluit word en altwee slagoffers se mediese koste moet geëis word. – Chinky, Benoni

By die leeuplaas by Heilbron moet ’n dubbele draad gespan word sodat selfs die besoekers wat nie ore het nie, veilig is. Enigste uitweg. – Theo, Mpumalanga

Cecile, Germiston: Jy moenie kabelfoute of enige ander kragonderbrekings met beurtkrag verwar nie. Daar was géén beurtkrag nie. – Jan, Sunninghill

Kyker, Pretoria, ek kan nie glo daar is mense wat nog dink om “mooi” te wees is al wat tel nie. Wat van eerlikheid of hardwerkende boere? – Leser, Gauteng

Wilhelm Jordaan

Prof. Wilhelm Jordaan gaan darem diep deur die stof oor sy “mooi” opmerking in verband met ’n vrouestudent. Dan moet Kyker van Pretoria ook nie kla oor die gebrek aan mooi boere nie. Jinne, mooi is mos mooi! Géén bybedoelings nie. – Leni

Ek verstaan nie wat is sommige mense se pyn met “boer soek ’n ou” nie. Wat is dan verkeerd daarmee? Niks fout met albei nie. – Francois, Rustenburg

Dankie, Elise Tempelhoff, vir jou waak oor die renosters. Saam met Danny Titus wil ek sê hulle moet weet ons watch hulle. – Tersia, Phalaborwa

Elise Tempelhoff, dit sal geen voordeel inhou om renosterhorings met kleurstof in te spuit nie. Waar gaan hulle dit agterkom? Nadat dit gestroop is en die eindpunt bereik? Spuit dit met dodelike gif in – hulle sal gou agterkom dat renosterhoring uit Suid-Afrika giftig is. Ek het al tien jaar gelede so gesê! – Yerbua, Pretoria

Elise Tempelhoff

My renosters se horings is, soos sekere sam­pioene, dodelik giftig! – Eduan, Pretoria

Ek voel vandag bevry. Totsiens DStv, Telkom en Vodacom. Ek is klaar geboelie. – Hans, Pretoria

Wanneer gaan die Tshwane-metropolisie hul werk begin doen? Terwyl die taxi’s ’n skrikbewind in die middestad voer, staan beamptes die straathoeke vol en speel op hul selfone. – Hillie Kruger, Pretoria

Leon van Elarduspark, watter kind op die aarde sal die artikel op die Boekeblad oor André Brink se biografie lees? Indien wel, is hulle duidelik dan volwasse genoeg om die inhoud te kan hanteer. En wat die inhoud betref, sal dit interessant wees om te weet wat jy so ontstellend vind. – Leser

Aniki Joseph se rubriek (14.05) was besonder goed en met insig geskryf. – Debora, Pretoria

Morné Steyn

Loftus moet nou die Blou Bul-song verander in “Yesterday’s Hero” met Morné Steyn terug. En wat van Wynand Olivier? Hy is seker ook weer beskikbaar? – HJD, Brits

Loftus is nou besig om ’n aftreeoord te word met Morné terug. – Mr T

Treffende brief deur Hélene van Wyk oor die “nar met ’n blou mantel” wat Loftusgangers se lewens versuur. – Klippie, De Wildt

So bly Morné Steyn kom terug! Hom gemis! Een van ons beste skoppers nog. – Hennie, Glenstantia

Die terugbring van oud-Bulle (Morné Steyn) en ander dui dalk daarop dat ontwikkeling in rugby nie plaasvind om nuwe talent te teiken en plaaslik te behou nie? – Johan, Orkney

Hoekom is daar nie ’n prys vir die beste paaltjiewagter nie? Daardie mense werk so hard, maar word nie eens genoem by die IPL-pryse nie. Wat kan ’n span sonder ’n paaltjiewagter doen?– JJ Cilliers

Is tamaties nou so duur omdat dit smaakloos is, of is dit smaakloos omdat dit so duur is? Dit smaak nie eens na iets nie. – Petra

Meer oor:  My Stem  |  Sms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.