Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy?
Markus Jooste

Markus Jooste se dobbeldae is verby. Sy sondes haal hom in. Die wilde perd wat hy opgesaal het, gooi die jokkie nou af. Boet gaan hy boet. Misdaad betaal nie. – Bar

Adjunkhoofregter Raymond Zondo en adv. Thuli Madonsela vir president en adjunkpresident, asseblief. – Anti-Nskandla

Suid-Afrika is adjunkhoofregter Zondo en sy kommissie van ondersoek na bewerings van staatskaping, korrupsie en bedrog baie dank verskuldig vir die deurtastende wyse waarop die kommissie sy reusetaak uitvoer. Ons vertrou dat die strafregstelsel die groot aantal voortvloeiende vervolgings na behore sal hanteer. – Hans Retief, Pretoria

Mnr. die president, is daar nog enige eerlike en opregte mense oor in jou ANC-regering? – Jan, Annlin

Aanvalle op vragmotors: Hou die regering verantwoordelik vir die skade. Daar sit meer agter die aanvalle. – Stel

My jinne, ná dekades van plaasaanvalle wil Cyril Ramaphosa op die hoogte bly. Hou ons op die hoogte van wat jy daaraan gaan doen. – Karla

Die huidige wetteloosheid in die land het niks te doen met ’n sagte handskoen van die polisie in misdaad nie. Die kernprobleem is die polisie se onvermoë om proaktief op te tree weens ’n gebrek aan intelligensiekapasiteit. – Dirk, Honeydew

Richard Brasher

Prof. Anton van Niekerk (11.06), die meeste oortreders word nie gekry nie, so hoe kan daar teen hulle opgetree word? – Coba

Nellie Brand-Jonker van Sake-Beeld skryf die volgende oor Richard Brasher, Pick n Pay se baas: “In die vorige boekjaar het hy net (let wel nét) R11,4 miljoen se totale vergoeding gekry.” Verskoon my dat ek nie lag nie. (Verlede jaar was dit sowat R31,9 miljoen.) – Jay, Durban

Volpunte vir Niël van Vuuren se spotprent gister wat ons van die lag laat skater het. – Johnny O, Weavindpark

Tussen Heidelberg en Vereeniging pendel daar al baie jare ’n weermagbus met ’n enkele passasier – ons burgemeesters moet net nie dié voorbeeld volg nie! – Irene, Henley on Klip

Die taxibedryf floreer beslis. Wonder net of hulle enige belasting betaal. Ek twyfel sterk. – Nella, Emalahleni

Duur motors en huise en baie geld wat onwettig bekom is, is niks anders as sabotasie van die land nie. Daardie geld is weg en om dit terug te kry is nag. – Ben, Centurion

Aniki Joseph, dankie vir die pragtige Afrikaans in Van Alle Kante. Wat ’n mooi taal het ons nie. – Izak, Potchefstroom

Schalk Bezuidenhout is veronderstel om ’n komediant te wees. In al die maande dat hy op kyk­NET is, het hy my nog nie een keer laat lag nie – en ek is nie ’n suurpruim nie. – Jan Brand, Brakpan

Miskien moet die Toks en tjops-span ander aanbieders weer ’n kans gee. Dit was verfrissend anders en genotvol. – Wouda

Aniki Joseph

Gisteraand lees ek in ’n ou roman van (regte, egte) kafee-rooiworsies, -vis en -slaptjips, met sout en asyn, toegedraai in bruinpapier. Sjoe, hoe water so ’n bek toe nie! – Twakkies

Twakkies, ek sien jy het ouma Lies skoon uit die SMS’e oortref. Ek geniet jou stellings. – Sue, Krugersdorp

Hoekom praat ons nooit oor gesinsbeplanning nie? Die hele wêreld is oorbevolk. – Swaeltjie

Agge nee wat, ’n kriekettoernooi in Engeland kan nooit regverdig wees met dié land se reën­patroon nie. Jy verloor belangstelling. – Joe

Ai tog! Dat ’n wedstryd nou moes uitreën vir die Proteas om ’n punt op die telbord te kry. Toemaar, ek sê dit tong in die kies. Sal hulle steeds ondersteun. – Phil, Pretoria

Die Protea-kaptein, Faf du Plessis

Hoera! Die Windies kon ons nie klop nie. – Eben

Die Proteas se beste vertoning tot dusver: een punt verdien danksy die reën! – Dankbaar

Ek was op pad na die Wêreldbeker-kriekettoernooi, toe kry ek die Proteas in die ontvangsaal van die lughawe – reeds terug. Moes toe maar kanselleer. – Jaap, Stad

Nou kan die Proteas maar huis toe kom – klaar vakansie gehou! – Neels de Koning

Ag komaan, ouens, ons krieketspannetjie is darem ook geregtig op ’n oorbruggingsjaar. – G. Liebenberg

As Rassie die krieketafrigter was, het ons dieselfde resultate, maar ’n beter verskoning gekry. – Waarnemer

Was Sondag by die Comrades. Om 19 000 mal mense te sien is erg, baie erg. Groot bewondering vir almal, al het jy nie klaargemaak nie. Kudos vir jou. – Nella, Emalahleni

Puik rubriek deur dr. Gerhard Verdoorn (11.06). Stem mens tot nadenke. – Alwyn, Pretoria

Meer oor:  My Stem  |  Sms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.