Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy?
Ace Magashule

Ace Magashule is vir pres. Cyril Ramaphosa soos ’n dobbelsteentjie. Hy sal dapper moet wees en waag, al weet hy nie of die uitkoms wen of verloor gaan wees nie. – DB

ATM pas nogal by Ace Magashule. Hy het seker gedink aan die geld wat hy trek. Hy moet sy dag in die hof kry. – Danie

Ace Magashule stel nie belang in die lot van armes en werkloses nie. Sy doelwit is om van Cyril Ramaphosa ontslae te raak en die Zumaïete in beheer van Suid-Afrika te kry. – Otto

Die uitspattige troue van die Guptas is ’n arrogante magsvertoon en bespotting van die Suid-Afrikaanse regering, wat hulle ná twee jaar nog nie kon vasvat nie. Eintlik sê hulle aan die hele wêreld Suid-Afrika finansier die troue! – Verontwaardig

’n Gupta-man kry R60 miljoen vir twee dae se werk. Hoe is dit moontlik dat niemand dit kon optel dat die Guptas besig was om Suid-Afrika onder ons alies uit te steel nie? Hulle leef in weelde oorsee met gesteelde geld. Afgryslik. – Es, Johannesburg

Pick n Pay-baas se salaris: Wat doen ’n mens met R31 miljoen of dan R11 miljoen per jaar? Al koop jy ’n blink kar en ’n huis by die see en een in die Bosveld, met tien mense wat dit skoonhou en jou bedien, is daar nog oor. – Karen du Plessis

Die NG Kerk grawe sy eie graf. Homofobie, selektiewe kies van teksverse, megagemeentes vir die ryk mense en geloofsarrogansie, om net ’n paar te noem. Vaarwel, gemeente, vaarwel. – Hillie Kruger, Pretoria

Gaan Vicky Momberg nooit leer nie? Sy is uitdagend. Die hof is nie ’n plek vir manewales nie. Sy doen haar eie saak groot skade aan met haar uitbarstings. – Ainslie

Vicky Momberg

Vicky Momberg, daar is woorde in ’n liedjie: “Sometimes it’s best to say nothing at all.” Zip dit, suster. – Nella, eMalahleni

Swaeltjie, wat sal gesinsbeplanning help terwyl wetenskaplikes daaraan werk om mense selfs ouer te laat word? – Ella

Ek bedank Dawie Roodt vir sy eerlike sakesiening (10.06). Dit is gestroop van irriterende politieke korrektheid. Dis hoog tyd dat die naakte waarheid van ons land se huidige polities gedrewe ekonomiese mislukkings onthul word. Doe’ so voort!

Wat ’n groot hartseer is dit wat ons land geword het! Of jy hospitaal toe gaan en of gaan ontspan by Pilanesberg: Jy moet ’n pistool saamvat. Ongelukkig die werklikheid. – Charl

Hoe sien jy wat jy eintlik is? Prof. Jordaan, gelukkig kan ’n mens nooit tot volle selfkennis kom nie. Dit is ’n ingeboude beskermingsmeganisme, want die resultaat sal verwoestend wees Dieselfde geld die besef van sterflikheid. – Alwyn, Pretoria

Buddy Holly

Die plaasmoorde het drasties toegeneem toe die ANC die kommandostelsel afgeskaf het nadat hy aan die bewind gekom het. Voedselsekerheid word bedreig omdat plase meestal onproduktief word ná die moorde op boere. In my familie is daar nou vier gesinne wat binnekort emigreer. Hier is geen toekoms meer vir wit mense in hierdie land nie. – Maryna, Centurion

My man hou toesig by ’n eksamensentrum aan die Oos-Rand waar universiteitstudente skryf. Bitter min van die studente daag vir hul eksamens op. Soms niemand nie. Is dit omdat hulle gratis studeer? – Belastingbetaler

Op die foto van werkers wat Kempton se krag “herstel”, rus vier ouens en wat lyk na die baas is op sy selfoon. Kragties, julle! – B. Lou, Pta

TV-adverteerders moet liefs diere gebruik. Diere is nie vals nie en probeer nie narre wees nie! – Sarie, Villieria

Die Proteas sal nou moet kies: “Chicken or beef? Aisle or window?” – Andrew

Proteas aangesê om die vliegtuig te haal terug na Suid-Afrika voordat hulle hul vliegkaartjies ook verloor. – Pieter

Ek verneem die Bulle gee Saterdag in hul wedstryd teen die Leeus hul ondersteuners vier worsrolle en twee biere. – Chinky, Benoni

Sal dit die Leeus, Bulle, Haaie of Stormers wees wat na die kwarteindronde gaan? Kom ons wag en sien. Dit gaan baie interessant wees! – Heather, Benoni

Innibos se reklame met bylaag en koerantkoppe is briljant – die beste! Baie om daar te beleef. Buddy Holly se musiek verdwyn wel in te veel gepratery in Amerikaanse aksent. Steurend verby. – Johann L, Montana

Sue, daar is ’n goeie rede vir Ouma Lies se stilswye. Ons wens haar sterkte toe vir ’n spoedige herstel. Sy is een van die dae weer op haar pos. – Haar Beste

Mooi so, Barry York (“Bewaringsvoorstelle is ongrondwetlik en sal SA skaad”, 12.05). Op daardie manier sal ons ons plante, diere en grond bewaar, en ook volhoubare ekonomiese waarde vir die mens daaruit put. – Jaap, Pretoria

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.