Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy?
James Small

Suid-Afrika groet ’n grote. James Small was ’n nagmerrie vir teenstanders en was Jonah Lomu se tier op die rugbyveld. Sy naam is in goud geskryf. RIV. – Danie

’n Volle voorblad van ’n hoofstroomkoerant gewy aan ’n rugbyspeler. Waar is ons waardes? – Jan, Pretoria

Hopelik kry James Small ook ’n BBP- begrafnis en word hy ook in die helde-akker in Wespark begrawe. – C. Bezuidenhout van Bergbron

Lesetja Kganyago is een van die min goeie aanstellings wat oudpres. Jacob Zuma gemaak het. Die Reserwebank is in goeie hande solank daar geen politieke inmenging is nie. – Boeta

Angie Motshekga is al tien jaar minister van basiese onderwys. In 2009 was Suid-Afrika se onderwysstelsel een van die swakste ter wêreld. Vandag, tien jaar later, is dit steeds die geval. Wat soek Motshekga daar as sy geen wesentlike verbetering kon aanbring nie? Intussen dra ons kinders en die land die gevolge van haar wanprestasie. Dis onaanvaarbaar. – Hans Retief, Pretoria

AfriForum is stadig uit die blokke. Hulle dreig lankal om Julius Malema te vervolg wat hulle uitlag omdat niks gebeur nie. Adv. Gerrie Nel moet begin optree. – Gifpen

Ek lees net van al die miljarde wat met tenders ensovoorts verdwyn en hoe die Guptas ook oral betrokke was. Wanneer gaan iemand agter tralies beland? – Johan, Pta

Gerrie Nel

IP, Jhb, neem asb. kennis: “If guns are outlawed, only outlaws will have guns.” – GT, Sinoville

Is dit boere se plig om paaie te herstel? Die boere behoort die geld van die staat te verhaal, dan sal hul ore vinnig oopgaan en hulle begin luister na klagtes. – Einstein

Kan jy aan iets belagliker dink: haweloses word beboet. Hulle het nie eens ’n bed nie. Praat nie eens van ’n adres nie. Dit laat stadsrade nog dommer lyk! – Steyn

Haweloses moet “regkom”! Asseblief. Die mense het niks nie. Wat het geword van menslikheid? – Ontstoke ouma, Benoni

Sirkel? Ek het nie nog tyd om te kyk of dit ’n rooi driehoek is nie. Stop vir ’n taxi. Altyd voorrang. Party kom sommer oor die sirkel, anders sit hulle voet op petrolpedaal en vat die gaping. – Nella, eMalahleni

Dit gaan my verstand te bowe dat bure geskok is om te hoor hul buurman lê al twee jaar dood in sy huis. Moenie geskok wees nie, wees beskaam. Hoe in hemelsnaam kon een van julle nie agtergekom het dat daar fout is nie? Ek staan verstom. – Es, Jhb

En daar kry Indië toe ’n Samoesa pak slae. – Louis, Heidelberg

Skitterend Nieu-Seeland, so staan ’n span uit die as op. – Joe

Trent Boult van Nieu-Seeland

“ ’n Ode aan ons geliefde suster” (11.07). Ai, Kallie. Ek het jou brief twee keer gelees. Later terug en weer ’n paar keer gelees. Ek is seker jou ouderdom, want ons kinder/jongdae-ervarings is dieselfde. My suster, longkanker, dieselfde – een maand. Gaan maar weer na buite waar die lewe maar net aangaan, want ons tyd kom ook. – WK

My hart gaan uit na jou, Kallie. en jou broer, Johan. Ek huil saam met julle. Wat ’n roerende brief. Mag julle troos ontvang. Hy weet van jul groot hartseer. – Lettie

Kanker is soos ’n sluipmoordenaar, slu en stil en onopgemerk en as hy te voorskyn kom, staan sy prooi verlam en magteloos. – Leni

Wanneer gaan Karlien en Derick die boek toemaak? Die sepie raak nou vervelig. Die vuil wasgoed wat hulle in die openbaar was, is teen dié tyd seker silwerskoon. – DB

Karlien, ’n kind het ’n pa nodig. Jy sal uitvind sodra hulle kan kies, sal hulle na pa toe gaan. Respek en ondersteuning sal wondere verrig. – Martie

Petro Hansen

Getroud met rugby: Ek het gesit en gewag. Geweet iemand gaan kla oor die taalge- bruik . . . en daar kom dit toe. Ek is oud en is mal oor die sepie. Seker omdat my man lank by rugby betrokke was, as speler en later as toeskouer/afrigter/ondersteuner. Skuif die program, maak nie saak hoe laat nie, ek sal daarna bly kyk. Kinders kyk in elk geval nie graag sepies nie. – Annie, Horison

kykNET: 18:00 Getroud met rugby: Fout, groot fout. – Nita, Boksburg

Dink Weer, Modimolle, het jy vergeet dat daar nog ’n klomp ander kanale is om te kyk?! – Lenie

Kontant raak taboe. Kan alle karwagte toegerus word met kaartmasjiene? – LHB, Heidelberg.

Veels geluk aan Petro Hansen met haar aangrypende boek Vervleg, wat pas verskyn het. Die essays betower die hart. – Izak Oosthuizen, Potch

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.