Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy?
Jacob Zuma

Ek het mos gesê die Springbok-span gaan die swaarmoediges verras. Lekker! – Hennie Scholtz

Kies dieselfde span teen Nieu-Seeland volgende week. As hulle weer perform, los die ou hout by die huis. Hierdie span lyk lus om te speel. – Tina Butler

Klein maar getrain. Mooi so, Herschel. – Yellow Bird

Herschel Jantjies, jy is ’n wenner. Baie trots op jou. Dankie, Rassie, vir die diamant. – Marina Griffiths

Al het hulle verloor, het die Wallabies baie beter, aanskoulike rugby opgedis. Rassie sal die video moet bestudeer om te sien hoe ’n bal van hand tot hand op spoed kan beweeg. Bokke sal net kan leer daaruit. – Johan Brink

Die Aussies was maar power. Die ware toets wag oor ’n week. – Theo Vorster

Watter onberekenbare skade het die ANC nie al aan die land aangerig nie! En hy het met sy “radikale ekonomiese transformasie” nog maar net die “tweede stadium” bereik van sy ongrondwetlike sosialistiese nasionale demokratiese revolusie, waarvan die party en staat een in ’n opperheerskappy soos in ’n kommunistiese staat die einddoel is. – Hans Retief, Pretoria

Eben Etzebeth en Herschel Jantjies

Is die Zondo-kommissie bang vir JZ en sy regspan dat sy streke toegelaat word? Skuldig is op sy voorkop geskryf. Dit is waarom hy met aanvalle en eise kom. – YS

Ja’k, hoe nader die vrae aan die waarheid kom, hoe vinniger maak Zuma se regspan beswaar en wil hom daar wegkry. – Philip van Elarduspark

Die burgerlike samelewing het van die Zumaïete en staatskapers ontslae geraak. Hoekom sal ons nou van sy meelopers verdra wat ons grondwetlike demokrasie wil saboteer? – Konstitusionalis

Nee, OB, jy is verkeerd. CR het die geld vir sy verkiesingsveldtog ontvang, nie omdat hy ’n staatsamptenaar is nie. – Kobie Venter

Ek wil net weet hoekom die OB nie vir Zuma, Mabuza en Magashule ook so vlytig ondersoek nie. Het sy dalk ’n agenda? – Woestyn Beer

Boshoff-moorde: Die meeste boere is weldoeners aan plaaswerkers. Daar is mense wat ander goed probeer verkondig. Sterkte aan vriende en familie van die vermoordes. – Katrien H

Die ongelooflike onmenslikheid is moeilik om te verstaan. – Rooi Jan

Baie geluk aan Emo Adams en kykNET met die aanbieding van die puik program Maak my famous. Die kans wat met hierdie program aan talentvolle, maar onbekende kunstenaars, gebied is, is eenvoudig ongelooflik. – Susan Malherbe

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.