Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy?
Zozibini Tunzi

Geluk met jou Mej. Suid-Afrika-titel, Zozibini Tunzi. Dit wys jou net dat jy sonder ’n pruik en met natuurlike skoonheid die mooiste in die land kan wees. Dit verdien navolging. – Adriana, Boksburg

Daar is min inligting oor hoe die CR17-veldtog se geld bestee is. Was daar miskien bruin koeverte op die ANC se leierverkiesingkongres? – Gerhard, Pretoria

Pres Cyril Ramaphosa se gekreun oor individue se reg op privaatheid laat jou wonder of hy werklik besef wat dit beteken om as president van ’n land te dien. Finansiële skenkings van miljoene val beslis binne die openbare belang. – M

Adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer, is soos ’n bliksoldaatjie in die voorste gevegslinie wat opdragte van haar anti-CR-meesters uitvoer. Hul tyd raak min. – Einstein

Hoe het dit gebeur dat ons so ’n onbevoegde OB kon kry? Sy verloor al haar sake en kos die belastingbetaler miljoene. Ek dog haar titel is “openbare beskermer”? Sy is dit allermins. En steeds sal sy aanhou en weier om haar foute te erken. – Deon Schoeman

As pres. Ramaphosa glo dat dr. Zweli Mkhize se gesondheidsplan ’n verbetering is, is die regering op pad om ons bekwame medici se bydrae tot Suid-Afrika se gesondheidsheil te vernietig. Ons gaan medici verloor en private hospitale sal ineenstort. – Flip

Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) stuur op ’n ramp af as die ANC private mediese fondse se surplusgeld, wat aan lede behoort, wil steel. Die geld behoort aan mediesefondslede terugbetaal te word wanneer die ANC suksesvolle mediese fondse vernietig. – Stella

Aardverhitting is die gevolg van die mens se gierigheid. God straf nou die mens wat die aarde vernietig. Mense moet gaan lees wat sê Openbaring. – Einde van dae

Cecilia Steyn

Daar sal ’n boek oor Cecilia Steyn geskryf moet word. Dit lees soos fiksie van die boonste rakke. – Gerrit Boonstra

Die Krugersdorp-moordenaars is almal siek en almal is skuldig. Hulle almal is oud genoeg om te weet wat reg en verkeerd is. Mag hulle laaaank sit vir hul misdade. – R. Roux

Hoekom het ons in Suid-Afrika nie losprysjagters soos in die VSA nie? Hulle kan misdaad- en borgtogontduikers teen minimale koste vasvat. – Johan, Linden

Skote Petoors aan prof. Fika Janse van Rensburg en die ander instellings wat betrokke is by die Bult se vernuwing. Ek is trots daarop om ’n oud-Puk-ouer te wees. – Susan Meintjies

Geluk en sterkte aan Potchefstroom en die Aardklop-bestuur met jul groot onderneming om die Bult mooier en veiliger te maak. Dit klink soos ’n feëverhaal in ’n land waar slegte nuus die norm is. – Janet, Secunda

Hier in Potchefstroom het die eiendomsbelasting in baie gevalle met 5O% gestyg. My huis van R900 000 is nou ewe skielik R1,45 miljoen werd. Dis malligheid. – Oppies, Potchefstroom

Verbeel ek my of is die storielyn van Isidingo en 7de Laan dieselfde? ’n Swart meisie beskuldig Sechaba dat hy die pa is en gee geboorte aan ’n wit baba. In 7de Laan is die baba swart en Rikus moet pa staan. Ek wonder net. – Estelle

Anton die hansram.

Baie geluk aan Rolene Strauss met haar swangerskap. Hulle is ’n pragtige gesin. – Ansie Schlebusch

Ai, my liewe Beeld. Ek soek en soek elke dag vir ’n bietjie goeie, lekker en aangename nuus, maar dis telkemaal verniet. Die wêreld is besig om ons te vergaan van korrupsie en bedrog. Die Rustenburg-koor se YouTube-sukses is darem ’n bietjie goeie nuus. – Es, Johannesburg

Dankie, adv. Colin Steyn en Marietjie Gericke, vir die lekkerlees-berig oor die Anton-wolkanon. Ek is baie jammer dat jy soveel pynlike beserings opgedoen het, maar die woordkeuses is so komies dat ek nie kon help om te lag nie. Sterkte. – Hennie

Die storie van Anton die hansram is so lekker geskryf en oorvertel! Ek het gekraai van die lag, maar is bly adv. Steyn is oukei. – Tanya van Zyl

Prof. Fika Janse van Rensburg

Ek sien Robertsons Spices het nou ’n baie lekker steak-en-tjops-braaispesery wat heerlik saam met skaaptjoppies gaan . . . – Napoleon Boonsteparte

Dis tipies hansram. Dis hoekom jy hulle “hans” noem. Ek het ook soos adv. Steyn deurgeloop en die hansram is summier veiling toe. – Therina Schreuder

Faf de Klerk is ’n vinnige spel-speler wat gewoonlik skoonmaak, aanval en geleenthede op die veld neem. Ongelukkig moet hy volgens die afrigter se spel speel en dit stuit sy vermoë om amok te maak. – Rina, Rangeview

Steve Hansen is uitgeslape. Die All Blacks verloor die Rugbykampioenskap en vat die vloek wat daarmee saamloop, weg van die span. Ons sal die ware All Blacks in die Wêreldbeker sien. – John Nelson

Meer oor:  My Stem  |  Sms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.