Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy?
Nicholas Ninow

Die paartjie wat Amy’Leigh na veiligheid geabba het, behoort ’n medalje te kry! Wat as dit opportuniste was? – Ouma Liz, Pretoria-Oos

Ai tog, dis hartverskeurend om die pa van Tharina Human so te sien. Die empatie van Amy’Leigh se oupa is wonderlik. Dis sulke goeie mense en hulle moet nou deur dié tragedie gaan. My hart bloei vir albei families. – Therina Schreuder

Ek kan glad nie insien waarom Tharina se pa die media te woord staan nie. Hy was tog nie betrokke nie en kan dus nie om verskoning vra nie. – Theo Vorster

Daai oom is ’n yster! Ek salueer jou, Riaan Botha! – Jae Kae

En dis hoe liefde behoort te lyk. Met soveel mense wat seergekry het, is dit waaragtig nie Botha se skuld wat sy dogter gedoen het nie. – Jan Smit

Ja, ons maak ons kinders goed groot, maar kan nie voorspel wat in die toekoms gaan gebeur nie. – Magriet Lewis

Mnr. Lesufi, u teenwoordigheid by die hof en u ondersteuning vir die slagoffers spreek boekdele! – Lukie Carelsen

Niemand kan sê Panyaza Lesufi het nie ’n sigbare teenwoordigheid nie. Pres. Cyril Ramaphosa kan iets by hom leer. – Marie Kritzinger

Nicholas Ninow: Wanneer dwelms jou kop laat uithaak, veroorsaak dit so baie skade aan baie mense. My hart ween oor daardie donker dag in Silverton. – Walter Marasas

Dit is skokkend, absoluut skokkend, dat skoolseuns seksistiese aanmerkings teenoor skoolmeisies kon maak in verlede week se protesoptog. Daar sal daadwerklik opgetree moet word in van die ouerhuis tot in die parlement. – Gabby

Die president en die ANC laat my dink aan ’n hond wat ’n voertuig jaag en as hy hom vang, weet hy nie wat om met hom te doen nie. – Jan

Bokke wen harte.

Ons land brand! Daar moet asseblief nou baie dringend iets daaraan gedoen word. – Martie, Heidelberg

Die land se leiers kan nie betogers vasvat nie en stel kommissies aan wat niks beteken nie en net belastinggeld mors. Die land kan net gered word deur van hierdie leiers ontslae te raak en ware leiers aan te stel. – Oom Bez

Bheki Cele moet dalk meer tyd op kantoor deurbring en sy werk doen eerder as om ’n celebrity te wees by al wat ’n debakel is. – Louis, Constantia

So lank as wat die ANC Robert Mugabe as “broer en kameraad” loof en as rolmodel voorhou, so lank het Suid-Afrika onder die ANC-regering geen toekoms nie. – Hans Retief, Pretoria

Die Suid-Afrikaanse parlement is vir my sirkusgehalte, maar die Britte is besig om ons te oortref. – Joe

Savanna en Hendrik, die paartjie wat Amy’Leigh gevind het.

Grasperke, swembaddens en gholfbane doen die land groter skade aan as die onlangse onluste. – Jan Nel, Centurion

Dis ’n skande hoe sleg dit gaan met die Transnet-pensioentrekkers. Wat is die probleem dat dit poer-poer gaan met die agterstallige geld wat nie uitbetaal word nie? – Oppies, Potchefstroom

“Skaam-vriendelik” is ’n baie goeie beskrywing van hoe ek as rugbyliefhebber altyd vir Chester Williams in die media gesien het. ’n Rolmodel vir die jonger geslag. – Mart

Die Bokke se eerste wedstryd teen die wêreld se beste sal bepalend wees. Ek bly optimisties en glo hulle bring die beker huis toe. – PJ van Vanrhynsdorp

Bokke verower harte in Japan: Ja, maar terwyl julle flikflooi vir ondersteuning, oefen die All Black-span dalk een stryk deur. Wakker loop, kêrels, en gebruik die tyd om maksimaal te slyp. Ons harte is groen. Bring hom huis toe! – MH

Bheki Cele

Die een sterk punt van Suid-Afrikaners is dat hulle met diversiteit kan werk. En respek vir kultuurverskille gaan die spanne hero of zero laat wees in Japan. – George Rex

Kan Rassie Erasmus sy nonsens los om aan Faf de Klerk voor te sê hoe om rugby te speel. Weg is die opwindende, vreeslose speler danksy Erasmus se rigiede afrigting. – Mieke, Florida

As ’n Cheetah-speler Springbok-kleure wil verwerf, sal hy Superrugby vir ’n ander span moet gaan speel. Pro14-wedstryde vind nooit teen ’n Suid-Afrikaanse span plaas sodat spelers vergelyk kan word nie. – Johan, Letsitele

Met al die droewigheid in onse land wil ek vir Lui maar op, Belinda sê dankie vir julle wat ons so lekker laat lag. Julle kan! – TV-kyker

Ek wil baie graag Voetspore kyk, maar dit bots met e-nuus en Binnelanders. Kan Voetspore nie iewers herhaal word nie? – Joni, Wollies

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.