Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy?
Chester Williams

Chester Williams was en is ’n groot gees in Suid-Afrikaanse rugby en andersins. Sy dood op ’n jong ouderdom is ’n verlies en dit wys net hoe broos ons mensies hier op aarde is. Ek vertrou hy was ’n kind van die Here – sy lewe getuig daarvan. Sterkte vir sy naastes! – Chris Joubert

Ninow-saak: Ek kan my nie indink waardeur hierdie kind en ma gaan nie. ’n Hofsaak het my lanklaas so ontstel soos dié een. Ek is so kwaad oor wat gebeur het met die meisie en met duisende ander kinders en vroue, want dit laat my absoluut magteloos voel. – Elana van Z

Hlaudi Motsoeneng se getuienis is vermaaklik en hy speel die Zondo-kommissie van ondersoek soos ’n viool. – Johann L, Montana

Hlaudi Motsoeneng is besig om te ploeg met die staatskapingskommissie. Die advokaat wat die getuienis lewer, is nie opgewasse teen hom nie. Die voorsitter lag vir sy grappies, stem telkens saam met wat hy sê en lê selfs vir Motsoeneng woorde in die mond. – Pieter

Hierdie ou is baie snaakser as Trevor Noah! – Ray Bosman

Motsoeneng en Malema is voëls van eenderse vere. Hulle dink hulle weet, maar hulle weet nie dat hulle nie weet nie. – Piet Roodt

Julius Malema moet aangekla word van die afvuur van ’n wapen in die openbaar, asook van die onwettige besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen. – GCRW, Sandton

Wat noem mense dit nou? Is dit nou Julius Malema se “black VBS monopoly capital”? – Kobus

Ons gaan nog lang trane huil in hierdie land die dag wanneer Julius Malema die president word – en hy kan nie wag om sy dag te hê nie. – Ben Wait

Ace Magashule

Ace Magashule, ANC-sekretaris-generaal, trek tou teen die president. Wie gaan wen? Die binnegevegte is sleg vir die land. Pres. Cyril Rama-phosa sal net wen as hy sterk begin optree. – Boeta

Het ons president al gehoor van ’n noodtoestand? Pres. Cyril Ramaphosa, dit is iets wat jy afkondig as jou land aan die brand is. Dan klim jy in met alle mag tot jou beskikking en maak skoon. Is die tyd nie nou dalk ryp vir ’n noodtoestand nie? – Thinus du Toit van Midrand

Al wat pres. Cyril Ramaphosa oor xenofobie hoef te sê, is wat Barack Obama destyds gesê het: “Hooliganism and looters.” Einde van storie. – Leser

“Nou raak ons onregeerbaar” (Amanda Gouws, 10.09): Die inhoud en einddoel van Julius Malema se propaganda is onregeerbaarheid. Nigrini

“Is vuil politiek nou die norm?” (Christo van der Rheede, 11.09). Vir seker. Sabotasie deur die EFF, want dis hoe hy sy stembasis versterk. Die Zuma-faksie saboteer sy eie party om pres. Cyril Ramaphosa in ’n swak lig te stel. Opstande is slegs ’n rede om wettig te steel. – Stel

Ek sal graag wil weet hoeveel pensioen oudpres. Jacob Zuma ontvang het toe hy uitgetree het en hoeveel hy en sy klomp vroue elke maand kry. Waar is al die geld wat hy en sy seun van die Guptas gekry het? Wanneer gebeur iets met hulle? – Alf

Nkandla, Nkandla, Nkandla. Hê, hê, hê. – Ockert, Alberton

Arme Panyaza Lesufi wil die lyk wees op elke begrafnis. Afrikaans is nou goed genoeg vir sy politieke beeld. – Gawie Mare, Montana, Pretoria

I

Barack Obama

s dit Rassie wat vir Faf voorsê? Hoekom speel Herschel Jantjies ’n gans ander soort opwindende spel? – George, Gauteng

Volgens kundiges sal die eerste aardbewing Japan op Saterdag 21 September tref. Die aardskudding sal die ergste by Jokohama gevoel word. – Joe

Waar’s die dae toe rugbyspelers hul kouse tot onder die knie opgetrek het? Dit lyk tog soveel beter as daai sokkies wat op ’n speler se enkels sit. Maak ons trots, manne, en lyk net eenvormig en spiekeries. – Kerneels, Bethal

Die mooiste deel van die Cheetah-senter wat wentrui dae lank dra, is dat hy die trui Sondag vir kerkklere verruil het. Wat ’n pragtige getuienis en rolmodel vir ons jeug! Dankie, Benhard Janse van Rensburg. – George, Eldoraigne

Ek is baie lief vir die Leeus, jammer vir die twee wat weggaan. – Chinky, Benoni

Liewe wêreld, Jan Olwagen, ons land brand en jy en ander bekommer julle oor sport. Kommerwekkend. – Alta

Mag Alles Malan aanhou tot in lengte van dae. – Tannie Marie

Jan, HBF sê as jy nie van Voetspore hou nie, “skakel oor na ’n ander program”. My ou, daar is niks anders op die SABC om te kyk nie! Ek het ook gedink daar sal iets wees om te kyk, maar ek haal maar iets anders uit om te lees. – Riëtte Kok, Centurion

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.