Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy?
Seun Diphoko

Baie dankie vir die mooi en inspirerende storie van Seun Diphoko en sy pragtige draadkarre. Ek wens hom alle voorspoed toe en mag iemand hom raaksien. Hy is ’n ware entrepreneur. – Es, Jhb

’n Draadkar is ’n draadkar en nie ’n kar met panele nie. – Robert Laurie

Ek lees met gemengde gevoelens die berig oor die Etzebeth-geval. Geen gevolg vir Malema se uitsprake van maande gelede nie. Etzebeth moet summier binne dae pa staan? Dubbele standaarde, MRK. – Linda

Gee die MRK asseblief ’n weeklikse verslag­kolom in Beeld. Sy kommunikasietempo moet verhoog. Iets gebeur darem seker in ’n volle week om verslag oor te doen. Anders sal sy etiket van bevooroordeeldheid nooit by baie Suid-Afrikaners verander nie. Kom, MRK, maak skoon jou naam. – Kiewiet Botha

Die MRK beweer die leiers van die EFF en BLF gaan vervolg word weens beweerde rassistiese uitlatings teen wit mense. My mening is dat dit nie sommer gaan gebeur nie en indien dit wel sou gebeur, die bevindings redelik afgewater sal wees. – Dieter, Pretoria

Die Menseregtekommissie is met ’n vlieëvangproses besig waar van rugbyspelers tot teoloë betrokke is. Hoe het ons hier beland? – Jan, Krugersdorp

Hoekom is die Etzebeth-saak so dringend? Vir Malema, Mngxitama en Masuku word daar gewag op ’n hofdatum, hofstukke en hofuitsprake. Laat ’n mens dink, nè! – Nita van Boksburg

Sasha

Die NGK het weer ds. Nelis Janse van Rensburg as moderator verkies. Dit is ’n aanduiding dat die NGK nie van koers sal verander nie. Intussen word die man wat die waarheid praat, dr. Chris van Wyk, uit die algemene sinode uitgesluit en voor die Menseregtekommissie weens haat­spraak gekruisig. – Somerset Morkel, Pretoria

Lionsrock, wees baie lief vir Sasha met die drie bene. Ons Lulu het ook drie bene en dis asof dié diere se harte oorvol is van liefde vir almal om hulle. Leer haar om jul waghond-jagluiperd te wees. – Brenda, Mpumalanga

Madonsela sê Duduzane het gestaan en lieg. Sy lyftaal het dit ook gewys. Hy het ongemaklik gelyk wanneer sekere vrae aan hom gestel is. Hy het self erken dat hy met die Guptas deurmekaar was. Hulle moes dat hy ’n leuenverklikkertoets doen. – Luke

Dawie Jacobs se persepsie van pres. Donald Trump is verwronge. Wie het hom gebreinspoel, Hillary of Obama? – Mariana van Pretoriuspark

Ek wonder waar woon Dudu Myeni deesdae dat sy dit nie kan bekostig om na Pretoria te reis nie? Nkandla miskien? – Andrew

As Helen Zille nou haar tweede asem gekry het, mag sy dalk net die regte medisyne vir die DA wees. – Hans Retief, Pretoria

Mnr. Mboweni, dra jou skoene en wys aan almal dat wie sy eie waarde ken, hoef hom nie met ander se naam te klee om iets te wees nie. – Petra

Duduzane Zuma

Nadat lyfstraf verdwyn het in skole, is daar ook nie meer respek vir onderwysers nie. – Winston Vetseun

Dit is maklik om te vergelyk. Die dissipline in skole en die samelewing en vlakke van geweld tydens lyfstraf en daarna. Kyk sommer na gister se skêrmoord ook. – Marius Smit, Krugersdorp

My kinders het nooit pak slae gekry nie. Hulle het met reëls en vaste strukture grootgeword, goed gedoen in die skool, en vandag is hule gebalanseerde jong mense. Dit het vir ons gewerk. Sterkte vir die wat nog groen koring op die land het. – Cobus Grobler

Onwettige tuin- en huisvullis uit die woongebiede rondom ons word gestort in die ou SANW-begraafplaas – vullis wat teen betaling weggery word. Die weermag sê bel die metro en die metro sê bel die weermag. Kom kyk en vergewis julle van hoe ’n historiese plek ten gronde gaan. – Inwoner, Valhalla

James Small

Drie veranderings in die A-span van die Bokke en daar’s hoop vir ons. Speel Cheslin op heelagter, dan het hy nog meer spasie vir sy aanvalle. Willie is nie op vorm nie. Speel Nkozi op vleuel. Jantjies op skrumskakel in Faf se plek. En Francois Louw op flank in Siya se plek, wat nooit eens moes saamgegaan het nie. – Bakkies

As ’n groot rugbyondersteuner het ek baie respek vir alle spelers, insluitend oorlede Chester Williams en James Small. Williams is vereer in die Wêreldbeker, kan ons dieselfde nog verwag van Small? – Gert, Kempton Park

Makazole Mapimpi-video: Dit raak nou belaglik. Wie probeer so hard onmin en verdeeldheid saai? – S.V. Camara

Kokkedoor het regtig van die mooiste kameraskote en fotografie. Ek wens ek kon met elke episode in daardie ateljee staan. – Ronel Swanepoel

Meer oor:  My Stem  |  Sms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.