Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy?
NGK-logo

Wat die NGK se besluit oor gays betref, is ek dankbaar die algemene sinode het die lig gesien. – Daniel Bredenkamp

NGK: Ek het gedink gay mense was nog altyd menswaardig. As kerk behoort hulle beter te weet as om nou met hulle menslike bevestiging te kom. Die feit dat alle mense na God se beeld geskape is, moes dit lank gelede al weggegee het. – C. du Plessis

Die NGK dryf al verder van Christus en Sy Woord weg. Word hy dalk nou die NG Klub? – Faniekanie

Ons eenheid en identiteit is net in Christus te vind. Dankie prof. Malan Nel. – Mike Heaney

Die NGK is soos die DA in die moeilikheid. Om alles vir almal te wees is nie altyd moontlik nie. Die Gaums het nou hul sin gekry en hulle moet nou pasop dat hulle nie andersdenkendes wat nie met hul saamstem, liefdeloos behandel nie. – Lily Roberts

Lees net die Bybel. God het self stede verwoes oor homoseksualisme. – Grey, Secunda

As ek kyk na die vieslike opmerkings deur sogenaamde dominees oor hul vroulike eweknieë, wil ek net sê: Sies! Wat gaan Jesus van julle sê? Julle moet die herders vir die gemeente wees? – Geskok

Cobus Reinach

Die MRK se woordvoerder wat veroordelende uitsprake oor die Etzebeth-sage gelewer het, beskou homself seker as regter oor sake, veral vanaf die een kant. Uiters onprofessioneel. – Amelia, Pretoria

Vat so, adv. Buang Jones! – Adv, Pretoria

Hoekom kan Eskom nie ’n hofbevel kry wat verbruikers toelaat om hul kragrekeninge direk aan Eskom te betaal nie? – Johan, Letsitele

Zuma junior nou ’n slagoffer? Ja, van sy eie getuienis. – Shaun

Zuma jr. was die enigste eerlike getuie voor die Zondo-kommissie. Die ander wat na hom verwys het, het almal gelieg. – Dries, Meyerspark

Duduzane, moenie jouself oorskat deur jouself die “face of corruption” te noem nie, jou pa is. – Nic

Dudu Myeni sal nooit opdaag vir die SAL-saak nie. Dit Dudu te lekker by die brandpoel in Nskandla! – Snorkie

Respek vir jou ouers, onderwysers, medemens, ensovoorts moet reeds van kleins af aan kinders geleer word. Die feit dat daar nie meer lyfstraf in skole toegepas word nie, het niks met respek vir die onderwyser te doen nie. Buig die boompie terwyl hy nog jonk is.– Wilma, Witbank

Prof. Michael le Cordeur, gebruik jou sabbatsverlof en gaan hou skool in een van die probleemskole en sien wat gebeur. – Prof. Steyn, Pretoria

Duduzane Zuma

Ek het ’n baie hoë dunk van prof. Michael le Cordeur, maar sy stelling dat lyfstraf in die argief hoort, is heeltemal misplaas. Hoort Christelike Bybels dan ook in museums? – Deon Bekker

Verstommend hoe mense al hul kragte en energie gebruik om gelykheid te bekom. Geniet liewer jou kort lewe hier op aarde, wat vinnig verby is. Alle mense wat gelewe het, nou lewe en nog gaan lewe is gelyk wanneer jy sterf en dit is ewig. Ons is almal sandkorreltjies vir ’n baie klein rukkie. Maak die meeste van jou kort reis en geniet dit. – Bets, Roodepoort

Kinders wat moord pleeg op kinders. Waar het ons pragtige nasie sy siel verloor? By ons wetgewing of tuis? – Chrissie, Florida

Cobus Reinach en RG Snyman se vyfstervertoning in die Springbokke se wedstryd teen Kanada moet gemeet word aan Kanada se swak verdediging. Hulle moes nooit eens om die Wêreldbeker meegeding het nie. – Ben Wait

Bokke se beste nr. 9 is definitief Cobus Reinach. Sy “veldaf skoppe” is baie naby aan presies en sy lynskoppe van die grond af het vaart en is akkuraat. Sy X-faktor is sy spoed met bal in hand, asook sy vinnige reaksies om skoon te maak tussen die losskrums. Herschel Jantjies het die X-faktor as impakspeler. – Reinhardt van Niekerk, Pta

Michael le Cordeur

Faf de Klerk is 200% beter as Cobus Reinach! Ha ha ha Rassie skrik, al is dit net wakker! – Louis, Pretoria

Ek stem 100% saam met Bakkies. Siya hoort nie in die span nie en moes nie saamgegaan het nie. Francois Louw is die beter opsie op nr. 6. Willie se spelpeil is nie waffers nie, en Kolbe is die antwoord op heelagter. Herschel moet nou die nr. 1-skrumskakel wees, met Reinach nr. 2. Faf skop te veel balbesit weg. Só sal ons ’n beter kans staan om die Wêreldbeker te wen. Sterkte, Bokke. – Tommy, Florauna

Die Ierse toetsskeidsregter Owen Doyle praat strooi. Die Franse skeidsregter Romain Poite het in een Wêreldbekerwedstryd twee strafskoppe toegeken vir ’n skewe ingooi by ’n skrum. Toe het daar nie ’n Jaco Peyper-storm om sy kop losgebars nie. – JoeD

Schalk Brits is die mees beleefde speler van die Wêreldbeker-toernooi. Selfs baljoggies word ordentlik bedank. – Amanda Basson

Meer oor:  My Stem  |  Sms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.