Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy?
Prof. Jansen

Hoekom die SAL ondersteun? Die ANC het nou nog nie Dudu Myeni vervolg vir die diefstal van miljoene rande nie. Nee, Pravin, ek glo jou ook nie meer nie. – Robert, Boksburg

Pravin Gor­dhan beroep hom op ons “kollektiewe verantwoordelikheid” om die SAL te ondersteun. Watter kommunistiese en sosialistiese onsin is dit nie! Ons sal steun wie ons wil. – Philip, Potchefstroom

Pravin Gordhan, ek “ondersteun” al jare lank die SAL “kollektief” met my belastinggeld. Nou wag ek vir my kaartjies! – G. Liebenberg

Drastiese herstrukturering by die SAL: Die teemaker word afgedank. – Eli, eMalahleni

Selfoonnetwerke steel gebruikers se geld. Hoekom moet die sender van ’n foto vir data betaal, asook die ontvanger daarvan? – Johan, Letsitele

Die vraag ontstaan hoekom slegs MTN en Vodacom toegelaat word om dienste teen kosprys te koop. – Johan, Linden

Glynnis Breytenbach ontbloot die gebrekkige regskennis van pres. Cyril Ramaphosa en Ronald Lamola, wat so ewe die strafreg wysig deur die byvoeging van dwangarbeid en oorweging van die doodstraf. Dis tragies dat die nasionale vervolgingsgesag Breytenbach en Gerrie Nel se kennis ontbeer. – Jan, Krugersdorp

J

JB Strydom is byMenlyn Maine doodgeskiet.

ohann Rupert waarsku nasionale gesondheidsversekering gaan ’n fiasko vir Suid-Afrika wees – katastrofaal. Beter kan geen mens dit opsom nie! – Yerbua, Pretoria

As die regering dink dat hy die voorgestelde NGV self suksesvol sal kan bestuur en dat hy die vermoë, kapasiteit en integriteit daarvoor het, moet ons baie bekommerd begin raak oor die land. – Deon Hoon

Dis tog ooglopend wie die meeste by die treinbrande baat vind: die taxibedryf en nié die veiligheidsbedryf nie, Fikile Mbalula. Iemand word betaal om dit te doen! – Bets, Modimolle

Ben van Centurion, ek hoop jy het gister op Beeld se voorblad gesien hoe “trigger happy” Suid-Afrika se vuurwapeneienaars kan wees en hoe onbevoeg die polisie met die verantwoordelike uitreiking van vuurwapenlisensies is. Ek steun algehele ontwapening onvoorwaardelik. In Alberton is die doodskiet van mense byna alledaags. Hoekom moet ons langer daarmee saamleef? – Deon Bekker, Alberton

Ek het deur die jare baie met prof. Jonathan Jansen te doen gehad op akademiese gebied. Ek het hom nog altyd as beterweterig met ’n grootheidswaan ervaar, selfs teenoor ander professore. Hy kon ongelukkig nog nooit die bagasie van die verlede afskud nie. – Net ’n gewone professor, Pretoria

Kan jy glo oumense word met rioolvuil oorstroom en dan ontken die munisipale raad dit? Ja, dit kan maar net in Mookgophong gebeur. – Stoffel van Naboomspruit

Besorgde dogter, Benoni, ek begin al hoe meer die gevoel kry die enigste manier waarop goed reggemaak gaan word, is wanneer ons opstaan, saamstaan en self die probleem begin aanpak en regmaak. – Hester, Pretoria

Hier in Potchefstroom het van die apteke van plastieksakke na papiersakke oorgeskakel. ’n Paar restaurante het ook die plastiekstrooitjies deur kartonstrooitjies vervang. As almal saamwerk, gaan die plastiekmonster oorwin word. – Oppies, Potchefstroom

JB Strydom is byMenlyn Maine doodgeskiet.

“Suid-Afrikaanse krieket kan binne twee jaar ineenstort”: Dit lyk my Krieket Suid-Afrika word deur ’n persoon beheer vir wie hulle “Thabang” is om hul mond oop te maak. – Martin Bekker

Oopkop-AB se destydse koebaai uit Suid-Afrikaanse krieket blyk al hoe meer ’n wyse besluit te wees. – Joe Hall

Ek het nog altyd gesê Suid-Afrikaanse krieket het hardegat oudspelers in die afrigtingskorps nodig – iemand soos wyle Clive Rice. Tans kan Ray Jennings maar enige tyd weer nader geroep word. – JH Kirchner

SA krieket kan binne twee jaar ineenstort, het ’n baadjiedraer gesê.

Eric Simons sal ’n uitstekende aanstelling wees. – Pieter van Staden

Hoe het Thabang Moroe die pos sonder ’n krieketagtergrond bekom? – Manie Wilken

Voeg Krieket Suid-Afrika by die ellelange lys van absolute mislukkings. – Bastiaan Vermooten

Oor boer Hentie se “regte” naam: Een van my vriende se pa was ’n harde man. Eers toe hy in gr. 1 kom, vind hy uit sy naam is Johan en nie Bliksem nie. – George, Fairland

SA krieket kan binne twee jaar ineenstort, het ’n baadjiedraer gesê.

Nou is Louis die Laeveldleeu se Wim Bosman oorlede in Wolmaransstad se ouetehuis en ek woon ook hier. Nooit geweet Louis word weekliks hier gebore nie. Bye, Louis. – Leser

SA krieket kan binne twee jaar ineenstort, het ’n baadjiedraer gesê.

Wim Bosman, rus in vrede. Dankie vir jare se genot. – Altha Saayman, Lynnwood

Wat ’n kragtoer was Die vreemdeling op e.tv! Dankie aan elkeen wat dit moontlik gemaak het om die bekroonde telenovela in Afrikaans te beleef. Die vertaling, oorklanking en stem-akteurs was briljant. – Anneli van Rooyen, Pretoria

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.