Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy?
Julius Malema

Dr. Richard Maponya was blykbaar baie ryk. Ek kan nie sien hoekom miljoene rande se belastinggeld op ’n staatsbegrafnis uitgegee moet word nie. Daar is duisende kinders wat môre nie plek in skole het nie. Hoekom is daardie geld nie gebruik om ’n skool te bou wat na hom genoem word nie? – Eli, eMalahleni

Jacob Zuma is so min siek as wat my hond siek is. Hy weet hulle gaan hom kou oor sy korrupsie voor die Zondo-kommissie. – Krappie

Servette! Servette?! Patricia, roep die polisie. – Leser S

Wat is dit dat mense nie Eskom se daaglikse mediaverklaring begryp nie? Daar is geen ekstra krag beskikbaar om behoorlike instandhouding te doen nie! – JohanP

Toe fase-6-beurtkrag ons land tref, was die ANC vinnig om te skree “sabotasie”. Meneer die president, jy moet oppas: Die oorlogwapens wat gesteel is, dui op ’n staatsgreep. Jy en jou party is op dun ys. – Jan, Annlin

Die woordeboek sê ’n bonus is ’n “ekstra toegif of uitkering of ekstra dividend”. Die werkgewer moet dus winsgewend funksioneer om ’n bonus uit te betaal. Voldoen Eskom daaraan? – Eben de J

Die ANC-regering wil hulp gee aan boere deur boorgate te sink. Wie van hul makkers wat die kontrakte gaan kry, gaan weer hulself help met die geld? Watter boere gaan op die ou einde die boorgate kry? Voer word ook benodig om die vee te red. – Annie, Boksburg

Richard Maponya

Pieter Labuschagne, die ANC steur hom aan geen opposisie nie, ongeag sy persentasie steun. Met baie groter steun kon die DA nie hond haaraf maak nie. – Freek, Mookgophong

Juliaaas, hou op om tantrums te gooi as ons jou ignoreer en dan gedra jy jou soos die 16-jarige laaitie wat ons ken. – Amanda, Centurion

Daar is onlangs 24 waens­ van die Shosholoza Meyl van R90 miljoen in Bloemfontein aan die brand gesteek en daar is nou weer berig oor wydverspreide kabeldiefstal en die beskadiging van spoorweginfrastruktuur. Met al die diefstal, vandalisme en gewelddadigheid is Suid-Afrika vir my soos ’n steierende bokser wat telkens teen die planke geslaan word. Ek weet net nie hoeveel keer die brawe vegter nog die gebruiklike tien tellings sal kan oorleef om die geveg voort te sit nie. – Daan, Linden

Aan die gesin van Ruan van Heerden: Sterkte in hierdie uiters moeilike tyd. Ek weet hoe dit voel met ’n geliefde kind en dwelmmisbruik. Mag daar genade en uitkoms vir julle wees. – Altha, Lynnwood, Pretoria

Die Van Heerden-saak: Die ouderdomsperk moes nooit van 21 tot 18 verlaag gewees het nie! Nog nie volwasse genoeg om alkohol te gebruik nie en die gebruik daarvan is betrokke. Hart gaan uit na sy ouers en familie. – Wilma, Middelburg

Dit is nie nodig dat die stadsraad geld aan spoedbrekers in Eldoraigne en Wierdapark mors nie, aangesien daar genoeg slaggate is wat ons dwing om stadig te ry. – VCM, Centurion

As voormalige distrikskommandant in die SAP in die 1980’s ken ek die pad tussen Vryheid en Dundee goed. Storie in Beeld (10.01) deur JDS van Vryheid oor ses weke se skrikwekkende pligsversuim gryp aan die hart. Dié versuim het die tragiese gevolg van twee noodlottige ongelukke. Duidelike voorbeeld van aanspreeklikheid ingevolge strafreg. – Dirk, Honeydew

Dorette Potgieter

Prins Harry is streng gesproke nie van die adelstand nie. – Jvandeventer

Meghan, as jy regtig so lief is vir Harry en Archie­, sal jy nie Kanada toe vlug en jou man agterlaat nie. Kan Harry nie sien jy wil die broek dra nie? Harry en William was baie na aan mekaar, nou kom breek jy die band tussen hulle. – Irene

Ja, asseblief, ons het rede om kwaad te wees. Maar hou op stres. Wat in 20 jaar verbrou is, kan nie gou reggestel word nie. Pas aan, laat ons almal geduldig wees. – Martie

Ai, Ivor, ek geniet jou rubriek altyd baie. Al is daar hartseer in, deurvleg jy dit altyd met goeie humor wat ’n mens se dag sommer ophelder. Doe’ so voort. – Ben, Middelburg

Erik Holm, dankie vir die oopkap van insig oor fraktale. Ons ken nou net ten dele, maar besef ook die kompleksiteit wat daarmee gepaardgaan. Belangrike pitkos. – JT, Vaal

June Spies (Dorette Potgieter) loer in Binnelanders die meeste by “Wolfie” (Quinton) in. René kan gerus haar ma met valkoë dophou. – Joe

Ek het ’n plan: Schalk Bezuidenhout kan die nuwe­ Boer soek ’n man-program aanbied en dan kan daar ’n nuwe vroueaanbieder, iemand soos Nadia Velvekens­, wees vir Boer soek ’n vrou. – MvP

Boer soek ’n vrou: Asseblief, gee ons iemand met ’n vars, nuwe voorkoms en aanbiedingstyl. – Kyker, Roodepoort

Sannieshof se 1970-matrieks hou hul 50-jaar- reünie op 15 en 16 Augustus. Stuur besonder-hede aan Toeks by 082 503 3709 of Nelie by 072 186 1444. – Susan de Villiers, Biesiesvlei

Meer oor:  Mystem  |  Brief  |  Sms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.