
Panyaza Lesufi
Parktown Boys’ High: Hoe hou jy kamp en jy hou nie ’n presensielys nie? Strafbare manslag, ek weet nie wie aangekla moet word nie? Skoolhoof? LUR of minister? Maar die feit staan dit is strafbare manslag. – Magdel de Klerk, Modimolle
Oriënteringskampe is niks minder as ’n vorm van ontgroening nie. Dit is ’n euwel wat uitgeroei moet word. Hierdie kamp is deur Panyaza Lesufi se departement goedgekeur en hy moet pa staan daarvoor. Miljoene rande sal nooit ’n ma se gebroke hart heel nie. Om dit af te maak as ’n ongelukkige voorval maak dit soveel erger. Verbied kampe eens en vir altyd. – Deon Bekker, Alberton
Gesoek: ’n Foto van oralsman Panyaza Lesufi wat by ’n skool in aanbou staan. – FjP, Pretoria
Stem saam met Barnard Beukman se rubriek (19.01). Pres. Ramaphosa is ’n goeie ou, maar besluiteloos. Hy moet onthou “nice guys come second”. – Oppies, Potchefstroom
ANC, hou op met begrafnisse, doellose vergaderings, etes en feesvieringe. Wat van Eskom, die SAL en Denel? Land is in skaakmat – doen iets daaraan. – N. Botha, Kokanje
Prof. Christo Viljoen (19.01) vra of dit eties en moreel reg is om onbemande tuie te gebruik om oorlog te voer. Vraag is: Wat van oorlog is eties en moreel regverdigbaar? – Charl Heymans, Naboomspruit
Die bevel aan die polisielede by die begrafnis was verwarrend. Dié aan die duskant van die graf moes links draai, dié aan die oorkant regs. Van die oorkantstes het ’n bevel verwag om regs te draai en kry toe ’n bevel om na links te draai. Die bevelvoerder moet die blaam dra. – John, Bela Bela

Temba Bavuma
Temba Bavuma vir kaptein. Faf du Plessis terug na franchise-krieket. Geskiedenis tel nie meer nie. Swak spel en kapteinskap. – Ben
Wat ’n treurige Sondagmiddag. Ek het beurte gemaak om saggies oor die spelpeil van die Proteas en Bulle te snik. – Joe
Antoinette Louw, die onnie en die gesteelde horlosie (By, 19.01) is die hartroerendste storie ooit. – April, Bela Bela
Douw Steyn, dankie vir jou artikel “Baby boomers gaan nêrens nie” (By, 19.01). Behalwe vir die jaartalle val ek ook, volgens die eienskappe, pens en pootjies in hierdie groep. Nou wag ek net vir 2030 “to make 90 the new 50”. – Elsabé Howard, Benoni
Douw Steyn, ek is in 1946 gebore, volgens jou ’n “baby boomer”. Ek het direk ná skool begin werk, was nooit ’n hippie-aanhanger nie en was in die Suid-Afrikaanse Weermag. Waar kwalifiseer ek? – Ben Jordaan