Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy?
Helen Zille

“Geen genade vir DA”: Dit moenie ’n party vir minderhede word nie. Het Helen Zille vergeet dat dit juis die miskenning van minderhede was wat die DA se ondergang beteken het? – Stel

Weet jy, Helen, hierdie ding van Schweizer-Reneke het my en baie van my Afrikaner-vriende bitterlik seergemaak. Wat ons gesien het, is dat ’n blondekop juffrou op TV vertel hoe word sy verwoes en dan snikkend sê: “Ek is ’n goeie juffrou.” Julle wou haar sien vergaan, maar ’n Afrikaanse organisasie het haar verdedig met alles wat hulle het. – L. de Kock

Liewe Helen, jy begryp dit nog nie. Jy verstaan nie die implikasies daarvan om Luyolo Mphithi te beloon met ’n sitplek in die parlement en ’n salaris van R90 000 per maand nie. Nie ná sy voortydige uitsprake oor die Schweizer-Reneke-debakel nie. – CL

Miskien moet Helen ophou vals rekeninge op Twitter jaag en om nuwe Twitter-woorde te ontwikkel en begin om ’n strategie te bou wat vertroue sal inboesem. – Koos Grové

Helen, jy gaan moet spook om te bewys, daar het baie verlore gegaan. Mense is moeg vir praat, hulle wil sien. Die land se toekoms hang af van ’n sterk opposisieparty. – Ronel Venter

Schweizer is geskiedenis. Dit het gebeur en kan nie reggepraat word nie. Konsentreer eerder daarop om staatskapers soos Julius Malema en Ace Magashule aan die pen te laat ry. Dit sal reeds baie verlore stemme terugwen. – Johan Westraad

D

Steve Hofmeyr
Colson Phelps

aar is geen verskil tussen apartheid en staatskaping nie. Staatskaping beroof net ons land. Maar waarom alles afbrand, daar is nie geld om dit te herbou nie. – Susan Venter, Benoni

Dr. Danny Titus se mislukte staat: Al erken ons dit, gaan dit niks help nie. Die ANC gee nie om nie. – Ook moedeloos, Magalieskruin

Ruan van Heerden en Colson Phelps: Dit is baie hartseer. Sterkte aan die onderskeie families. Staan sterk. Die voorval kon baie erger geëindig het. Dit is nou tyd om hulle vas te vat en hoop die manne leer uit hul foute. – Toit du Tiot

Maak seker ’n mens se kinders is nie by die verkeerde vriende nie. En bly weg van kerklike rehabilitasie. Daar broei onheil uit. – André Jordaan

Ek haal my hoed af vir Colson Phelps se ouers. Ek sou nie by hom gestaan het nie. – Slagoffer

Vasgekeerde skip in Kaapse hawe: Ek het nog altyd gedink Steve Hofmeyr kan ’n storm los sing. – Joe

Aan alle onderwysers en toesighouers: Beveilig leerlinge deur aan hulle nommers toe te ken. Byvoorbeeld: nr. 30 moet ten alle tye na nr. 31 en nr. 29 omsien. – Oudonderwyser

Ouers wat hul kinders tot in die afgrond bederf, is verantwoordelik vir hul bose dade. Geen versagting vir hulle. – Intekenaar, Kempton Park

Dit is vreeslik dat kinders hul ouers so wreedaardig kan doodmaak of aanrand. – Katrien

Hoekom ondersoek die Menseregtekommissie nie die moorde by skole waar kinders afgemaai word deur medeleerlinge nie? – Dirk, Alberton

Fikile Mbalula eis koppe moet rol oor die twee verdrinkings. Wat van honderde wat elke dag sterf op die paaie. Moet sy kop nie eerder rol nie? – LHB, Heidelberg

Eugene Basson se standpunt stem my bitter hartseer. My geloof is al wat my staande hou. Daar is ’n verskil tussen geloof en godsdienstigheid. Laasgenoemde is dalk ’n pistool teen ’n mens se kop, maar geloof is my vangnet en vreugde. – Elmari

Klimaatsverandering: Wie gaan keer en wie is in beheer? Sondagsport is ons ondergang. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen. – Gelowige, Centurion

Charlize Theron

Wat die Proteas nodig het, is ’n positiewe benadering. Ons het nie “eendagwonders” nodig nie, maar ’n span wat as geheel hul lywe op die spel plaas. – James, Pretoria

Charlize Theron wil hemp uittrek: Ai, die agtergrond slaan maar altyd uit. Maak nie saak wie jy is nie. – Hugo van Dyk

Dis jammer dat Suid-Afrikaners altyd so katterig en negatief is met ons sterre. Charlize het darem al ’n Oscar gewen. Leë blikke maak die grootste geraas. – Nic du Toit

Nee wat, Charlize, los maar. Daar is niks wat ons nie al in verskeie flieks gesien het nie. – Blikkies

My pa moet seker een van die individue in die land wees wat al die meeste oorsee gereis het. Hy het die afgelope 30 jaar 73 keer na die buiteland gevlieg en was in die proses in 68 lande. Ek sal graag wil weet of daar andere is wat ook so wel berese is. – Stefan, Pretoria

Insekgeregte is voedsaam en kan smaakvol wees as dit reg gemaak word. Diegene wat kla dit sit tussen hul tande vas, het kos gehad wat verkeerd berei is en het dit verkeerd geëet. Almal is nog dom met die nuutjie, maar dit kom vir ons almal. – Susan, Johannesburg

Meer oor:  Mystem  |  Brief  |  Sms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.