Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy?
FW de Klerk

2 Februarie 1990 (Rooi Vrydag): FW het nie ’n mandaat vir magsoorgawe gehad nie, maar vir magsdeling. – Johan

Vir sy staatsmanskap, moed en durf verdien mnr. De Klerk die eer en erkenning wat hom toekom. – George, Eldoraigne

Ek wens dit wil tot FW de Klerk deurdring dat die probleem deur hul onderhandelingstrategie veroorsaak is. – Geronimo, Pretoria

Ek wonder of FW de Klerk weet hoeveel mense op ’n dag vermoor word in die “nuwe” Suid-Afrika? Hy wil dit seker nie hoor nie, maar dit is ’n bloedbad. – Dirk, Waverley

“Bloed sou vandag in die strate gevloei het.” Dis nie bloed nie, maar rioolvuil. – Neels

André de Ruyter het wel slegte nuus gehad, maar dit is vir ’n slag die waarheid. Nie meer liegstories om die publiek om die bos te lei nie. Solank ons net weet daar is nou spesialiste aan die werk om die foute van die verlede reg te stel, kan ons daarmee saamleef. – Rudie Biela

As ons regtig ernstig is om die kragkrisis te beveg, sal almal moet saamwerk. Hier in ons dorp brand die straatligte dag en nag. Sit die ligte bedags af, asseblief. – Leser, Parys

André de Ruyter

Geluk, De Ruyter! Terug na die basiese is die enigste manier om so ’n probleem reg te stel. Ons moet maar net die ekonomiese pyn hiervan dra. Maar dit kan net ’n sukses wees as veral die toesighouers en bedryfsbestuurders ervare en vaardig is met instandhouding. – Ben Foord

Nee, maggies, nou raak dit te erg! Donderdagnag ’n kragonderbreking van agtuur tot ná eenuur, die volgende oggend vir hoe lank en toe die derde keer tot seker laatnag. Dit is skokkend. Ons is kniediep in ons dinges in! – Sue, Krugersdorp

Moody’s gaan ons afgradeer na rommelstatus omdat Eskom ons tot daar gebring het. Niemand sal met ons sake wil doen nie, behalwe die Chinese. – Luke

In Pretoria-Noord is die paaie vol slaggate en is hulle 25 jaar laas geteer. Dit vat jare om waterlekplekke te herstel. – Jan Lewis, Wolmer

Skielik besef jy selfs twee reuse-sakemanne se geld waarborg nie dat die Bulle goeiegehalterugby speel nie. Verloor sal nog aanvaarbaar wees as hulle net ordentlike rugby speel. Maar helaas. – Joe

Ons krieket sal nie verbeter voordat die huidige kaptein bedank nie. – Jan Brand, Brakpan

Die o.19- nasionale krieketspan is een groot verleentheid. Dit gaan nugtere denke en aksie verg om in die toekoms ’n mededingende span op die veld te kry. Transformasie soos dit nou geskied, werk nie. – Gys, Middelburg

Meer oor:  Mystem  |  Brief  |  Sms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.