Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy?
André de Ruyter

By die oorname van die ANC destyds moes oudpres. FW de Klerk ’n geskrewe ooreenkoms aangegaan het om die mense wat die werk oorge­neem het eers saam met die ou garde te laat werk totdat hulle voldoende opgelei was. – Sue, Krugersdorp

Die enigste alternatief vir 2 Februarie was dat alle wit mense hul goed moes pak en padgee na Perth of elders. – Kobus, Middelburg

FW, jy en jou hele kabinet het ons as NP-lede verraai toe julle Kortbroek as leier gekies en hy oorgeloop het ANC toe! – Hes

Ongeduld neem toe oor pres. Ramaphosa en ekonomie: Hy het seker dié moeilikste taak – om die sinkende skip om te draai. Die drenkelinge . . . kapers, ondermyners van ons land, het die messe uit vir hom. – Maxi Compion

Wanneer sal mense verstaan dat hierdie ou geen towerstaffie het nie? Cyril is nie perfek nie, maar hy is die beste hoop wat ons het. – Eugene Basson

Hoe red jy ’n ekonomie met beurtkrag? – Magda Greyvenstein

Alles dui daarop dat Jacob Zuma toe nié sy dag in die hof wil hê nie. Eweneens is sy bravade dat hy nie bang is om weer tronk toe te gaan nie bloot ’n versinsel. Ek sien spoke van ’n Schabir Shaik. Dit is tien jaar wat hierdie terminale siek man steeds met ons is. – Bertram, Pretoria

Marthinus vanSchalkwyk

Dis tyd dat staatskapers en korrupte politici in die hof verskyn. Wetsgehoorsame belastingbetalers wil sien dat hulle boet. – Moeggewag

Cyril en kie, vergeet van grondonteiening en bestee jul aandag aan elke instelling wat ten gronde gaan. Roei korrupsie en mense wat daarvoor verantwoordelik is uit. – Connie, Pretoria

Die twee gryskoppe van Eskom boesem soveel vertroue in met hul openlikheid dat ek uitsien na beurtkrag. Sal ekstra beurtkrag vir huishoudings voorstaan as die besparings direk na ekonomies produktiewe ondernemings gekanaliseer word. Dis net die aluminiumsmelter se voordelige sewejaarkontrak­ van R30 miljard wat baie pla. – Johann Mills, Equestria­

As die gelukspakkie van R3,5 miljard na Eskom gegaan het, kon ’n deel daarvan gebruik word om oortollige personeel te herontplooi of her op te lei. Die hoofdoel daarmee sou wees om 24/7 “los moere” te soek om vas te draai. – Pieter Booyzen, Elarduspark

Met beurtkrag elke dag of nag ervaar ons die ANC-regering se onbeskryflike onbevoegdheid ten nouste in ons lewe. Dis ’n skreiende skande. – Hans Retief, Pretoria

In dele van Roodepoort is straatligte aan in die dag en af in die nag. Dit help nie om te bel nie – niemand beantwoord die foon nie. – Dot, Rdpt

Straatligte brandhelder oordag.

In my voorstad brand minder as die helfte van die straatligte. Dit verg afslag op fase 2, of hoe? – Piet, Pretoria

Bheki Cele wil my wapen verwyder. As hy dan so sterk voel oor wapens, hoekom het sy wagte wapens? Stel ’n voorbeeld en verwyder alle wapens van ministers se wagte.– JanL, Mookgophong

Wanneer jou motor se lisensie verval, is dit nie nodig om jou motor by die verkeersdepartement in te handig nie. Hoekom moet jy dan jou wapen inhandig as die lisensie verval het? – Louis

Fikile Mbalula (minister van vervoer) meng in alle departemente in. Terwyl hy minister van sport en polisie was, het alles platgeval. Asseblief, skoenmaker, hou jou by jou lees. – rjdu, Magalieskruin

Verstaan nie waarom die vlugtelinge Kaapstad se probleem is om op te los nie. Moet ’n land se regering nie vlugtelinge uit ’n ander land hanteer nie? Jep

In ’n land van sowat 1,4 miljard mense is 362 al dood aan die koronavirus. In Suid-Afrika, met ’n bevolking van 54 miljoen, word sowat 55 mense per dag vermoor. Ek dink jy sal veiliger wees in China. – Mike Angelo

Embrose Papier

China bou binne agt dae ’n hospitaal vir ko­rona-pasiënte, maar in Suid-Afrika neem dit maande om slaggate reg te maak. – Piet Pompies

Johan Lewis, dis nie net Pretoria-Noord wat slaggate het nie. Potchefstroom het honderde, hulle het glo nie geld vir materiaal om dit op te vul nie. – Oppies, Potchefstroom

Die Blitsbokke se B-span het uitstekend gevaar in Sydney! – Hein, Pta

Pote Human, stuur Rosko Specman terug sewesrugby toe. Hy is te lig en gaan seerkry. Begin met Embrose Papier – hy maak die skrums vinnig skoon. – Jan Linde, Eldo

Wat is die rede dat die trio van Jaco Peyper, Marius van der Westhuizen en Egon Seconds Vrydagaand­ in Durban die wedstrydbeamptes vir die Haaie en die Bulle se wedstryd was en minder as 24 uur later diens gedoen het in Kaapstad vir die wedstryd tussen die Hurricanes en die Stormers? Ruik ek dalk ’n rot? Dalk deel van Saru se meesterplan? Kan ons nog glo in integriteit van ons rugbybestuur? – Gert, Kempton Park

Meer oor:  Mystem  |  Brief  |  Sms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.