Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy?
Jacob Zuma

Ek is ’n dokter. As ek ’n sieknota uitreik soos die een op Beeld se voorblad (05.01) vir Jacob Zuma, sou ek binne ’n maand onbetaalde verlof by die Mediese Raad gekry het. Ongelooflik! – Kobus

Die letters HCP op Jacob Zuma se siekverlofvorm staan vir “health care professional”. As die ondertekenaar nie ’n geregistreerde dokter is nie, is die vorm ongeldig en is dit ’n poging tot bedrog. – Louis, Pta

Ek wonder wie betaal die koste van Zuma se vliegtuigritte Kuba toe. Hoop nie dis weer ons belastingbetalers nie. – Oppies, Potchefstroom

Drama oor Zuma se las-/siekbrief. Word almal gelyk voor reg behandel? Ek dink nie so nie. Iemand anders sou dadelik in hegtenis geneem word. – EstelleD

Selfs vir ’n leek lyk Zuma se brief verdag. Waarom nie net op die spoor daarvan terugstap om dit te verifieer nie? Zuma moet besef sy nalatenskap maak dit bitter moeilik om wat hy aanbied as geloofwaardig te aanvaar. – Leser, Pretoria

Die briefskrywers oor Zuma se buitelandse behandeling het die kat aan die stert beet. In die provinsiale hospitale is daar nie beddens, beddegoed, medisyne of Suid-Afrikaans opgeleide dokters of enige bekwame verpleegsters nie. – Maggie, Boksburg

Jacob Zuma: “Seep en ’n stort beskerm my teen siektes” en “Ek soek my dag in die hof”. Nou is hy ’n siek voortvlugtige. Mis ek iets? – Willem, Môregloed

Schabir Shaik

Kan Zuma se regspan verduidelik waarom hy nie in 1 Militêre Hospitaal behandel kan word nie? – Ella

Weens die swak toestand van fasiliteite en veral die teaters by 1 Militêre Hospitaal word geen operasies daar gedoen nie. In elk geval nie op ’n gewese president nie. Indien wel, is dit net klein prosedures. Wie lieg vir wie? – Steyn

Zuma trek ’n Schabir Shaik op ons regsbeamptes. Moenie verbaas wees as hy sê hy kan niks onthou nie. Sy “siekte” sal ook skielik verdwyn as die staat hom kwytskeld vir sy demensie. – Luke

Zuma moet ’n “muza” siekte hê as hy oorsee behandel moet word en nie sy dag in die hof kan kry nie. – Chris

Verstaan ek die brief reg? Niks is in die ruimte vir ’n “leke-diagnose” ingevul nie, want daar was niks om in te vul nie? – Hans Retief, Pretoria

Panyaza Lesufi moet China gaan besoek. Dalk kan hy leer om een skool in ses jaar te bou. Onthou net die masker. Die een waaragter hy moet skuil. – Maggie, Boksburg

Openbare verhore, skriftelike besware, ens. oor die grondkwessie is alles futiel, want die skrif is alreeds aan die muur. – Gert, Villieria

Nic de Wet, ek stem saam met jou, maar onthou dat die RNE steeds in 1999 tot sy einde sou kom. – Marnewickus

Panyaza Lesufi

Daar is sprake dat Cosatu GEPF-geld wil aanwend om Eskom te probeer red. Indien wel, gaan die fontein dadelik opdroog. – B.J.V. Kriel, Potchefstroom

“Amandla, power to the people.” Maar daar is geen krag nie. Bill

Dit is ’n opwindende tyd om te lewe in Suid- Afrika. Daar gebeur soveel interessante dinge en daar is volop geleenthede. – Steyn

Pretorianers kan gerus van potholes@tshwane.gov.za gebruik maak. Ek het verlede week ’n hele paar aangemeld en dit lyk of die meeste herstel is. – Hanno den Boer, Rietvalleirand

Kallie, jy kan vir jare by ’n plek werk en jou alles gee, maar behoede jou as jy aftreeouderdom bereik of te gereeld ongesteld raak. Dan word jy gevra om die pad te vat. – Ina, Pretoria

Oudminister Hendrik Schoeman het destyds in ’n onderonsie oor vlieg gevra: “Wil julle vlieg of wil julle vreet?” Nou vra ek die US se studente: “Wil julle suip en kafoefel of wil julle leer?” Maar jul ouers betaal mos vir jul menings en optrede. – Helena

Quinton de Kock

Dat ’n entomoloog met sy rubriek “Die waarheid het sigself oor en oor bewys” (04.02) nou tot heel boaan my lys van beste artikels in Beeld gespring het, is verstommend. Hoe is dit dan dat die wetenskap van insekte vir Homo sapiens kom vertel hoe die lewe werk? Prof. Erik Holm, waar kan ek jou follow? – Frans, Pretoria

Ek skaar my 100% by Wilhelm Jordaan (“Lees koerant! Jou binnespraak en medeweter”, 05.02). Ek het my daaglikse Beeld nodig soos brood en botter, in my hande. En geen elektroniese weergawe voldoen nie. – Gert McCarthy, Secunda

Uitstekend, Proteas. Julle het tot die arrogante, slim kommentators stil gespeel. – KobusW

Ricky Riccitelli se ooglopende laat duikslag Saterdag op Siya Kolisi was met een doel voor oë: om Kolisi “uit te haal”. ?’n Gepaste straf sal wees dat hy saam met Kolisi op die kantlyn sit totdat laasgenoemde herstel het. – GG, Wonderboom

Aniki Joseph, jou rubrieke is puik. Alles vergaan, maar liefde bly staan. God se liefde is ook vir ewig. – Rina du Preez, Randfontein

Meer oor:  Mystem  |  Brief  |  Sms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.