Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy?
Carl Niehaus

Is daar enigiemand wat Carl Niehaus ernstig opneem? Sy gesange is vals. Hy haak soos ’n vernielde plaat op witmonopoliekapitaal vas. – Danie

Die SAUK verleen gister volle dekking aan die Zuma-ondersteuners met Carl Niehaus as spreker op ’n mediakonferensie. Ek stel geensins belang in sy geteem en opruiende “toesprakie” nie. – Jan, HBF

Al wat pres. Ramaphosa moet doen, is om wyle oudpres. Mandela se beleid te volg. Tans is Rama­phosa van koers af. – Oppies, Potch

Geagte pres. Ramaphosa, onthou, beloftes maak skuld en skuld moet betaal word. As jy nie betaal nie, kry jy ’n swak rekord. – Oom Hennie

Faksies beperk pres. Ramaphosa se beweegruimte. Mooipraatjies gaan die stukkende bus nie laat beweeg nie. Sterker leierskap­ is dringend nodig. – Gifpen

Skielik geen beurtkrag nie. Ek wonder nog oor die wonderbaarlike herstel, toe besef ek dis die staatsrede. – Daleen, Noordwes

Die EFF se probleem met minister Pravin Gordhan het begin by die On Point-tender, die belastingprobleem en die onthulling van VBS Mutual Bank se beweerde plundering wat seermaak. Nou speel hulle die man en nie die bal nie. – M. van Niekerk

Ons ouer garde verwag niks in die staatsrede nie. Soos altyd gaan ons skielik weer onsigbaar word, want alles gaan mos deesdae oor die jeug. Wat hulle vra, kry hulle en hoe meer jy gee, hoe meer wil hulle hê. Vra ek net afslag op my TV-lisensie, word dit geweier. Ons beursies moet oop wees om vir almal se nalatigheid te betaal, maar ons monde moet toe bly. – Ansa

Pravin Gordhan

Leana van Lynnwood Glen en Stefaans van Swellendam: Ons staatsamptenare betaal belasting op ons pensioen, so ons dra ook by, al is dit ’n staatspensioen. Ons kry nie ’n groot verhoging nie en daar is geen byvoordele nie. Daar is van ons pensioengeld gevat vir e-tol en dit was ook ’n gemors. Eskom en die SAL sal nooit winsgewend word nie. Los ons pensioenfonds. Pensioentrekker, Gauteng

Duisende lede van pensioenfondse staan bankvas agter dr. Dirk Hermann en Solida­riteit. Slaan Cosatu vir ’n ses. Gebruik sy lede­ se pensioene om Eskom te finansier. – AI

Zondo-kommissie van ondersoek: Staak die klug. Baie geld reeds vermors. Number One en Ace loop steeds vry rond. – Chris, Dunnottar

Solank ons as ouers en onderwysers prestasiegedrewe eerder as kindgedrewe is, gaan ons kinders emosioneel bly swaarkry en die uitvalsyfer van ons matrieks jaarliks toeneem. – Deon Bekker, Alberton

Ek wonder wie regeer die land, die vakbonde of die regering? – Barry Lottering

Shosholoza Meyl

Hoe beland die Shosholoza Meyl en ’n goederetrein op dieselfde spoor? Beheerstelsels wat buite werking of gesteel is, of mense wat sit en slaap? Carl S

Ek wonder of daar nie die een of ander vloek op dié trein rus nie. Dit is nou al die hoeveelste ongeluk. – Petro Doman

Onbevoegdheid, gebrek aan instandhouding, diefstal van kommunikasietoerusting, ensovoorts. Ek loop liewer voordat ek treinry in Suid-Afrika. – Quartus van Zyl

Pendelaars verdien beter treindienste! Kan nie glo dat treine sedert Desember buite aksie is en niemand doen iets nie. Mense het hul werk verloor in die benarde ekonomie! Bitter min verstaan pendelaars se werklikheid. Nie eens CR se persoonlike ervaring op ’n trein het hom laat optree nie. – Estelle, Pretoria

Poppie Nongena gaan kyk. Absoluut briljante fliek! Hartsnare beslis geroer! – Pauline Bosch

Nina Schumann

Die fliek oor Poppie Nongena verloor sy impak omdat die onderskrifte van vertalings uit Xhosa gans te vinnig kom en gaan. Daar is werklik nie tyd om behoorlik na die beeld te kyk en te lees ook nie. Dis so jammer! – J. Fehrsen, Queenswood, Pretoria

Met al die geswetsery en die uitdeel van strafpunte teen krieketspelers moet ons aanneem dat krieket sy status as ’n “gentleman’s game” verloor het. – James, Pretoria

EK verwys na die artikel “Siekte steel nie spel”(Beeld, 12.02). Prof. Nina Schumann, u is waarlik ’n inspirasie vir almal. Ek moes die artikel klaar lees. U is werklik ’n besonderse mens. Sterkte vir die toekoms en ons hou Beeld dop vir terugvoering oor die konserte. – Susan, Bela-Bela

Die gesprek met Nina Schumann: Dankie, prof. Nina en Christiaan Boonzaier vir die inspirerende verhaal. Ek wens haar sterkte, geluk en voorspoed toe. – Christien Dreyer, Lynnwoodrif

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.