Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy?
Tito Mboweni

Tito Mboweni, belasting gaan Suid-Afrika nie red nie. Skep werk sodat meer mense tot die staatskas bydra. Die ekonomie sal net groei as mense geld het om te bestee. – Danie

Belastingontduiking: Alle­ smouse, dwelmkartelle, onwettige sigaretverkopers en staatskapers wat met kontant werk, betaal nie belasting nie. Die regering moet hulle eerste vasvat. Die wil is nie daar nie. – Ben, Centurion

Is daar in hierdie land ’n rustiger en beleefder ekonoom as prof. Jannie Rossouw? Hy blyk ’n ware heer te wees met sy strikdassie. Ek salueer hom. – Dirk Booysens, Pretoria

Dis die mense op voetsoolvlak wat die meeste ly weens die staat se onvermoë om dienste te lewer. Diegene met koopkrag en toegang tot die ekonomie voel nie die sukkelbestaan van mense onder aan die voedselketting nie. Eugene

Skrap die absurde en korrupte e-tolstelsel eens en vir altyd. Eerlike, gewone Suid-Afrikaners kan dit in elk geval nie bekostig nie. – Willie, Pretoria

Antjie Krog

Die voorstel van Magda Wierzycka dat aftreegeld met 4% belas moet word, is ongegrond. Wag maar totdat sy aftree, dan praat ons weer. Canie

Ag nee, Magda Wierzycka! Wie gaan geld in aftreefondse spaar as die staat dit begin afvat voordat jy dit kan gebruik? Johann

Ai, mense, is daar dan nie een mens wat die moed en durf soos ’n Dawid van ouds het en wat sal opstaan en korrupsie, moord, rassisme en al die ander bose aanslae kan uitroei nie? Ons het eenvoudig net nie die tyd om so stuurman- en rigtingloos aan te karring nie. Haal die slegte appels uit en begin oor. Hoe langer ons watertrap, hoe moeiliker. Pres. Cyril Ramaphosa, dis tyd om te wys of jy dalk daai Dawid kan wees. Nou. – Ynot

Is ’n groot uitdaging, soos waarna pres. Cyril Ramaphosa gereeld verwys, ’n uitdaging as dit deur jou eie onbeholpenheid veroorsaak is? – Eli, eMalahleni

Vanessa Jenkins en Thabo Mahloana, eienaar van die perd.

Ek kan nie help om te wonder nie wat Antjie Krog en kie, wat so skree teen FW de Klerk, anders sou gedoen het om bloedvergieting te voorkom? Het sy saam om die onderhandelingstafel gewroeg? – Stienie, Silver Lakes

Ek stem heelhartig saam met die brief van AJS van Johannesburg. Ons kan jammer sê oor apartheid totdat ons blou is in die gesig, dié wat dit hoor, aanvaar dit glad nie. So hou op om jammer te sê, leef die goeie lewe en wees lief vir mekaar. – Es, Jhb

Jaco Strydom, baie dankie vir jou nugtere siening en kliniese ontleding van veral ons Christene se gedrag en optrede; inderdaad baie stof tot nadenke en selfondersoek vir my en elkeen wat daarna streef om Christus se navolgers te wees. – George, Eldoraigne

Is die kerk nie veronderstel om liefde te toon aan alle mense nie? Ek gaan nou maar eerder kerkloos word en vrede in myself vind. – Annamarie van Pretoria

Suid-Afrika sê hy is gereed vir die Covid-19-virus. Hoe gaan die land dit regkry met vuil hospitale, ’n groot tekort aan verpleegpersoneel en dokters en al die besoedelde water? – Leser, Gauteng

Vandag se nuus: Man vermoor, vrou kaalbas op ’n?perd, meisie op pad skool toe verkrag, gays steeds onwelkom en kom bad jy in my water. By ons, miskien twee bladsye. In byvoorbeeld ’n koerant in Engeland, twee weke se nuus, die totale koerant en minstens 50 bladsye. – GG, Wonderboom

Jaco Strydom

“Leerling (18) verkrag toe sy skool toe stap”. Hoe meer beroepe om geslagsgeweld en mishandeling van vroue en kinders te keer, hoe meer neem dit toe. – Stel

Vrou kaalbas op perd om kankeroorwinning te “vier” (Beeld, 26.02): Vanessa Faarking Jenkins, hoewel sekerlik vir ’n paar mense ’n bietjie ongewoon en vir ander vermaaklik, verstaan ek jou vreugde en hoop ek jy is nou heeltemal gesond! – Katrien H

Ek verskil, daar is ’n tyd en ’n plek vir alles. Sy kon dit in die veld gaan doen het en nie tussen ander mense nie. – M. van Schalkwyk

Sy is pragtig. Vandaar dan seker die soustannies se ontsteltenis. – Suzanne Harris

Kan nogal dink dat daar ’n paar verstikkings was! – Muriel Esterhuysen

Sjoe, mag sy altyd goeie gesondheid geniet. Kanker is ’n pes. – Lizbé Bothma

As ek kanker oorwin, sal ek ook so iets doen. – Etienne Diedericks

Nuwejaarswenk aan Beeld se lesers: Drink jou drankie met ’n strooitjie, soos ek doen wanneer ek daagliks ’n halwe tot brandewyn (streng afgemeet), volgegooi met baie Coke en ys, geniet terwyl ek agteroor sit met my bene op ’n bankie en my Beeld lees. Familie, vriende en vyande vra altyd: Waarom ’n strooitjie? Ek verduidelik: Daar loop nie vloeistof langs jou glas af nie en jy plaas nie jou nekwerwels onder druk nie. Nou ja, tog so logies. – Johan Strydom, Parys

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.