Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy?
Pres. Ramaphosa
Tito Mboweni

Ek hou van die manier waarop ons minister van finansies leierskap toon. Ek staan agter jou, Tito Mboweni. – Michiel Heyns

Die regering kla oor sy kleiner belastinginkomste en die hoë werkloosheidsyfers. Die werkskeppers en belastingbetalers woon nou oorsee weens die ANC se swak regering op alle vlakke.– Leon, Pretoria

Cosatu reg vir veg: Julle het arms gevou terwyl duisende bestuursposte in die staatsdiens geskep is. Onnodig. Ek was daar. Dit kos miljarde. – Gideon

Ek wonder of Carl Niehaus ook uit die begrotingsrede kon aflei hoe sy mentor hierdie land eiehandig vernietig het? Wie weet hoe ons dit ooit gaan herstel. Miskien moet hy so af en toe ook by die Zondo-kommissie inskakel. – James, Pretoria

Waarom is daar nie begroot vir honderde nuwe howe, landdroste en regters om al die staatskapers te verhoor nie? Om nie te praat van ’n klomp appèlhowe om al die apèlle aan te hoor wat gaan volg, asook nuwe hospitale vir al die “siek” aangeklaagdes nie? – Koos, Middelburg

R112 miljard aan Eskom: Nou is beurtkrag hopelik verby, of gaan daar nóg ’n verskoning van Eskom af kom? – Arno, Ermelo

Ben van Centurion, oor belastingontduiking: Het jy vergeet van al die taxi’s in die land? Hulle ry almal teen ’n verlies en vir bestuurders word beslis nie WVF of LBS afgetrek en betaal nie. – Eli, eMalahleni

As Soweto en sekere ander munisipaliteite en staatsdepartemente Eskom R78,4 miljard skuld, is beurtkrag mos eintlik net vir hulle en nie vir dié met geen skuld nie. – Swannie

Tito wil flambojante kerke belas: Lidmate gee bydraes met hul geld wat klaar belas is. As weer belasting gehef word, is dit dubbele belasting. – Johnny Abbot

Mnr. Mboweni, wanneer laas het jy ’n onnie se salaris gesien? Ek verdien maar die helfte van die bedrag wat jy genoem het en werk byna 14 uur per dag daarvoor. – Onnie

Eskom

Die tyd het aangebreek dat apartheid en die Anglo-Boereoorlog begrawe word. Bitterheid keer dat ons as nasie vooruitgang maak en verbeter. – AIN

Ek lees vanoggend die berig oor die Moreletapark-beraad en dink aan woorde wat ek in die afgelope week raakgelees het: “ . . . en toe het ek gewonder of Jesus ons nie dalk ook wil verlos van die kerk nie . . .” – Willem, Centurion

Jaco Strydom verwys na die groot debat van die 1980’s oor of kerkraadslede gewone pakke en ander dasse kerk toe mag dra. Ek is weens twee “sondes” by die ouderlingeraad aangekla: toe ek op ’n Sondag aan ’n ultra-marathon deelgeneem het, en toe ek my (swart) baadjie tydens ’n diens uitgetrek het. – Willem, Centurion

Pres. Cyril Rama­phosa maak hom in sy nuusbrief ook skuldig aan die ANC-strategie van mite-skepping. In 1713 was daar nie ’n uitbreking van masels aan die Kaap nie, maar wel van pokke – ’n hoogs aansteeklike, dodelike virale siekte wat geen grense geken het nie – nie van ras, geslag of stand nie. Hollandse setlaars, slawe en die Khoi-San was almal ewe vatbaar vir die gevolge van dié plaag. Die virus is met besmette materiaal op skepe vanuit die Ooste “ingevoer” en daar was destyds geen mediese kuur daarvoor nie. – Dr. Denis Venter, Die Wilgers

Die lugversorgers in hospitale/geboue sirkuleer net die lug (kieme) in vertrekke. Die versorgers bring geen vars lug na binne nie, vandaar die gereelde voorkoms van septisemie, ens. – Johan, Letsitele

7de Laan

Waarom word Quinton de Kock belas met die kapteinskap terwyl hy reeds die veel­eisende take van paaltjiewagter en staatmakerkolwer moet verrig? – Knerses, Pta

Al weer ’n vernedering. Jammer, Proteas, julle het dit nie. – Henk

Die Proteas moet in “krieketredding” geplaas word. – Deon

Ek stem saam dat Federer ’n gentleman op die tennisbaan is. So ook het Pete Sampras met sy kalm geaardheid beïndruk. – Sue, Krugersdorp

Joshua Bell, die wonderlike Amerikaanse violis, sê in ’n onderhoud hy wil die Roger Federer van violiste wees. Mense soos Novak Djokovic se pa sal altyd êrens anders die fout probeer kry. Integriteit? – Linda van Niekerk, Randburg

Johan Strydom, jare se strooitjiedrink het my net plooie op my bolip gegee. – Alet, Middelburg

Ek is so bly dat my TV ’n afskakelknoppie het, nou hoef ek nie na die gemors in 7de Laan te kyk nie. Die skrywers het dit verloor. Dit is die een seksvergryp ná die ander. As hulle nie ordentlike gesinsvermaak kan opdis nie, met hulle liewer die program staak. – Susan, Val de Grace

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.