Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy?
Johann Heunis

Ek het soveel respek en waardering gekry toe ek Maandagaand na ons president geluister het. Dink net hoe verskriklik hard en hoeveel lang ure hy gewerk het voor die aankondiging – en met hoeveel mense hy gekonsulteer het. Ek wonder of hy darem genoeg slaap kry? Hy moet hou! Ons het hom nou nodig. – Jenneke, Queenswood

Die belangrikste is om menselewens te red en die ekonomie aan die gang te hou. Die banke bly in bedryf, maar die aktekantoor maak toe. Die verwerking van eiendomstransaksies by die aktekantoor kan miljarde in die ekonomie vrystel. Help, ek verstaan nie. – Sewes, Potchefstroom

Miskien was Sol Kerzner ons eerste staatskaper. Die mees geliefde een, want oral waar hy gasvryheid geskep het, is steeds mikrokosmosse van ekonomiese aktiwiteite. Het altyd sy eie geld gesit waar sy mond is. – Johann Mills, Equestria

Dink net hoeveel lewens gaan oor die Paasnaweek op ons paaie gespaar word. – Heleen Mets, Barberton

Elise Tempelhoff, jy slaan die spyker op die kop met jou rubriek “Ons planeet veg terug met ’n pandemie”. Moeder Aarde het nou die “reset”-knoppie gedruk. Die tempo waarin China in Afrika verwoesting saai met ontbossing moet vinnig gestuit word. Regeringslui, skrik wakker, asseblief. – Rita, Centurion

Sol Kerzner

Die Solidariteitsfonds is ’n baie goeie plan. Nou kan al diegene wat in die verlede die staat se geld gesteel het, ruimskoots daartoe bydra! – Gina

Ek het vir my ’n brandewynspuit (vir ontsmettingsdoeleindes) gekry. Die probleem is nou ek lek kort-kort aan my hande. – Ben Haiser

Hoe gesond is ons regstelsel as iemand wat op 1 Oktober 2016 moord gepleeg het (op Johann Heunis) ’n hele drie en ’n half jaar later eers skuldig bevind word? – Willie, Rustenburg

Baie dankie, Johann Mills, vir die pragtige brief, en ook Kallie du Plessis. Sulke mense saam met Christina Landman maak my goed en ge­seënd voel om ’n Beeld-leser te wees. – Marié Gouws, Pretoria

Ek verstom my aan prof. Christina Landman se “absolute” uitsprake oor die Here. Sy gee haar persoonlike geloof in wat sy van Hom glo, maar laat nie ander gelowiges toe om hulle s’n te glo nie. – Elsabé Howard, Benoni

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.