Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy?
Een van die leeus wat sonder ’n masker gaan stap het.

My hart is seer. Op die voorbladfoto het die leeu ’n masker op, maar nie een van die ouens wat by haar sit, dra ’n masker nie! – Ross Schutte, Linden

Arisa Janse van Rensburg, ons het die fyn humor in jou berig oor die leeus (10.06) wat sonder maskers gaan stap het, baie geniet. Beeld-leser

Lekker tong-in-die kies-leeustorie op die voorblad. Só kan ’n mens inderdaad met Afrikaans speel. – Isabel, Centurion

Hoeveel geld van die belastingbetaler is al deur die OB vermors? – Morkel, Moreletapark

Hoeveel terugslae moet die OB nog beleef voordat die owerhede sien hierdie vrou is onbevoeg vir haar taak? Wat my die meeste bekommer, is al die belastinggeld wat gemors word vir haar onsinnige optrede. – Es, Johannesburg

Steve Hofmeyr word verbied van die kassie af omdat hy waag om op te staan vir Afrikaans en wit mense. Mike Bolhuis gebruik die k-woord en sy program word gestop. Casper de Vries vloek en skel God, maar sy program word gebeeldsend. Waar is die logika? – Pilla, Amandasig Pretoria

Sodra Cassie oppie kassiebegin, sit ons die TV af en dan is dit badtyd. Nadat ons gebad het, skakel ons die TV weer aan en voila!, Cassie het klaar gegroet. – Hans Kirsten, Equestria

D

Casper de Vries

awie Jacobs, kan jy aan my mooi verduidelik waarom swart lewens slegs “matter” wanneer wit mense betrokke is? Skryf ’n lekker lang brief, ek sien uit om dit te lees. – Andrew

Dawie Jacobs, beskadiging en verwoesting van ander mense se eiendom ten tyde van “vreedsame” gewelddadige betogings is nie saamstaan teen sistemiese rassisme nie, dit is barbaars. – Ertjies Vorster, Pretoria

Onderwysers sal benewens onderrig, ook emosionele en sielkundige ondersteuning aan ons moet gee. Dankie aan al ons wonderlike onderwysers, ons respekteer julle. Alle sterkte met hierdie belangrike rol wat julle in ons kinders se lewe speel. – Ouer, Muldersdrift

Ek dink dit sal ’n blye dag wees as woorde só uitkom dat dit die antwoorde en oplossings sal spreek eerder as die probleem of uitdaging! – Lize, Centurion

Ons kan meer water bespaar as ons nie ons hande was onder lopende water nie. – Gerhard, Wes Rand

Liewe land, Regina, oor die Hoërskool Linden se kinders op ’n foto sonder maskers. Die kinders moet sekerlik hul kos geniet. Het jy raad oor hoe hulle dit moet doen met maskers op? – Verstomde ouer

Die dood van Damian­ Gruen (18) van Brakpan in ’n motorongeluk: My innige simpatie met sy ouers, gesin en geliefdes. Dis ’n verskriklike tragedie, my hart bloei vir julle. – Charlene Uys

Afgemaai net voordat hy die grootmenswêreld kon betree het. Nog ’n slagoffer van ’n land waarin meer op Facebook-inskrywings as onbevoegde bestuurders gefokus word. – Theo

Beeld se hoofartikel “Amptenare uit voeling met res van SA” het betrekking. Beeld moet miskien net gaan kyk of dit die amptenare of die vakbonde is wat tans met die werkgewer besig is. Ek is seker daar is amptenare wat gelukkig is met die salarisse wat hulle nou ontvang. – Alla Wêreld

Damian Gruen

’n Mens wil in jou hande huil wanneer jy ’n staatsdienskantoor besoek. Veral polisiekantore. Jy word eenvoudig geïgnoreer. – A. Malan

Ná besoeke aan staatsinstellings (munisipaliteite, staatsdienskantore en meer) word ek getref deur die groot aantal lede wat leeglê. Die staatsdiens sal dus verklein kan word as daar verseker word dat elke aanstelling ’n volle dag se werk verrig. – Ben Foord

Gideon, vooruitbetaalde krag word op ’n glyskaal verkoop. Dis hoekom jou eerste koop in ’n maand meer eenhede sal wees en dit later verminder soos jy in die volgende blokke in beweeg. Die glyskale en prys per eenheid wissel van munisipaliteit tot munisipaliteit. Dis al jaaaare so. – Braam, Rustenburg

Die naweek gaan ’n inperkingshoogtepunt wees. Rugby terug op SuperSport. Al is dit vanuit Nieu-Seeland. – Fanie

My buurman het jare gelede ’n Alfa Romeo gehad. Elke keer wanneer hy wou ry, moes hy eers die enjin laat luier om dit warm te maak, anders kraak die blok. – Louis, Roodepoort

Ek sien boulers mag nie meer op krieketballe spoeg nie. Dis seker sleg vir die skuurpapier. GG, Wonderboom

Lood, jy het nou al “Raakvatter”, “Nat Vadoek” en “Bitterbek”. Jy kort nog net “Slapgat”. – RR, Pretoria

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.