Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy?
Cyril Ramaphosa

Anton van Niekerk, die doodstraf is nie ’n afskrikmiddel nie. Dit sal wel keer dat die moordenaar, sodra hy op parool uit is, weer moor. Die doodstraf gaan nie om wraak nie, dit gaan oor die bewaring van onskuldige lewens. – Nerine, Witrivier

Antoinette Schoeman, vir CR om te sê hy is “bekommerd” oor plaasaanvalle, is geensins ’n stap om boere te beveilig nie. – Andrew

Die groot glimlag op Suzette Barnard se gesig is verblydend nadat haar kind se moordenaar gevonnis is. Maar ek bid die familie sterkte toe vir die toekoms, want agter daardie glimlag lê groot hartseer en pyn. – Es, Johannesburg

My hart juig vir Chantelle Barnard. Nou moet die booswig net in die tronk bly. – Dewald

Ek luister nou na die Zondo-kommissie en wonder hoeveel jaar dit gaan vat om deur die duisende bladsye getuienis te werk en dan tot geen uitslag en gevolgtrekking te kom nie. Wat ’n mors van geld en tyd. – Eli, eMalahleni

Ek is bly dat pres. Cyril Ramaphosa bly is oor die nasie se waaksaamheid oor bewerings oor die onbehoorlike aanwending van hulpbronne. Ons verwag wel dieselfde en nog meer van hom. – RR, Pretoria

Ek is bekommerd oor berigte dat vlak 1 binnekort ons voorland is. Soveel mense is nog onverskillig. – Bang Jan

Hoop nie Britte se R50 miljoen vir die Solidariteitsfonds is direk in Eisj of Zupta se rekening betaal nie. – Parysh

Chantelle Barnard

Noudat die liberaliste en die “deep state” nie meer die politieke agenda in Amerika bepaal nie, wend hulle hul tot geweld en anargie. Sal graag wil weet wie gee die anargiste die geld om so op te tree. – Neels C

Ek kan nie glo dat mense hul sypaadjies natspuit nie. Dit terwyl die Vaaldam 37% vol is en die reënseisoen eers in November kom. Geringe waterbeperkings is nou nodig en nie as dit naby Dag Zero is nie. – Cathy, Secunda

Wanneer word die Loteryraad, Nasionale Lotery, Lottostar, Lottoland en dies meer ondersoek? Hoe word besluit watter organisasies word bevoordeel? Waarom wen niemand ooit die oorsese loterye nie? – Bekommerd, Centurion

Telkom se dienssentrum het my klag oor foutiewe lyne binne twee uur opgelos. Hoe’s daai vir diens? – JvdE, Pretoria

Gerhard Verdoorn: Wat ’n pragtige stuk geskryf. Laat my wonder oor my blinkstert-bobbejaanbrak se lewe voordat sy beskaaf geraak het. – MT, Pretoria

Wat ’n swak storielyn in Getroud met rugby. Kan nie glo ’n ouer laat toe dat hul klein seuntjie in so ’n sepie speel nie. – Estelle

Jake White

Jake White, die ewige optimis. Hy moet liewer eers sy nuutgevonde Blou Bul-span plaaslik op koers kry alvorens hy aan die Britse en Ierse Leeus as ’n smulhappie dink. – James, Pretoria

Dit sal absoluut selfdood wees as die Springbokke vanjaar aan die Rugbykampioenskap deelneem teen spanne wat vir ’n ruk lank al speel. Dit kan al klaar gesien word aan al die beserings. – Chris Z

Elke Suid-Afrikaner is sekerlik vandag trots op die verteenwoordigende spanne in sport. Dr. Kula­-Ameyaw van Krieket Suid-Afrika se boelie-taktiek, onder die dekmantel van transformasie, voorspel vuurwerk. – Hettie, Coligny

Krieket Suid-Afrika gaan nog met ’n skok agterkom hoeveel Suid-Afrikaners hul rug op die sport draai weens politieke inmenging. – Joe

Wat ’n pragtige gebaar van Jacaranda FM om R1 000 aan elk van die jong seuns te gee wat ’n verwaarloosde hond na ’n dieresorgvereniging geneem het. – Orpa, Lynnwood Glen

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.