Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Wat sê jy?
Jacob Zuma

Dit kom voor asof die regering dit nie kan waag om die weermag in die bek te ruk nie. Dit lyk ál meer of dit veral die weermag se steun is wat die president staande hou. – Adriaan, Pretoria

Jacob Zuma meen dat die wette in Suid-Afrika te sag is. Hy is reg. Waarom dink hy loop hy vandag nog vry rond? – James, Pretoria

Jacob Zuma behoort geen invloed op die land uit te oefen nie. Hy en sy meelopers het die land gesink en nou is hy rammetjie-uitnek. Geen TV-lugtyd moet meer aan hom gegee word nie. Inteendeel, hy moes al in hegtenis geneem gewees het. – Danie, Clubview

Zuma meen die wette in Suid-Afrika is te sag. Dit is eintlik die wetstoepassers wat te sag is. – Ontleder

Met respek, Dawie Jacobs­, fokus op Suid-Afrika en sê my wanneer ons president diegene met ’n Trump-mentaliteit in ons land gaan vasvat. – Joe

JZ en Ace is ja-stem-skeppings. – Nee-Nee

Wie, by sy of haar volle sinne, sal eendag op Mars wil gaan bly? – Gerrie Minnaar

Ek stem saam: Skrap e-tol en skep ’n spesiale brandstofheffing. Hoekom moet ons e-tol betaal en die res van die land nie? – Tolla, Witpoortjie

Die R260 miljoen wat die weermag aan nuttelose Kubaanse medisyne bestee het, is waarskynlik die rede vir die huidige tekort aan medisyne van goeie gehalte in weermag-apteke. – Herman, Pretoria

Het ons vorige prez maerder geword of verbeel ek my? Miskien wil hy seker maak dat hy mooi pas in die oranje oorpak wat wag. – Johan, Letsitele

Maande lank sukkel inwoners van drie aftree-oorde in Montana Tuine met Vodacom se sein. Soms is daar slegs vir sekondes kontak. Sedert 26.01 het ek al 16 keer by Vodacom gekla. Vriendelike konsultante maak verskoning. Wat kan ons as verbruikers meer doen? – Danie, Montana

Ek dink die staatspensioentrekkers moet vanjaar staak oor die klein verhoging van hul pen­sioene en teruggaan werk toe. – Oom Bez

Mars

Janet, ek bly ook al 38 jaar in Secunda. Wat stink dan so net voordat dit reën en die wind waai? My oë brand soms en ons het baie familielede hier wat sinusitis kry. Ons mag nie jok nie. Dit het vanoggend weer gevrot. – M, Secunda

Dat daar sowaar mense in Secunda woon wat nie kan ruik nie, is my einde. – Neusbloeier, Secunda

Ons hoop van harte dat Rand Water, in teenstelling met baie ander organisasies, sy kundigheid nog baie lank sal behou, anders gaan dit ’n grootskaalse gemors afgee. – Hans Retief, Pretoria

Vaalrivier-besoedeling: Gaan kyk mooi in Koster, minister Lindiwe Sisulu. Die hele Suid-Afrika se oplossing het daar voor jul oë gebeur. – Andries Duminy

Jannie Rossouw oor inflasie: Die meeste ekonomiese aktiwiteit is dalk nie in die middelklas en hoërinkomste-kategorie nie, maar monetêr is dit beslis waar die meeste geld bestee word, so ons nasionale inflasiekoers is uit voeling met die middelklas se besteding. – Jan Vermaak

Ek stem saam met Nerine van Witrivier: Laat tog nou die bittereinders met rus. Hulle kan niks meer vir ons heil doen nie. Veral uit die diskoers blyk dit dat ons tog nie uit hul foute wil en gaan leer nie. – Jaap, Randburg

Na aanleiding van SMS’e daaroor het ek ook lus gekry en vir ons ook vir die eerste keer in dekades Cream Soda-floats gemaak. Maar dit is asof iets makeer. Word die roomys en koeldrank nog met dieselfde resep gemaak as destyds?– Hannes

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.